ⓘ Brukkaros

                                     

ⓘ Brukkaros

Brukkaros is n rustende vulkaan op n 100 km afstand noordnoordwes van Keetmanshoop in Namibie.

Na die laaste fase van die opbreek van Gondwanaland in die Krytperiode was daar verskeie plekke in Suider-Afrika waar magma deur die aardkors gebars het. Hoewel hier by Keetmanshoop 84 miljoen jaar gelede n vulkaniese uitbarsting was wat maar slegs n jaar of dalk twee jaar aangehou het, is daar geen tekens van lawa nie. Toe die stygende magma met die grondwater in aanraking gekom het, was daar waarskynlik n reuse ontploffing van gasse wat die 2½ km wye caldera n ringberg van sandsteen gevorm het. Die hoogste punt van 1 586 m bo seevlak is op die oostelike rand van die ring en dit is ongeveer 650 m bo die omringende landskap. Die kratervloer is n 350 m onder die kraterrand.

Tydens die Duitse bestuur van Namibie was daar n heliograafstasie op Brukkaros. Tussen 1926 en 1931 het die Smithsonian Institute n waarnemingspos op die westelike kraterrand gehad om sonuitstraling te bestudeer. Vir n periode was dr. Arthur Bleksley hier betrokke. Tans is daar n mas vir langafstandradioverkeer.

Onder die Nama het die berg bekend gestaan as Geitsi Gubib, omdat die voorkoms van die berg vir hulle ooreenkomste getoon het met die lendekleed gedra deur Khoikhoivroue. In Afrikaans is na die lendekleed verwys as n broek-en-karos, wat in Duits Brukkaros geword het.

Op die kratervloer groei baie kokerbome. Dit is moeilik om Brukkaros te besoek. Paaie is nie maklik begaanbaar nie en lang afstande moet gestap word. Drinkwater en telefoonkontak is nie beskikbaar nie. Kampeerplek is in die veld.

Berseba, 10 km suidwaarts, is in 1850 deur die Rynse sendeling Samuel Hahn gestig.

                                     

1. Bibliografie

  • Olivier, W. en S.: Visitors guide to Namibia. Johannesburg: Southern, 1989. ISBN 1-86812-155-0
  • Coulson, David: Mountain odyssey in Southern Africa. Johannesburg: MacMillan, 1983. ISBN 0-86954-137-4