ⓘ 13de Dinastie van Egipte

                                     

ⓘ 13de Dinastie van Egipte

Die 13de Dinastie van Antieke Egipte het 154 jaar geduur, van omstreeks 1803 tot 1649 v.C. Dit word meestal saam met die 11de, 12de en 14de Dinastie beskou as die tyd van die Middelryk. Soms word van die 13de tot die 17de Dinastie beskou as die Tweede Oorgangstydperk.

Die 13de Dinastie word beskou as ’n direkte voortsetting van die 12de Dinastie; sy eerste farao was vermoedelik die seun van Amenemhat IV. Kim Ryholt stel voor die oorgang tussen die twee dinastiee weerspieel die opkoms van die onafhanklike 14de Dinastie in die Oos-Delta, en dit het moontlik gedurende Sobekneferoe se bewind gebeur. As direkte erfgename van die konings van die 12de Dinastie het die faraos van die 13de Dinastie van Memphis af oor Middel- en Bo-Egipte regeer. Die mag van die dinastie het progressief afgeneem gedurende die een en ’n half eeu van sy bestaan, en dit is eindelik beeindig net die verowering van Memphis deur die Hyksos-heersers van die 15de Dinastie, omstreeks 1650 v.C.

                                     

1. Heersers

In latere dokumente word die era gewoonlik beskryf as ’n tydperk van wanorde. Dit kon egter vreedsamer gewees het as wat vroeer gedink is omdat die sentrale regering regdeur die dinastie in Itjtawy gebly het en die land relatief stabiel was. Ongelukkig is die ware chronologie van die heersers moeilik om te bepaal, want min monumente dateer uit dié periode. Baie van die konings se name is net bekend uit fragmente van inskripsies. Die bekendstes was:

Bewyse van die heersers ná hierdie konings is net in Bo-Egipte gevind. Dit kan dui op die skuif van die hoofstad van Itjtawy na Thebe. Daphna Ben Tor glo dit is veroorsaak deur ’n inval uit die Oos-Delta en die Memhis-streek deur Kanaänitiese heersers. Sommige skrywers beskou dit as die einde van die Middelryk en die begin van die Tweede Oorgangstydperk.

                                     
  • Die 12de Dinastie word saam met die 11de, 13de en 14de Dinastie beskou as die Middelryk van Egipte Bekende farao s van die 12de Dinastie was: Egiptoloë
  • 13de Dinastie van Antieke Egipte Dit was ook die begin van die Tweede Oorgangstydperk. Kanaänitiese bevolkings het aan die einde van die 12de Dinastie omstreeks
  • Die 14de Dinastie ook Dinastie XIV geskryf omstreeks 1725 - 1650 v.C. was n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk oor
  • Hongersnood, wat Bo - Egipte ook tydens die 13de en 14de Dinastie geteister het, het voortgeduur tydens die 16de Dinastie veral met die bewind van Neferhotep III
  • Die 13de eeu v.C. het geduur van 1300 tot 1201 v.C. 1292 v.C.: Einde van die 18de Dinastie van Egipte en die begin van die 19de Dinastie 1282 v.C.: Pandion
  • hoofstad van Antieke Egipte Sy aansien het n hoogtepunt bereik tydens die 6de Dinastie as n sentrum vir die aanbidding van Ptah, die god van kunswerke
  • Sobekneferoe van Antieke Egipte sterf. Die einde van die 12de Dinastie Die begin van die 13de en 14de Dinastie 1779 v.C.: Zimrilim, koning van Mari, Sirië
  • van die 14de Dinastie van Antieke Egipte Omstreeks 1650 v.C.: Die verowering van Memphis deur die Hyksos en die val van die 13de Dinastie van Egipte
  • die 50ste jaar van die 13de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. 8 - 11 Februarie - Slag van Al Mansurah. Die
  • vir lede van die koninklike familie en baie mastabas van amptenare en hul familielede. Die grafkelders is tydens die 12de en die 13de Dinastie opgerig
  • grafkelder van farao Hor uit die 13de Dinastie Daar is nog verskeie ander piramides, asook groot begraafplase vir amptenare van die Ou en Middelryk van Antieke