ⓘ Fort Brown (Oos-Kaap)

                                     

ⓘ Fort Brown (Oos-Kaap)

Fort Brown was een van die grootste forte wat tydens die Kaapse grensoorloe aan die oosgrens van die Kaapkolonie opgerig is. Die fort lê aan die R67, 27 km van Grahamstad in die rigting van Fort Beaufort, noord van die Eccapas en by die brug oor die Groot-Visrivier.

Na die Vierde Grensoorlog 1812 is n reeks militêre poste langs die Groot-Visrivier gestig. Gedurende die Sesde Grensoorlog 1834-5 is die pos by Hermanuskraal uitgebou tot n volwaardige fort en vernoem na sy tweede bevelvoerder. Die fort is in 1838 voltooi en het bestaan uit n aantal barakke met ruimte vir die ruiters en hul perde binne n hoe ringmuur. In een hoek was n 4 m hoe vierkantige toring met sye van ongeveer 3½ m. n Kliptrap lei na die vertrek met die skietgate, onder was die magasyn en bo plek vir die swaaikanon.

Maqoma, seun van Gaika, was een van die bekendste persone wat hier gevange gehou is. Enkele meter hiervandaan is die grafte van nege soldate wat op 15 Junie 1852 in gevegte in die omgewing gesneuwel het.

Die fort is tot 1861 beman en is sedertdien as kerk en ontspanningsterrein gebruik, dit dien nou nog as n polisiekantoor. Die winkel wat hierdie klein nedersetting in die Makana Plaaslike Munisipaliteit by die fort bedien het, het reeds jare gelede sy deure gesluit. In 1938 is die toring en oorblywende mure tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

                                     
  • Drift - fort Fort Adelaide, Adelaide, Oos - Kaap Fort Albert Fort Amiel Fort Armstrong Fort Beaufort Fort Beaumont Fort Beresford Fort Blazes Fort Brown Oos - Kaap
  • in die Oos - Kaap Suid - Afrika. Nedersettings in die munisipaliteit Albanie Alicedale Eluxolweni Fingo Village Fort Brown Glen Graig Grahamstad
  • Noordoos - Kaap Hy bly egter net anderhalf in die gemeente, want op 7 September 1946 word hy as leraar van die NG gemeente Alice met werkkring Fort Beaufort
  • Grahamstad ook omliggende nedersettings soos Alicedale, Carlisle - brug, Fort Brown Riebeek - Oos Salem, Seven Fountains en Sidbury in. Die veertigduisend stemgeregtigdes
  • en die R67 verbind lê. Die pad lê noord van Grahamstad en noordwes van Fort Brown Op 564m bereik die pas sy hoogste punt bo seevlak. Die maksimum helling
  • Suid - Afrika, en sluit feitlik die hele Vrystaat, groot dele van die Oos - Kaap Noord - Kaap en Mpumalanga en die westelike deel van KwaZulu - Natal in. Dit strek
  • 1920 s en 1930 s gebou is, het Glasgow met Edinburg, Ayr en Inverness via Fort William verbind. Aanvanklik het talle klein busondernemings meegeding om