ⓘ Wikipedia

Wikipedia

Wikipedia is n veeltalige "kopielinkse" ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering en onderhoud deur duisende gebruikers deur middel van wiki-sagteware, en word verskaf en ondersteun deur die nie-winsgewende Wikimedia-stigting. Waarnemers beskou die tweeledige bestuur, waarin n informele gemeenskap van aktiewe gebruikers die gesag oor n globale digitale projek met n stigting deel en sodoende formele met informele organisasiestrukture verbind word, as n eksperiment wat steeds aan die gang is. Afgesien van tipiese ensi ...

Afrikaanse Wikipedia

Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van die webgebaseerde vrye-inhoud-ensiklopedie Wikipedia. Die projek is op 16 November 2001 begin en dit was die 11de Wikipedia wat geskep is. Dit beskik tans oor ongeveer 98 372 artikels en is die 71ste grootste Wikipedia volgens die getal artikels. Die Afrikaanse Wikipedia was in 2020 die derde mees geslagsgelyke Wikipedia van alle taalweergawes in verband met die aantal biografiese artikels per geslag. Benewens Suid-Afrika en Namibie word die Afrikaanse Wikipedia gebruik en in stand gehou deur gebruikers in Europa, Noord-Amerika en Ose ...

Malgassiese Wikipedia

Die Malgassiese Wikipedia is die Malgassie-weergawe van die aanlynensiklopedie Wikipedia. Dit het tans 93 921 bladsye wat as artikels gedefinieer word, wat dit die 72ste grootste Wikipedia-projek maak. Die Malgassiese Wikipedia is tans die naasgrootste Afrika-wikipedia na die Afrikaanse Wikipedia, gevolg deur die Swahili en Joroeba Wikipedias.

Joroeba Wikipedia

Die Joroeba Wikipedia is die Joroeba weergawe van die aanlynensiklopedie Wikipedia. Tans het dit 33 389 bladsye wat as artikels gedefinieer word, wat dit die 106ste grootste Wikipedia-projek maak. Dit is tans een van slegs twee Wikipedias in die Niger-Kongo-tale met meer as 1 000 artikels. Die Joroeba Wikipedia is tans die vierde grootste Afrika-Wikipedia, naas die Malagassiese Wikipedia, die grootste wikipedia in Afrika, en net agter die Afrikaanse en Swahili Wikipedias.

Bengaalse Wikipedia

Die Bengaalse Wikipedia is die Bengaalse uitgawe van Wikipedia, n gratis aanlynensiklopedie. Dit het tans ongeveer 108 000 artikels, en is die 67ste grootste Wikipedia.

Armeense Wikipedia

Die Armeense Wikipedia is die Armeense uitgawe van Wikipedia, n gratis aanlynensiklopedie. Dit het tans ongeveer 284 800 artikels, en is die 37ste grootste Wikipedia.

Japannese Wikipedia

Die Japannese weergawe van Wikipedia is op 20 Mei 2001 geskep. Op 31 Augustus 2010 bevat dit reeds 700 000 artikels. Die wikipedia het tans 1 270 900 artikels, wat dit die 12de grootste uitgawe van Wikipedia maak, na die Engelse, Sweedse, Duitse, Franse, Italiaanse, Poolse en ander Wikipedias.

Eenvoudige Engelse Wikipedia

Die Simple English Wikipedia is n Engelse uitgawe van Wikipedia, n gratis aanlyn ensiklopedie, wat in eenvoudige taal geskryf is. Die doel hiervan is om aan die behoeftes van studente, kinders, persone met verstandelike gestremdhede en mense wat Engels probeer aanleer te voorsien. Artikels is gewoonlik korter as hulle ekwivalente in die Engelse Wikipedia en bevat tipies slegs basiese inligting: the Simple English version tends to stick to commonly accepted facts ". Die webwerf se koppelvlak is ook vereenvoudig. As voorbeeld word Random article lukrake bladsy aangebied as Show Any Page Wys ...

Skotse Wikipedia

Die Skotse Wikipedia is die Skotse uitgawe van Wikipedia, n gratis aanlynensiklopedie. Dit het tans ongeveer 40 500 artikels, en is die 101ste grootste Wikipedia. Die Skotse Wikipedia is een van agt Wikipedias geskryf in n Engelse taal of in Engelsgebaseerde kreools, die ander is die Engelse Wikipedia, die Eenvoudige Engelse Wikipedia, die Ou Engelse Wikipedia, die Pitkern-Norfuk Wikipedia, die Tok Pisin Wikipedia, die Jamaikaanse Patois Wikipedia en die Sranan Tongo Wikipedia.

Deense Wikipedia

Die Deense Wikipedia is die Deense uitgawe van Wikipedia, n gratis aanlyn ensiklopedie. Die wikipedia is op 1 Februarie 2002 begin. Dit het tans 267 032 artikels en is die 40ste grootste Wikipedia.

Zoeloe Wikipedia

Die Zoeloe Wikipedia is die Zoeloe-weergawe van Wikipedia, n gratis, ope-inhoud aanlynensiklopedie. Volgens die aantal artikels is dit die 165ste grootste Wikipedia-projek. Aangesien Zoeloe onderling verstaanbaar is deur Xhosasprekers albei is Nguni-tale is dit moontlik om artikels uit die Zoeloe-uitgawe maklik in Xhosa te vertaal vir die Xhosa Wikipedia. Soortgelyke transwikipogings is aangewend vir die Skandinawiese taaluitgawes, soos die Sweedse, Noorse en Deense Wikipedias. Daar is in Januarie 2012 voorgestel dat die Zoeloe Wikipedia gesluit word weens n gebrek aan aktiwiteit, n voorst ...

2017-blokkering van Wikipedia in Turkye

Op 29 April 2017 het die Turkse owerhede aanlyn toegang tot Wikipedia in alle tale in Turkye geblokkeer. Die beperkings wat opgelê is hou verband met die 2016-17-suiwerings ná die onsuksesvolle Turkse staatsgreep van 2016, n paar weke ná n belangrike grondwetlike referendum, en ná n meer selektiewe gedeeltelike blokkering van Wikipedia-inhoud in die vorige jaar. Na aanleiding van die verbod is die stigter van Wikipedia, Jimmy Wales, se uitnodiging na die Wêreldstede-expo in Istanbul van 15 tot 18 Mei gekanselleer.

QRpedia

QRpedia is n mobiele web-gebaseerde stelsel wat QR-kodes gebruik om Wikipedia artikels aan gebruikers in hulle voorkeurtaal te lewer. Dis maklik om QR-kodes te skep wat na n spesifieke URL wys, maar QRpedia voeg verdere funksionaliteit by, deur die gebruiker na die betrokke artikel in die taal van sy keuse aan te stuur.

Jimmy Wales

Jimmy Donal Wales is n Amerikaanse Internet-entrepreneur wat hom ten doel gestel het om kreatiwiteit te vestig en samewerking tussen gebruikers te ontwikkel. As gevolg van sy werk met Wikipedia, wat die wêreld se grootste ensiklopedie is, het Time tydskrif Wales in 2006 as een van die wêreld se invloedrykste mense gelys. Wales woon in St. Petersburg, Florida, met sy vrou en hul dogter Kira.

Wikidata

Wikidata is n projek van die Wikimedia-stigting wat n ​​gesamentlik bewerkbare databasis ter ondersteuning van Wikipedia daarstel. Die projek is deur Wikimedia Duitsland begin en bied n gemeenskaplike bron van bepaalde tipes data, soos interwiki-skakels en geboortedata, wat in artikels op Wikipedia en elders gebruik kan word. Dit kan met Wikimedia Commons vergelyk word, maar voorsien data instede van media-lêers aan al Wikipedia se projekte. Die bou van die projek word met donasies van die Allen Institute for Artificial Intelligence, die Gordon and Betty Moore Foundation en Google Inc. gef ...

Wikimedia ZA

Wikimedia ZA is die verteenwoordiger van die Wikimedia-stigting in Suid-Afrika. Dit is op 26 Maart 2011 amptelik as n verteenwoordiger goedgekeur en op 25 Februarie 2012 op die been gebring. Die doelstelling van Wikimedia ZA is om die gebruik van Wikipedia en alle ander Wiki-projekte in Suid-Afrika te bevorder deur so die skepping en verspreiding van inligting te bewerkstellig, vir almal, te eniger tyd, gratis.

                                     

ⓘ Wikipedia

  • Wikipedia is n veeltalige kopielinkse ensiklopedie ontwerp om deur enigiemand gelees, verbeter en uitgebrei te word. Dit berus op samewerkende verandering
  • Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van die webgebaseerde vrye - inhoud - ensiklopedie Wikipedia vrye verwys in hierdie geval na die kopievrye
  • Afrikaanse Wikipedia Joroeba Wikipedia Noord - Sotho Wikipedia Somaliese Wikipedia Suid - Sotho Wikipedia Swahili Wikipedia Tsonga Wikipedia Tswana Wikipedia Venda
  • Malgassiese Wikipedia Noord - Sotho Wikipedia Somaliese Wikipedia Swahili Wikipedia Tsonga Wikipedia Tswana Wikipedia Venda Wikipedia Xhosa Wikipedia Zoeloe
  • Die Viëtnamese Wikipedia is die Viëtnamese uitgawe van Wikipedia n gratis aanlyn ensiklopedie. Die wikipedia is in November 2002 begin. Dit het tans
  • Die Bengaalse Wikipedia is die Bengaalse uitgawe van Wikipedia n gratis aanlynensiklopedie. Dit het tans ongeveer 106 800 artikels, en is die 68ste grootste
  • Die Armeense Wikipedia is die Armeense uitgawe van Wikipedia n gratis aanlynensiklopedie. Dit het tans ongeveer 283 900 artikels, en is die 37ste grootste
  • Japannese weergawe van Wikipedia ウィキペディア is op 20 Mei 2001 geskep. Op 31 Augustus 2010 bevat dit reeds 700 000 artikels. Die wikipedia het tans 1 262 508
  • Die Simple English Wikipedia Afrikaans: Eenvoudige Engelse Wikipedia is n Engelse uitgawe van Wikipedia n gratis aanlyn ensiklopedie, wat in eenvoudige
  • die Engelse Wikipedia die Eenvoudige Engelse Wikipedia die Ou Engelse Wikipedia die Pitkern - Norfuk Wikipedia die Tok Pisin Wikipedia die Jamaikaanse
                                     

Viëtnamese Wikipedia

Die Vietnamese Wikipedia is die Vietnamese uitgawe van Wikipedia, n gratis aanlyn ensiklopedie. Die wikipedia is in November 2002 begin. Dit het tans 1 264 293 artikels wat dit die 14de grootste Wikipedia maak.