ⓘ Wetenskap

Wetenskap

Wetenskap verteenwoordig die gesamentlike uitdruklike kennis van die mensdom in terme van feite, verskynsels en wette wat ontwikkel is deur middel van waarneming, eksperimentering en logiese redenering. Vandag word die wetenskaplike metode gesien as die standaardmetode vir wetenskap, wat klem lê op die noukeurige waarneming, eksperimentering, meting, wiskunde en herhaling. Om as "wetenskap" te kwalifiseer moet n versameling kennis telkens deur onafhanklike waarnemers herhaal kan word. Wanneer die wetenskaplike metode op hierdie manier toegepas word, is daar sprake van "wetenskaplike navors ...

Politieke wetenskap

Politieke wetenskap is die sosiale wetenskaplike dissipline wat gefokus is op die studie van die politiek. Politieke wetenskap word gekenmerk deur die omvattende belangstelling in politiek in al sy veelheid van vorms. Politieke wetenskap verteenwoordig nie net een metode of n dominante teoretiese benadering nie. In metodologiese en teoretiese opsig is die politieke wetenskap pluralisties; daar is verskillende teoretiese benaderings, soos politieke sielkunde, rasionele keuse teorie en institusionalisme wat langs mekaar gebruik word deur politieke wetenskaplikes, soms deur navorsers geïntegr ...

Sosiale wetenskap

Sosiale wetenskap is die tak van wetenskap wat handel oor die studie van menslike gemeenskappe en die verhoudings tussen individue binne dié gemeenskappe. Die term is voorheen gebruik vir die veld sosiologie, die oorspronklike "wetenskap van die gemeenskap", wat in die 19de eeu gevestig is. Benewens sosiologie sluit dit nou ’n verskeidenheid akademiese dissiplines in, soos antropologie, argeologie, ekonomie, linguistiek, sielkunde en politieke wetenskap. Die geskiedenis van sosiale wetenskap het ná 1650 tydens die Verligting begin, toe daar ’n omwenteling in natuurfilosofie plaasgevind en ...

Toegepaste wetenskap

Toegepaste Wetenskap is die toepassing van bestaande wetenskaplike kennis om praktiese probleme mee op te los, soos die ontwikkeling van nuwe tegnologie en nuwe uitvindings. Velde van ingenieurswese is nou verwant aan die toegepaste wetenskappe. Die gebruik in industriele instellings word gewoonlik na verwys as navorsing en ontwikkeling of R&D, wat vir Research and Development in Engels staan. Toegepaste Wetenskap verskil van Fundamentele wetenskap, wat daarop gemik is om ons kennis van die wêreld en die natuur uit te brei. Toegepaste wetenskap daarenteen poog om hierdie reeds bestaand ...

Israeliese Akademie van Wetenskap en Geesteswetenskappe

Die Israeliese Akademie van Wetenskap en Geesteswetenskappe, met sy hoofkwartier in Jerusalem, is in 1961 deur Israel gestig om kontak tussen geleerdes in wetenskap en geesteswetenskappe in Israel te bevorder; om die regering te adviseer oor navorsingsprojekte van nasionale belang; en om uitnemendheid te bevorder. Dit bestaan uit 102 van Israel se mees vooraanstaande geleerdes. Die akademie se hoofkwartier is langs die ampswoning van die president van Israel en die gebou van die raad vir hoer onderwys op die Albert Einstein-plein in Jerusalem. Die akademie befonds wetenskapprojekte in geol ...

Moderne Wetenskap (boekreeks)

Moderne Wetenskap is die titel van n reeks van 12 boeke wat in 1962 deur Tafelberg-uitgewers gepubliseer is. Die boeke was Afrikaanse vertalings van die Engelstalige reeks Science Study Series wat onder leiding van die Physical Science Study Committee aan MIT die lig gesien het. Die PSSC het hom dit ten doel gestel om wetenskapsonderrig in die Verenigde State te moderniseer en te verbeter, en dit het deel uitgemaak van die opskuddings in Amerikaanse onderrig wat op die onverwagte lansering van Spoetnik deur die Sowjetunie gevolg het. Die Amerikaanse publiek en regering was erg geskok dat d ...

Natuurwetenskap

Natuurwetenskap word tradisioneel as die studie van die fisiese, lewende en nie-lewende aspekte van die wêreld en die hemelruim om ons heen gedefinieer. As n groep kan die natuurwetenskappe onderskei word van teologie en die sosiale wetenskappe aan die een kant en van die kunste en die geesteswetenskappe aan die ander kant. Wiskunde is op sigself nie n natuurwetenskap nie maar verskaf baie van die kernmetodes van die ander wetenskappe. Natuurwetenskap poog oor die algemeen om die werkinge van die wêreld deur middel van natuurlike prosesse eerder as deur goddelike ingryping te verklaar. Die ...

Scheepersprys vir Jeugliteratuur

Die Scheepersprys vir Jeugliteratuur is n letterkundige toekenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, ter bevordering van hoogstaande Afrikaanse jeugliteratuur vir die rypere jeug. Die toekenning is die eerste keer in 1956 gemaak na twee private skenkings deur dieselfde familie. Letterkundige en opvoedkundige gehalte, asook n tentoonstelling van egte Afrikanerkaraktereienskappe en nasietrots speel n belangrike, maar nie-bindende rol. Die prys word sedert 1974 driejaarliks toegeken.

Gustav Prellerprys vir Literatuurwetenskap en Letterkundige Kritiek

Die Gustav Prellerprys vir Literatuurwetenskap en Letterkundige Kritiek is ’n letterkundige prys wat sedert 1968 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir ’n lietratuurwetenskaplike werk in Afrikaans met inbegrip van letterkundige kritiek. Die prys word geborg deur Human & Rousseau-uitgewers Die prys is vernoem na die Suid-Afrikaanse joernalis, geskiedskrywer, kritikus en stigterslid van die Akademie, Gustav Preller

Beskikbaarheidsheuristiek

Die beskikbaarheidsheuristiek is n verstandelike kortpad wat staatmaak op onmiddellike voorbeelde wat by n gegewe persoon opkom wanneer hy n spesifieke onderwerp, konsep, metode of besluit evalueer. Die beskikbaarheidsheuristiek werk op die idee dat as iets onthou kan word, dit belangrik of ten minste belangriker moet wees as alternatiewe oplossings wat nie so maklik onthou word nie. Gevolglik, onder die beskikbaarheidsheuristiek, is mense geneig om hul uitsprake ten opsigte van meer onlangse inligting te weeg en sodoende nuwe menings bevooroordeeld te maak oor die jongste nuus. Die beskik ...

Celsius

Die eenheid is vernoem na die Sweedse sterrekundige, Anders Celsius 1701 - 1744 wat n soortgelyke stelsel vir die eerste keer in 1742 voorgestel het.

Digtheid

Hierdie artikel bespreek die digtheid van n stof. Sien Bevolkingsdigtheid vir n artikel oor die digtheid van n bevolking. Digtheid dui op die hoeveelheid stof per volume of op die aantal items per volume of oppervlakte. Die digtheid van n stof is n mate van massa per eenheid volume. Hoe hoer n voorwerp se digtheid, hoe hoer is sy massa per volume. Die gemiddelde digtheid van n voorwerp is gelyk aan sy totale massa gedeel deur sy totale volume. n Meer digte voorwerp het minder volume as n gelyke massa van n minder digte stof. Die SI eenheid van digtheid is kilogram per kubieke meter kg/m 3 ...

Fisioterapie

Fisioterapie is n geneeskundige beroep wat gemoeid is met die voorkoming en bestuur van bewegingsafwykings wat die gevolg is van siektes en beserings tydens n mens se leeftyd. Fisioterapie word gewoonlik deur óf deur n gekwalifiseerde fisioterapeut toegepas óf n fisioterapeutiese assistent onder leiding van n fisioterapeut.

Hipotese

n Hipotese is n voorlopige veronderstelling. Dit is dus n idee wat nog getoets moet word. Meer werk is dus nodig alvorens dit as feitelik korrek aanvaar kan word. Die woord is vanuit Grieks afgelei: υπόθεση = veronderstelling. Hipoteses word algemeen in die wetenskap gebruik om n stelling wat nog nie bewys is nie as die beginpunt van n teorie, n verklaring of n afleiding te gebruik. Verskeie leidrade wat n hipotese ondersteun kan versamel word, maar slegs n enkele negatiewe uitvallende eksperiment is voldoende om die hipotese ontkragtig te verklaar. Volgens onder andere Karl Popper moet n ...

Neurowetenskap

Neurowetenskap is die wetenskaplike bestudering van die senuweestelsel. Dit is ’n multidissiplinêre tak van biologie wat te doen het met die anatomie, biochemie, molekulêre biologie en fisiologie van neurone en neurale netwerke. Dit steun ook op ander terreine soos wiskunde, farmakologie, fisika, ingenieurswese en psigologie.

Royal Society

The Royal Society of London for Improving Natural Knowledge is gewoonlik bekend as die Royal Society. Dit is die oudste wetenskaplike akademie ter wêreld wat op 28 November 1660 deur, onder andere, Christopher Wren, Robert Boyle en John Wilkins gestig is. In 1665 is die wetenskaplikke tydskrif Philosophical Transactions in die lewe geroep en in 1731 is die Copley Medal vir die eerste keer toegeken. Die Royal Society het ongeveer 1450 lede Fellows en 140 buitelandse lede. Nuwe lede word deur die huidige lede vanuit die Britse Statebond of Ierland gekies. Elke jaar word ook tien buitelandse ...

Sistematiek

Sistematiek benader stelselteorie vanaf n menslike perspektief benadering. Die aanname is dat dit wat bekend is van n stelsel verander as die punt van waarneming verander. n Verdere beginsel in sistematiek is dat n stelsel nie net geken word in terme van die direk waarneembare eienskappe soos byvoorbeeld die komponente nie maar ook verstaan moet word in terme van nie-waarneembare eienskappe soos byvoorbeeld die doelmatigheid of potensiaal van n stelsel. Tradisionele stelselteorie analiseer n stelsel deur te kyk na die komponente waaruit die stelsel bestaan en die interaksie tussen die komp ...

Skeptiese beweging

Die Skeptiese beweging is n moderne sosiale beweging wat gebaseer is op die idee van wetenskaplike skeptisisme, wat ook rasionele skeptisisme genoem word. Wetenskaplike skeptisisme behels die toepassing van skeptiese filosofie, kritiese denkvaardighede en kennis van wetenskap en die metodes daarvan op empiriese eise. Terselfdertyd bly dit neutraal teenoor nie-empiriese bewerings, behalwe diegene wat die wetenskapsbeoefening direk beïnvloed. Die beweging het die doel om eise oor onderwerpe op die rand van wetenskap te ondersoek en te bepaal of dit deur empiriese navorsing ondersteun word en ...

Taalwetenskappe

Taalwetenskap, taalkunde of linguistiek is die wetenskaplike studie van die natuurlike tale. Wanneer geen studie van n enkele taal gemaak word nie, maar die verskynsel taal in die algemeen bestudeer word, praat mens van algemene of universele taalwetenskap. Na gelang van die invalshoek van die navorser en uiteindelik die onderdeel van die linguistiek, word linguistiek wel tot verskillende takke van die wetenskap gereken, soos kognitiewetenskappe, sielkunde, en antropologie.

Werklikheid

Die begrip werklikheid is n aanduiding vir die wêreld waarin ons lewe, en is verwant aan die begrippe "realiteit" en die bestaan. Dit is n heel elementêre begrip, wat vanselfsprekend voorkom en geen teks of uitleg benodig nie. Vele wetenskappe gebruik die begrip werklikheid ook as vanselfsprekend oftewel as baie duidelik, maar in die filosofie en die wetenskapsfilosofie is die begrip omstrede.

Wetenskaplike metode

Die wetenskaplike metode is n sistematiese manier om kennis te versamel. Dit is gegrond op waarnemings, metings, voorspellinge, eksperimente, bevestiging en weerlegging.

Wetenskaplike notasie

Wetenskaplike notasie is n drywende kommanotasie met grondtal 10. Dit is n manier om baie groot en klein getalle voor te stel as die aantal heel magte van 10. Die getalle word weergegee in die vorm a × 10 b {\displaystyle a\times 10^{b}} waar die eksponent b n heelgetal is en a enige reele getal is. Die getal wat deur a verteenwoordig word, word die koeffisient genoem. Die notasie maak dit maklik om twee getalle met dieselfde aantal syfers voor die desimale punt met mekaar te vergelyk, aangesien die een met die groter eksponent die groter getal is. In so n geval word b die getal se ordegro ...

                                     

ⓘ Wetenskap

  • Wetenskap verteenwoordig die gesamentlike uitdruklike kennis van die mensdom in terme van feite, verskynsels en wette wat ontwikkel is deur middel van
  • Suid - Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is n multidissiplinêre organisasie wat hom beywer vir die bevordering van wetenskap tegnologie en kunste in
  • Politieke wetenskap ook politikologie, staatsleer of politieke wetenskappe is die sosiale wetenskaplike dissipline wat gefokus is op die studie van
  • Aktuariële wetenskap gebruik wiskundige en statistieke metodes om finansiële en versekeringsprobleme op te los. Aktuariële Genootskap van Suid - Afrika
  • Sosiale wetenskap is die tak van wetenskap wat handel oor die studie van menslike gemeenskappe en die verhoudings tussen individue binne dié gemeenskappe
  • Toegepaste Wetenskap Engels: Applied science is die toepassing van bestaande wetenskaplike kennis om praktiese probleme mee op te los, soos die ontwikkeling
  • Akademie van Wetenskap en Geesteswetenskappe, met sy hoofkwartier in Jerusalem, is in 1961 deur Israel gestig om kontak tussen geleerdes in wetenskap en geesteswetenskappe
  • Moderne Wetenskap is die titel van n reeks van 12 boeke wat in 1962 deur Tafelberg - uitgewers gepubliseer is. Die boeke was Afrikaanse vertalings van
  • goddelike ingryping te verklaar. Die term natuurwetenskap word ook gebruik om wetenskap as n vak te identifiseer wat die wetenskaplike metode gebruik. Natuurwetenskappe
  • Wetenskap Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde
                                     

Encyclopedia of Life

Die Encyclopedia of Life is ’n gratis aanlyn ensiklopedie wat probeer om al 1.9 miljoen lewende spesies wat aan die wetenskap bekend is, te dokumenteer. Dit word saamgestel uit bestaande databasisse en bydraes deur kenners en niekenners dwarsoor die wêreld. Dit wil ’n bywerkbare bladsy opstel vir elke spesie met videos, fotos, klankgrepe, grafika en teks.

                                     

Beginsel van middelmatigheid

Die beginsel van middelmatigheid is baie soortgelyk aan die Koperniese beginsel. Die stel voor dat - omdat lewe op Aarde bestaan - dit tipies ​op aardagtige planete regdeur die heelal moet bestaan.

                                     

Empiries

Wanneer vergelykings empiries vasgestel word, word dit bepaal deur waarnemings in n laboratorium of loodsaanlegte en word dit nie uit eerste beginsels afgelei nie. Byvoorbeeld, uit eerste beginsels weet ons dat die Pypvloei eweredig is aan die vyfde mag van die van die binnediameter. Indien n mens egter toetse in n laboratorium of in n aanleg doen, kan n mens vir n sekere bestek van diameters n lineêre verband bepaal en gebruik.

                                     

Knoeifaktor

n Knoeifaktor is n faktor om wiskunde berekeninge te laat klop met wat werklik waargeneem word. Donker materie en donker energie is tipiese knoeifaktore.

                                     

Kollegiale toetsing

Kollegiale toetsing is ’n proses van selfregulering in ’n werk of ’n proses van evaluering wat gekwalifiseerde indiwidue in die relevante studiearea insluit. Kollegiale toetsingsmetodes word gebruik om standaarde te behou, prestasie te verbeter en geloofwaardigheid te verleen. In die akademie word kollegiale toetsing dikwels gebruik om die werkstuk van ’n akademikus se geskiktheid vir publikasie te bepaal.

                                     

Model

Hierdie artikel handel oor fisiese, wetenskaplike of wiskundige modelle. Vir n definisie van persone, wat modelwerk doen, sien gerus Model persoon. n Model in die wetenskappe is iets wat in die plek van n werklike verskynsel bestudeer word, gewoonlik omdat die nodige eksperimente makliker op die model uitgevoer kan word. Gevolgtrekkings word van die model gemaak in die hoop dat hulle ook tot n meerdere of mindere mate in die werklikheid geldig sal wees. Fisiese modelle. Wiskundige modelle.

                                     

Monster (wetenskap)

n Monster in die wetenskappe word oor die algemeen gesien as n hoeveelheid van iets wat verteenwoordigend is van n groter hoeveelheid van daardie iets. Dit kan diskrete telbare voorwerpe wees of n materiaal. n Monster word tipies geneem vir die doeleinde van toetsing, analise, ondersoek, demonstrasie of proewe. Monsterneming kan soms aaneenlopend geskied.