ⓘ Geografie

Aardrykskunde

Aardrykskunde of geografie is die wetenskaplike studie van die liggings- en ruimtelike variasies in beide die fisiese en menslike verskynsels op Aarde. Antieke boeke verwys alreeds na hierdie vak, onder andere die boek Geographia deur Klaudios Ptolemaios. Aardrykskunde as n vak bestaan uit meer as kartografie, die studie van kaarte. Dit behels ook die ondersoek na wat en waar dinge op aarde is en ook hoekom dit daar voorkom en nie elders nie. Daar word ook gepoog om vas te stel of die verskynsels mensgemaak of natuurlik is. Die gevolge van die verskille word dan ook bestudeer.

Geografie van Namibië

Gebied: Namibie is n land in Suider-Afrika, aangrensend tot die Atlantiese Oseaan, en tussen Angola en Suid-Afrika gelee. Geografiese koördinate: 22°00′S 17°00′O Kaartverwysing: Afrika Oppervlakte: Totaal: 825 418 vk km Land: 825 418 vk km Water: 0 vk km Oppervlak vergelykend: Effens groter as Alaska Grense: Totaal: 3 824 km Aangrensend tot: Angola 1 376 km, Botswana 1 360 km, Suid-Afrika 855 km, Zambie 233 km. Kuslyn: 1 572 km Mariene aanspraak: Aangrensende sone: 24 seemyl Eksklusiewe ekonomiese sone: 200 seemyl Territoriale see: 12 seemyl Klimaat: woestynagtig, warm en droog; lae sporad ...

Alexander von Humboldt

Friedrich Wilhelm Heinrich Alexander von Humboldt was n Duitse natuurvorser met n studieveld wat ver buite die grense van Europa gestrek het. Sy wetenskaplike werk, wat in n tydsbestek van meer as sewe dekades ontstaan het, het die destydse kennis oor die wêreld aansienlik vergroot en van hom een van die medestigters van die geografie as n empiriese wetenskap gemaak. Alexander von Humboldt het navorsingsreise na Latyns-Amerika, die Verenigde State en Sentraal-Asie onderneem. Hy het self veldnavorsing oor onder meer fisika, chemie, geologie, mineralogie, vulkanologie oorkoming van neptunism ...

Wes-Europa

Wes-Europa is n geografiese gebied in die weste van Europa. Tydens die Koue Oorlog was Wes-Europa hoofsaaklik n sosio-politieke konsep wat gebruik is om die Europese lande in die Eerste Wêreld saam te groepeer. Dit is van Oos-Europa onderskei met betrekking tot die verskille in ekonomie, politiek en godsdiens eerder as deur geografiese afbakening. Vandag het die term Wes-Europa minder met geografie en meer met die ekonomie te make. Die konsep word oor die algemeen met liberale demokrasiee, kapitalisme, asook met die Europese Unie geassosieer. Meeste van die lande in hierdie streek deel die ...

Hamilton (dubbelsinnig)

Die term Hamilton kan na een die volgende verwys: Geografie: Hamilton, Skotland, ’n stad in Skotland. Hamilton, Bermuda, die hoofstad van Bermuda. Hamilton, Ontario, ’n stad in Ontario, Kanada. Hamilton, Nieu-Seeland, ’n stad in Nieu-Seeland. Persone: James Stevenson-Hamilton, Iers-gebore Suid-Afrikaanse wild- en natuurbewaarder en soldaat. Lewis Hamilton, Britse driemalige Formule Een wêreldrenkampioen. Alexander Hamilton, ’n Amerikaanse staatsman. Sien ook: Hamilton Rugbyklub, die oudste rugbyklub in Suid-Afrika.

Deklinasie

In sterrekunde is deklinasie een van die twee rigtingkoördinate van n punt aan die hemelbol volgens die stelsel waarmee hemelliggame se posisie bepaal word. Die ander koördinaat is regte klimming. Deklinasie in sterrekunde kan vergelyk word met breedtegrade in geografie soos geprojekteer op die hemelbol. Punte noord van die hemelewenaar het n positiewe deklinasie, terwyl dié suid van die hemelewenaar n negatiewe deklinasie het. Die eenhede wat gebruik word om dit aan te dui, is meestal grade °, minute of boogminute en sekondes of boogsekondes ", met 90° gelyk aan n kwartsirkel. Deklinasies ...

Kirgisië

Kirgisie of Kirgistan, amptelik die Kirgiese Republiek, is n landingeslote land in Sentraal-Asie. Dit grens aan Kasakstan in die noorde, Oesbekistan in die weste, Tadjikistan in die suidweste en die Volksrepubliek China in die suidooste. Kirgisie beteken die "Land van veertig stamme", waarop ook die 40 strale van die vlag van Kirgisie dui. Kirgisie beslaan n oppervlakte van 199 951 km² en het n bevolking van sowat 6.6 miljoen in 2020 gehad. Omtrent 76 persent van die bevolking is Moslems en sowat 73 persent is Kirgisiers, gevolg deur sowat 15% Oesbeke en 5% Russe. Kirgisie se geografie wor ...

Java

Die term Java kan verwys na die volgende: In geografie: Java eiland, Indonesie, die eiland met die hoogste bevolking in die wêreld Javaans, taal wat gepraat word op die eiland Java Java-eiland, n woonbuurt in Amsterdam, Nederland. Java, New York, n dorp in Wyoming County, New York in die VSA Java-koffie, n tipe koffieplant met sy oorsprong op die eiland Java, of ook n slang -woord vir koffie Java, Georgie, n dorp in Georgie Java, Virginie, n dorp in Pittsilvanie, Virginie, VSA; met poskode 24565 Java, Alabama, n nie-geïnkorporeerde gemeenskap in Coffee County, Alabama, VSA Java, Suid-Dakot ...

Eoliese proses

n Eoliese proses is n gebeurtenis waar wind die oppervlak van die Aarde en ander hemelliggame verander. Dit kom slegs op planete met n atmosfeer voor. Eoliese prosesse kan sedimentêre afsettings vorm en verskuif asook gesteentes verweer, uitkerf en vervorm. Faktore wat hier n rol speel is die windrigting, sterkte, afstand en geleentheid vir afsetting en verwering. Die naam is afgelei van die Griekse god, Aeolus, die seun van Poseidon, wat "bewaarder van die wind" beteken. In teenstelling met eoliese prosesse vind hidrologiese prosesse deur die werking van water plaas.

Estuarium

n Estuarium is n verbrede, meestal tregtervormige riviermonding, waar soet rivierwater en sout seewater vermeng en brakwater sodoende ontstaan, en waar getyverskille waarneembaar is. Wanneer n rivier as n stelsel van aftakkings uitmond staan dit bekend as n delta. Estuaria is dikwels van groot waarde vir die natuur. Dit bestaan gewoonlik uit baaimodder en bedekte of onbedekte kleibanke wat ryk is aan ongewerwelde diere en onder meer voels lok. Die volgende is voorbeelde daarvan: Behalwe die deltas waaraan mense gebou het is daar in Nederland nog twee natuurlike estuaria. Dit is die Westers ...

Geografiese naam

n Geografiese naam is die naam van enige landelike plek – natuurlik, mensgemaak of aangepas deur die mens; bewoon of onbewoon. Die kategorie "geografiese naam" is n betekeniskategorie van die woordsoortkategorie "eienaamwoord", n subkategorie van "selfstandige naamwoord". Voorbeelde van geografiese name sluit in: Stede/munisipaliteite: Tshwane, Amsterdam Riviere: Garieprivier, die Nyl Streke/gebiede: Overberg, Wes-Europa Geboue/strukture: Vrystaatstadion, Eiffeltoring Lughawens: Bram Fischer Internasionale Lughawe, Schiphol Kontinente: Afrika, Asie Provinsies: Gauteng, Drenthe Lande: Suid- ...

GLONASS

GLONASS is n Russiese satelliet-navigasiestelsel, vergelykbaar met die Amerikaanse GPS en Europese Galileo. Die stelsel bestaan uit 24 satelliete waarvan 21 altyd operasioneel en 3 in reserwe is. GLONASS in Russies: ГЛОНАСС, is n afkorting vir ГЛОбальная НАвигационная Спутниковая Система; GLObalnaya NAvigatsionnaya Sputnikovaya Sistema; in Engels: "GLObal NAvigation Satellite System". Die volledige naam is GLObalnaja NAvigatsionnaja Spoetnikovaja Sistema ГЛОбальная НАвигационная Спутниковая Система; "Wêreldwye navigasie-satellietstelsel".

GPS

Die Globale Posisioneringstelsel is n "konstellasie" van 33 satelliete, wat seine uitstuur wat deur n GPS-ontvanger op aarde ontvang kan word. Hierdie inligting word deur die GPS-ontvanger verwerk om die posisie daarvan te bereken. Die GPS-satelliete is sedert 22 Februarie 1978 deur die Amerikaanse Weermag gelanseer en word deur die Amerikaanse Ruimtemag bedryf en instand gehou. Die Europese Unie het vroeg in 2003 n projek aangekondig om hulle eie satellietposisioneringstelsel te lanseer.

Kaart

’n Kaart is ’n gemodelleerde weergawe van die aardoppervlak; meestal ’n geografiese weergawe, maar soms skematies. Dit word gewoonlik volgens ’n skaal geteken, wat op die kaart aangedui word, soos 1:25 000. Die skaal werk egter nie meer as die kaart verklein of vergroot word, soos met digitale kaarte nie. Die oudste kaart wat bewaar gebly het, is een van ’n rivierdal tussen twee heuwels op ’n Babiloniese kleitablet van 7.6 × 6.8 cm wat in 1930 gevind is by Ga-Sur, in die omgewing van die huidige Kirkuk. Die begeleidende teks in spykerskrif gee ’n verklaring van die kaart. Dit dateer uit di ...

Kartografie

Kartografie Kartografie behels die optrek van kaarte, deur dit te bestudeer en te beoefen. n Persoon wat in kartografie spesialiseer, word n kartograaf genoem. Gewoonlik was kaarte opgetrek met behulp van pen en papier, maar die koms en verspreiding van rekenaars het n omwenteling in kartografie teweeg gebring. Die meeste hedendaagse kaarte word met behulp van kartografiese sagteware op rekenaars geproduseer. Kaarte dien as die visuele voorstellings van data wat handel oor verskillende ruimtes en areas. Hierdie data word deur verskeie tipe metings verkry, en word in n databasis gestoor. Di ...

Kieswyk

n Kieswyk is n plaaslike, afgebakende gebied, wat gewoonlik gebruik word vir verkiesingsdoeleindes. Kieswyke is gewoonlik vernoem na woonbuurte, strate, gemeenskappe, landmerke, geografiese kenmerke en in sommige gevalle historiese figure, wat tot die gebied verbind is. In die Verenigde State van Amerika is kieswyke net genommer. In Australie, Kanada, Monaco, Nieu-Seeland, Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika is kieswyke n verkiesingsdistrik binne n distrik of munisipaliteit. Kieswyke word gewoonlik gebruik tydens plaaslike verkiesings. In die Verenigde S ...

National Geographic Society

Die National Geographic Society is een van die wêreld se grootste nie-winsgewende wetenskaplike en opvoedkundige instellings. Die vereniging, wat oorspronklik ter bevordering van aardrykskunde in die lewe geroep is en sy hoofkwartier in Washington, DC in die Verenigde State het, het ook belangstelling in argeologie en natuurwetenskappe, bevorder die bewaring van die natuur en historiese erfenis, en stel belang in wêreldkultuur en -geskiedenis. Die kenteken van die NGS is n geel portretraam wat ook op die voorblaaie van sy tydskrif National Geographic Magazine verskyn en eweneens as kenteke ...

Ontwikkelde land

’n Ontwikkelde land of geïndustrialiseerde land is ’n soewereine staat met ’n hoogs ontwikkelde ekonomie en gevorderde tegnologiese infrastruktuur in vergelyking met ander lande. Die algemeenste kriteria om die graad van ekonomiese ontwikkeling te bepaal is die bruto binnelandse produk, bruto nasionale produk, per capita-inkomste, vlak van industrialisasie, mate van wydverspreide infrastruktuur en algemene lewenstandaard. Dit is debatteerbaar watter kriteria gebruik moet word en watter lande as ontwikkel geklassifiseer kan word. Ontwikkelde lande het ’n post-industriele ekonomie, wat betek ...

Ontwikkelende land

’n Ontwikkelende land, voorheen ook genoem onderontwikkelde land of Derdewêreldland, is ’n land met ’n minder ontwikkelde nywerheidsbasis en ’n lae menslike ontwikkelingsindeks met betrekking tot ander lande. Daar is geen algemeende aanvaarde kriterium vir wat ’n ontwikkelende land is in vergelyking met ’n ontwikkelde land nie, hoewel daar algemene verwysingspunte is soos ’n land se koopkragpariteit in vergelyking met ander lande. Daar is kritiek teen die gebruik van die term, omdat dit minderwaardigheid impliseer, en baie lande hou nie daarvan nie. Die term gaan uit van die veronderstelli ...

Peilmerk

n Peilmerk is n landmerk wat vir geodetiese opmeting gebruik word. Peilmerke word gewoonlik deur regerings opgerig, en die koördinate en hoogte van die peilmerk word dan gepubliseer. Dit is meestal in die vorm van n ronde metaalplaatjie wat in n teerpad of in klip of beton geplaas word, maar die vorm daarvan verskil van land tot land. Die term word algemeen gebruik vir enige item wat gebruik word om n punt te merk as n hoogteverwysing. Die hoogte van n peilmerk word bereken relatief tot die hoogtes van nabygelee peilmerke in n netwerk wat ontstaan uit n fundamentele peilmerk. n Fundamentel ...

Ryk

Die term ryk verwys in magspolitieke opsig na n staat wat teenoor ander lande aanspraak op n hoer rang maak of waarin meerdere volke onder een gemeenskaplike sentrale gesag staan. Bekende historiese voorbeelde is die Ryke van die Antieke Ooste, die Persiese Ryk, die Ryk van Alexander die Grote, die Romeinse Ryk, die Islamitiese Ryk, die Bisantynse Ryk, die Frankiese Ryk van Karel die Grote, die Ottomaanse Ryk, die Britse Ryk, die Russiese Ryk, die Ryk van Napoléon Bonaparte en die fascistiese Italiaanse Ryk. Die westerse ryksgedagte het sy oorsprong in die Romeinse Ryk, chiliastiese voorst ...

Skeer

Die term skeer verwys na n meestal klein, onbewoonde rotseiland wat gedurende die Ystydperke in bepaalde gebiede van die Noordelike Halfrond, veral Skandinawie, Skotland, Kanada en die Verenigde State gevorm is toe yslae vanuit die binneland uitgebrei en rotsmassas langs die kusgebiede oorstroom en afgeslyp het. Sodoende het skere hul kenmerkende, afgeronde vorm gekry.

Spoorkop

n Spoorkop is die punt waar n roete begin, waar die roete dikwels bedoel is vir rugsakstap, fietsry, perdry of veldvoertuie. Moderne spoorkoppe bevat dikwels kleedkamers en toilette, kaarte, wegwysers en verspreidingsentrums vir inligtingbrosjures oor die roete en sy funksies en parkeerterreine vir voertuie en sleepwaens. Die stede langs die einde van groot paaie vir voetverkeer, soos die Natchez Trace en die Chisholm-roete, is ook histories bekend as spoorkoppe. Vir bergklim en stap, word die hoogte van die spoorkop bo seevlak aangedui om n idee te gee van hoe hoog die berg bo die gemidde ...

Steppe

’n Steppe, van die Russiese woord Степь vir ’n onbeboude of boomlose vlakte, is ’n landskap waar net kort gras groei. Dit kom voor in gebiede waar agt tot nege maande van die jaar droogte heers en waar geen bome groei nie weens die min reen. As dit wel reen, word die gras groen en kom daar skielik kruidagtige klein struike op. ’n Steppe kan ook ’n halfwoestyn wees, maar is meer dikwels begroei met gras en struike. Op ’n steppe kan die temperatuur wissel tussen 40 °C in die somer en -40 °C in die winter. Ook tussen dag en nag heers groot temperatuurverskille: In die hooglande van Mongolie k ...

Taiga

’n Taiga is ’n streek wat gekenmerk word deur koue en vogtige naaldwoude. Dit is een van die 14 WWF-biome. Die Russiese woord тайга, wat naaldwoud beteken, kom uit Mongools en Turkse tale. Die taiga-gebiede vorm saam die grootste bosgebied op aarde: dit sluit in groot dele van Skandinawie, Kanada en Rusland. Dit is die noordelikste gebied waar bome voorkom. Sowat 80 persent van bome in die vogtige bosgebiede van die taiga bestaan uit naaldbome soos denne-, lorke- en sparbome wat uitstekend teen die koue winters bestand is. Daar kom egter ook berke-, populier- en wilgerbome voor. Veen en da ...

Toendra

’n Toendra is ’n gebied sonder bome aan die rand van die poolgebied. Dit is een van die 14 WWF-biome. Daar groei veral gras, mos en dwergstruike. Die woord toendra kom uit Kildin Sami, ’n taal wat op die skiereiland Kola gepraat word. Dit is die genitief van toendar, "boomlose steppe". Die algemene klimaat op ’n toendra is ongunstig vir die groei van hoe plante. Die bodem is gedurende minstens ses maande van die jaar gevries of met sneeu bedek. Die groeiseisoen is baie kort en die gemiddelde temperatuur van die warmste maand is onder 10 °C. In die somer ontdooi slegs die boonste laag van d ...

Transkontinentale land

Chili – lê in Suid-Amerika en Oseanie Paaseiland, maak ook aanspraak op n deel van Antarktika. Panama – lê in Noord- en Suid-Amerika, is geskei deur die Panamakanaal. Suriname – lê in Suid-Amerika, maar neem deel aan Karibiese sportkompetisies, en is nie Spaans- of Portugeestalig nie. Guyana – lê in Suid-Amerika, maar neem deel aan Karibiese sportkompetisies, en is nie Spaans- of Portugeestalig nie.

Trigonometriese baken

n Trigonometriese baken is n landmerk of peilmerk wat vir geodetiese opmeting gebruik word. Hierdie bakens word gewoonlik deur regerings opgerig, en die koördinate en hoogte van die baken word dan gepubliseer. Die vorm van hierdie bakens verskil van land tot land. Die posisie en hoogte van elke trigonometriese baken word gewoonlik op topografiese kaarte aangewys.

Vasalstaat

n Vasalstaat is n staat wat afhanklik is van, of skatpligtig is jeens n ander staat. So n situasie ontstaan dikwels na n oorlog. In die antieke geskiedenis het groot ryke dikwels bufferstate geskep om hulself te beskerm teen n onverwagse inval. Die antieke koninkryk van Masedonie, in wat vandag noordelike Griekeland is, was n vasalstaat van die Persiese Ryk.

                                     

ⓘ Geografie

  • Aardrykskunde of geografie Grieks: γεωγραφία geografia is die wetenskaplike studie van die liggings - en ruimtelike variasies in beide die fisiese en
  • Geografie - Geologie Suid - Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe Afrika  Suider - Afrika  Amerika  Antarktika  Asië 
  • geïmplementeer nie geen van bogenoemde ooreenkomste Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Geografie van Namibië. en Wikimedia Atlas van Namibia
  • deur geografiese afbakening. Vandag het die term Wes - Europa minder met geografie en meer met die ekonomie te make. Die konsep word oor die algemeen met
  • wêreld aansienlik vergroot en van hom een van die medestigters van die geografie as n empiriese wetenskap gemaak. Alexander von Humboldt het navorsingsreise
  • studierigting, waarby ook die paleogeografie die rekonstruksie van die vroeë geografie van die aarde betrokke is, handel veral oor die relatiewe ouderdom, die
  • Die term Hamilton kan na een die volgende verwys: Geografie Hamilton, Bermuda, die hoofstad van Bermuda. Hamilton, Nieu - Seeland, n stad in Nieu - Seeland
  • wees dat daar nooit n eenvormige vertolking van die Doeat was nie. Die geografie in die Doeat was grotendeels dieselfde as dié van die wêreld wat die Egiptenare
  • grootste stad is Thiruvananthapuram voorheen Trivandrum Die deelstaat se geografie word gekenmerk deur die Wes - Ghats. en Pehal News Team 12 November 2020
                                     

Tuisblad/Vakgebiede/Geografie

Geografie - Geologie Suid-Afrika Namibie Botswana Eswatini Lesotho Mosambiek Zimbabwe Afrika Suider-Afrika Amerika Antarktika Asie Europa Oseanie Rusland Turkye Verenigde State van Amerika Lande Baaie Berge Eilande Mere Oseane Riviere Woestyne

                                     

Stratigrafie

Stratigrafie is die studie van die veranderende voorkoms van die aarde. Hierdie studierigting, waarby ook die paleogeografie betrokke is, handel veral oor die relatiewe ouderdom, die opeenvolging en die oorsprong van sedimentêre gesteentes. Die verspreiding van gesteentelae en -formasies, die volgorde waarin hulle neergelê is en die vervorming waaraan dié formasies blootgestel is, word bestudeer.

                                     

Kerala

Kerala is n deelstaat in die suidooste van Indie. Die hoofstad en grootste stad is Thiruvananthapuram. Die deelstaat se geografie word gekenmerk deur die Wes-Ghats.

                                     

Natuurgeskiedenis (Plinius)

Die Natuurgeskiedenis is n vroee ensiklopedie van Plinius die ouere. Dit is een van die langste boekwerke wat uit die tyd van die Romeinse Ryk bewaar is. Die werk probeer al die kennis wat op die gebiede van sterrekunde, wiskunde, geografie, ethografie, antropologie, fisiologie, dierkunde, plantkunde, landboukunde, farmasie, mynboukunde, mineralogie, edelstene, beeldhou- en skilderkuns bestaan, saam te vat.

                                     

Grens

n Grens is n lyn wat die omtrek van n gebied bepaal of een gebied van een daarnaas skei. Dit kan ook gebruik word om n skeidslyn of skeiding aan te toon of perke aan te dui. Grens as werkwoord beteken om te huil, te tjank of klaend te neul. Grens kan ook na een van die volgende verwys: Grens kiesafdeling, kiesafdeling van die Suid-Afrikaanse Volksraad. Grens Bulldogs, provinsiale rugbyspan wat in Oos-Londen gebaseer is. Grens streek, historiese naam vir n deel van die Oos-Kaap.

                                     

Landmerk

Die term landmerk word tans gebruik om na maklik herkenbare monumente, geboue of ander strukture te verwys. Landmerke is normaalweg n toeriste-attraksie, siende dat hulle gewoonlik noemenswaardige fisiese kenmerke het of van geskiedkundige belang is. Sommige landmerke is natuurlik, soos watervalle of berge, terwyl ander mensgemaak is. Die term "landmerk" kan ook gebruik word om te verwys na n baken wat gebruik word tydens navigasie. Bekende landmerke in die wêreld sluit die volgende in:

                                     

Outonome gebied

n Outonome gebied is n gebied wat tot n bepaalde land behoort, maar sy eie wette en gewoonlik ook sy eie regering het, wat nogtans beperkte bevoegdhede besit. Buitelandse betrekkinge en nasionale verdediging is gewoonlik aan die sentrale regering van die land voorbehou. Watter ander bevoegdhede die outonomie gebied het kan wissel van gebied tot gebied. Dit kan byvoorbeeld wees dat dit n ander amptelike taal het, soos in die geval van die Faroereilande.

                                     

Struktuurgeologie

Struktuurgeologie is die studie van die vervorming van gesteentes en gesteenteformasies deur kragte in die aardkors wat plooiing en verskuiwings meebring. Groot bergreekse soos die Himalaja en die Kaapse Plooigordel in Suid-Afrika het deur plooiing en verskuiwing ontstaan.