ⓘ Brandwag

                                     

ⓘ Brandwag

Brandwag is n nedersetting in die gebied van die Mosselbaai Plaaslike Munisipaliteit. Dit is gelee aan die R328-pad wat Hartenbos via Ruiterbos en die Robinsonpas met Oudtshoorn verbind. Brandwag is net noord van Hartenbos en net wes van die Geelbeksvlei.

In 1817 is aan A.G. van Kervel, die eerste landdros van George, hier n leningsplaas van slegs 209 vierkante roede 21 hektaar toegeken. Mettertyd het dit tot n klein dorpie ontwikkel. In sy fleur het die gehug beskik oor n skool, weeshuis, winkel en poskantoor. Tans is daar in die dorpskern slegs enkele woonhuise en die kerkgebou en saal van die NG gemeente Brandwacht.

In 1871 is daar begin met n wolwassery weens die onuitputlike bron van sagte water uit die Brandwagrivier. Wol uit Brandwag het hoe pryse in Londen behaal. Later jare is die was van wol na Groot-Brakrivier oorgeplaas.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het daar op 9 September 1901 n skermutseling tussen Boere- en Britse magte hier plaasgevind. n Burger met die van Rhode het gesneuwel en lê in die plaaslike kerkhof begrawe.

                                     

1. Bibliografie

  • Steyn, G.F.: Eeufees-Gedenkboek. N.G. Gemeente Mosselbaai 1845-1945. Mosselbaai: Mossel Bay Advertiser, 1945.
  • Franklin, Margaret: The story of Great Brak River. Kaapstad: Struik, 1975. ISBN 0-620-01619-1
  • Fransen, Hans: A guide to the old buildings of the Cape. Kaapstad: Jonathan Ball, 2004. ISBN 1-86842-191-0
                                     
  • Die Brandwag was n Afrikaanse tydskrif wat van 1 Februarie 1937 tot 24 September 1965 weekliks in Johannesburg verskyn het. Die Afrikaanse Pers Beperk
  • Brandwag is n 66 Blanke voorstad van die stad Bloemfontein in Suid - Afrika. Subplek Brandwag tydens die 2011 - sensus
  • Wes - Kaap, Suid - Afrika. Nedersettings in die munisipaliteit: Boggomsbaai Brandwag Buysplaas Cooper Friemersheim Gannakraal Glentana Groot - Brakrivier Hartenbos
  • September 1966 was n Vrystaatse administrateur en hoofleier van die Ossewa - Brandwag Van Rensburg was die seun van Johannes Frederik Janse van Rensburg en
  • om die Afrikaanse taal te bevorder, en skrywer van vele bydraes vir Die Brandwag wat later in boekvorm gepubliseer is. Izak Johannes van Heerden was in
  • Die Stormjaers was die militêre vleuel van die Ossewa - Brandwag Hulle wou deur sabotasie en sluipmoorde Suid - Afrika se betrokkenheid by die Tweede Wêreldoorlog
  • hierdie skuilnaam landwye bekendheid verwerf met haar kinderrubriek in Die Brandwag Sy was getroud met Izak van Heerden, wat onder die skuilnaam Vaalswaer
  • taksonomie en indringerplante. Smith was in Laerskool Handhaaf en Hoërskool Brandwag in Uitenhage en na skool was hy drie jaar in die weermag. Hy voltooi dan
  • die gemeente se grense algaande weswaarts geskuif het van Westdene na Brandwag en in die rigting van Universitas tot eindelik Langenhovenpark. In Westdene
  • hy in die Leeukop - gevangenis geïnterneer omdat hy n lid van die Ossewa Brandwag was en Duitsland in die oorlog gesteun het. Ná agt maande ontsnap hy op