ⓘ Burundi

                                     

ⓘ Burundi

Burundi, amptelik die Republiek Burundi, is n landingeslote land in Sentraal- en Oos-Afrika net suid van die ewenaar. Dit is naas Rwanda die mees digbevolkte land in Afrika. Nes sy buurstaat is dit n voormalige deelgebied van Duits-Oos-Afrika, wat later as mandaatgebied van die Verenigde Nasies n Belgiese administrasie kry. Albei lande word deur etniese konflikte tussen die Tutsi-minderheid en die meerderheid van die Hutu geteister. Die Twa vorm die derde etniese groep in daardie lande. Burundi word in 1962 onafhanklik van Belgie. Bykans ’n halfmiljoen mense het in etniese slagtings omgekom, veral gedurende die volksmoorde van 1972 en 1993. Dit is ’n lidland van die Afrika-unie.

Burundi grens aan Rwanda, Tanzanie en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit is in die Groot Mere van Afrika-streek en lê baie hoog; sy geografie word oorheers deur berge in die weste en savanne aan die oostekant, met talle mere regdeur die land. Die klimaat is matig tot subtropies, met twee reenseisoene en twee droe seisoene per jaar. Burundi beslaan n oppervlakte van 27 834 km² en het n bevolking van 10 524 117 in 2016 gehad. Die voormalige koninklike hoofstad Gitega dien sedert 24 Desember 2018 as hoofstad van die land, terwyl de ou hoofstad Bujumbura die grootste stad is.

                                     

1. Geskiedenis

Burundi is oorspronklik die tuisland van die Hutu, n volk van akkerbouers. Tydens die 15de eeu vestig die Tutsi, veeboere wat vanuit die noorde na die gebied van die groot mere van Sentraal-Afrika getrek het, hulle in die gebied van die huidige Burundi en onderwerp die inheemse bevolking in n feodale stelsel. Omtrent 1500 word die Koninkryk Burundi opgerig.

In die laat 19de eeu kom Burundi saam met die aangrensende Rwanda onder die invloed van die Duitse Keiserryk en word as selfregerende sultanaat deel van Duits-Oos-Afrika. Troepe vanuit Belgies-Kongo verower die gebied tydens die Oos-Afrika-veldtog in 1916 en stel n militêre bewind in. Burundi word saam met Rwanda ná die Eerste Wêreldoorlog deel van die Belgiese mandaatgebied Rwanda-Urundi.

In 1960 word die mandaatgebied weer in sy oorspronklike deelgebiede Rwanda en Burundi geskei. Die monargistiese Mwami- of Koninklike Party wen die eerste algemene verkiesing, wat in 1961 onder die toesig van die Verenigde Nasies plaasvind. Met die onafhanklikwording op 1 Julie van die volgende jaar word die monargistiese staatsbestel behou, tog bly die politieke en ekonomiese bemagtiging van die Hutu-meerderheid n ernstige vraagstuk wat die ontwikkeling van die land oorskadu. Ondanks n aantal maatreels ter bevordering van die belange van die Hutu eis n opstand in 1959 duisende slagoffers onder die Tutsi. Die verdeeldheid van die politieke Tutsi-elite en etniese konflikte lei tot herhaalde staatsgrepe, en in Julie 1966 Koning Mwamboetsa IV afstand van die troon doen ten gunste van die nuwe maghebber Michel Micombero, wat op 28 November van dieselfde jaar die Republiek Burundi uitroep. Hy bly diktatoriale staats- en regeringshoof tot die staatsgreep van 1976. Die burgeroorlog tussen Tutsi en Hutu in die sewentigerjare lei tot grootskaalse slagtings van veral opgeleide Hutu en politieke spanninge met Tanzanie, wat as n toevlugsoord vir duisende Hutu dien. Mense wat van Tanzanie terugkeer, bring dikwels kennis van Swahili saam, wat nou n belangrike minderheidstaal in Burundi vorm.

Die etniese konflikte duur ook in die tagtiger- en negentigerjare voort. Burundi probeer herhaaldelik voordeel uit die burgeroorlog in die aangrensende Demokratiese Republiek van Kongo te trek, waarby die yl bevolkte landgebiede en natuurlike hulpbronne van die buurstaat n begeerlike objek vir Burundi se maghebbers maak.

Van 1995 af probeer ander Afrikalande vrede bewerkstellig, en Suid-Afrika speel ’n leidende rol hierin. ’n Groot mate van stabiliteit het sedert 2008 ingetree, maar daar het nie veel van die land se ekonomie oorgebly nie.

                                     

2. Ekonomie

Burundi is die armste land in die wêreld BBP per capita: US$106 in 2005. Bestaansboerdery is die ekonomiese basis vir die grootste deel van die bevolking, wat maniok broodwortels, piesangs, mielies, bone, rys en groente verbou. Katoen, koffie, tee en tabak is belangrike uitvoerprodukte. Die lae produktiwiteit van die veeteelt belemmer die opbou van uitvoermarkte, en net velle word in groot hoeveelhede bemark.

Vissery speel n belangrike rol as een van die skaars bronne van proteïen in die land, terwyl die bosbou deur die grootskaalse ontwouding en erosie geknel word.

Die industriele ontwikkeling van die land is weens die gebrek aan kapitaal, die lae binnelandse aanvraag en die ongunstige geografiese ligging beperk op die verwerking van voedselprodukte en klereproduksie. Die natuurlike hulpbronne van uraan, koper, kobalt en nikkel is nog nie ontgin nie.

                                     

3. Geografie

Burundi is n bergagtige land in Sentraal-Afrika, met ’n plato en vlaktes in die ooste en die Tanganjikameer, gelee in die Groot Skeurvallei, in die suidweste. Dit is landgebonde, met Rwanda in die noorde, Tanzanie in die ooste en suidooste, en die Demokratiese Republiek van die Kongo in die weste.

                                     

4. Eksterne skakels

  • en Toerisme-inligting oor Burundi op Wikivoyage

Nuus

  • Radio Isanganiro Burundi se onafhanklike radiostasie Frans en Kirundi
  • BBC Nuus – Country Profile: Burundi
  • Universiteit van Pennsylvania
  • Burundi-Sites.com informasie in Frans en Engels
  • Reuters Alertnet – Burundi
  • allAfrica – Burundi
  • fr umuco.com
  • LookSmart – Burundi
  • Stanford Universiteit – Afrika Suid van die Sahara: Burundi
  • International Crisis Group
  • Verenigde Nasies
  • Human Rights Watch
  • Burundian Human Rights Organisation "Ligue Iteka" – Engels en Frans
  • CIA – Burundi
  • Open Directory Project – Burundi
  • Yahoo! - Burundi
  • Human Rights Watch spesiale verslag
                                     
  • Die nasionale vlag van Burundi is op 28 Maart 1967 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon n Sint Andrieskruis wat die vlag verdeel in vier driehoeke
  • Hier volg n lys van dorpe en stede in Burundi waarvan die name verander is: Kitega Gitega Usumbura Bujumbura 1962 Hierdie artikel is n saadjie
  • Die president van Burundi amptelik die president van die Republiek Frans: Président de la République is die staatshoof en die regeringshoof van die
  • Die wapen van Burundi wat in 1966 aangeneem is, bestaan uit n skild omring deur drie spiese. Op die skild is die leuse van die nasie, sowel as die leeu
  • Gitega voorheen: Kitega is een van die grootste stede in Burundi en dien sedert 24 Desember 2018 as die hoofstad van dié land. Die stad is in die ooste
  • stad van Burundi met n bevolking van 235 440 in 1990 en n oppervlakte van 86, 54 km². Dit het tot op 24 Desember 2018 as hoofstad van Burundi gedien
  • .bi is die Internettopvlakdomein vir Burundi bi - domeinname word deur NIC.BI uitgegee, wat aanspreeklik is vir die topvlakdomein bi Lys van Internettopvlakdomeine
  • groep misverstaan word. Hulle vorm die grootste etniese groep in beide Burundi en Rwanda, waar hulle saam met die Tutsi en die Twa bly. Daarbenewens leef
  • misverstaan word. Hulle vorm die tweede grootste etniese groep in beide Burundi en Rwanda, waar hulle saam met die Hutu en die Twa bly. Daarbenewens leef
  • Palestynse Grondgebiede Roemenië Sirië Oekraïne behalwe Krim Botswana Burundi Egipte Demokratiese Republiek van die Kongo oostelike deel Jordanië
  • miljoen mense in Burundi by die Groot Mere van Afrika gepraat word. Dit vorm saam met Engels en Frans die amptelike tale van Burundi en is die moedertaal