ⓘ Brontë-familie

                                     

ⓘ Brontë-familie

Die Brontes was n 19de eeuse literêre familie wat met die dorp Haworth in die West Riding of Yorkshire, Engeland verbind word. Die susters Charlotte, Emily en Anne het bekendheid verwerf as digters en romanskrywers. Hulle het hul literêre werke aanvanklik onder die manlike penname Currer, Ellis en Acton Bell gepubliseer, net soos baie ander vroulike outeurs in dié tyd.

Hul verhale het vanwee hul oorspronklikheid en passie onmiddellik aandag getrek, maar ook negatiewe publisiteit gekry. Charlotte se roman Jane Eyre was die eerste werk wat sukses behaal het, terwyl Emily se Wuthering Heights, Anne se The Tenant of Wildfell Hall en ander romans later as literêre meesterwerke beskou is.

Die drie susters en hul broer Branwell het in hegte verhouding met mekaar geleef en het reeds in hul kinderjare hul verbeeldingskrag deur die gesamentlike skryf van toenemend meer ingewikkelde verhale gestimuleer en ontwikkel. Die ontydige afsterwe van hul moeder en later dié van die twee ouer susters was n verlies wat hul literêre werk sou beïnvloed.

Hul befaamdheid was sowel aan hul eie tragiese lot asook aan hul vroegrype volwassenheid te danke. Ná hul ontydige afsterwe is hulle deur n groot aanhangerskap vereer wat sedertdien steeds aanhou groei het. Hul woning, die pastorie in Haworth, Yorkshire – tans die Bronte Parsonage Museum – het n pelgrimsoord vir jaarliks honderdduisende besoekers geword.

                                     
  • Jane Brontë 30 Julie 1818 19 Desember 1848 was n Engelse skrywer en outeur van die roman Wuthering Heights. Sy was deel van die Brontë - familie en het
  • geraak na die publikasie van haar boek Jane Eyre. Sy was deel van die Brontë - familie en het ook die skuilnaam Currer Bell gebruik. Collier s Encyclopedia
  • publikasie van haar boek The Tenant of Wildfell Hall. Sy was deel van die Brontë - familie en het ook die skuilnaam Acton Bell gebruik. Collier s Encyclopedia
  • verwerk deur Dirk Mostert 1940 Helshoogte Wuthering Heights deur Emily Brontë 1941 en Absalom, my seun deur St. John Ervine 1942 Met laasgenoemde