ⓘ Burseraceae

                                     

ⓘ Burseraceae

Burseraceae is die mirre-familie wat hoort tot die orde Sapindales. Twee genera van die familie lewer produkte wat onder vroee handelaars om die Middellandse See gewild was. Die Boswellia genus lewer wierook en die Commiphora genus lewer die welriekende harpuis waarvan mirre, wierook en Balsem van Gilead verkry word. Die Suid-Afrikaanse Commiphora -spesies lewer egter nie die harpuis nie. Daar is 540 spesies wat hoort tot die familie wêreldwyd waarvan 34 in Suider-Afrika voorkom en daarvan is 25 bome.

                                     

1. Boomspesies

Van die Suid-Afrikaanse spesies is:

  • Papierbaskanniedood Commiphora marlothii
  • Witstamkanniedood Commiphora tenuipetiolata
  • Fluweelkanniedood Commiphora mollis
  • Boskanniedood Commiphora woodii
  • Sandkanniedood Commiphora angolensis
  • Peperblaarkanniedood Commiphora mossambicensis
  • Skurweblaarkanniedood Commiphora edulis
  • Blinkblaarkanniedood Commiphora schimperi
  • Groenstamkanniedood Commiphora neglecta
  • Sebrabaskanniedood Commiphora viminea
  • Doringkanniedood Commiphora glandulosa
  • Koperstamkanniedood Commiphora harveyi