ⓘ Bronkhorstspruit (rivier)

                                     

ⓘ Bronkhorstspruit (rivier)

Die Bronkhorstspruit is n rivier in Gauteng, Suid-Afrika, en n takrivier van die Wilgerivier in die Olifantsrivierbekken, wat sy naam aan die dorp Bronkhorstspruit verleen het. Die naam is blykbaar afkomstig van "bronkors" of "bronkhorst", die Afrikaanse naam vir Nasturtium officinale.

                                     

1. Oorsprong en roete

Sy oorsprong is in die grasvelde op die hoeveld, ongeveer 30 km oos-suidoos van die dorp Springs. Dit vloei algemeen noordwaarts en sy hooftak, die Delmasrivier, sluit by sy linkerkant aan. Verder stroomaf vloei dit in die Bronkhorstspruitdam in. Voor dit noordoos draai, gaan dit verby die dorp Bronkhorstspruit. Dit sluit aan by die Wilgerivier omtrent 25 km oos-noordoos van die dorp, net nadat dit Mpumalanga binnegevloei het.

                                     

2. Geskiedenis

In 1880 was hierdie rivier die toneel van die Slag van Bronkhorstspruit, n geveg tussen die Boerekommando onder bevel van kommandant Frans Joubert en die Britse troepe onder Luitenant-kolonel Anstruther. Dit was een van die eerste ernstige veldslae tydens die Eerste Vryheidsoorlog.

                                     
  • by die Olifants aan 12km stroomaf van die Massingirdam Blyderivier Bronkhorstspruit Chuniesrivier Elandsrivier Klaserierivier Klein Olifantsrivier oorsprong
  • van S.J. Fanie van Wyk, n vriend van Preller, op Erasmus tans Bronkhorstspruit Van Junie 1922 is hy prokureur op Heidelberg, Transvaal, waar hy
  • aan n seremonie by Brugspruit tussen Witbank tans Emalahleni en Bronkhorstspruit om die laaste skroef seremonieel vas te draai waar die twee lyne