ⓘ Jan Brand

                                     

ⓘ Jan Brand

Sir Johannes Henricus Brand, GCMG was n Suid-Afrikaanse prokureur en politikus en die vierde Staatspresident van die Oranje-Vrystaat, van 2 Februarie 1864 tot en met sy dood in 1888. Sy leuse was Alles sal regkom as elkeen sy plig doen ".

                                     

1. Lewensgeskiedenis

Hy was die seun van Sir Christoffel Brand 1797–1875, speaker van die wetgewende vergadering van die Kaapkolonie, en Catharina Frederica Küchler.

Hy is in Kaapstad gebore in die dae toe lord Charles Somerset nog goewerneur was.

Hy het aan die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad studeer en het daarna 1845 sy studies aan die Universiteit van Leiden in Nederland voortgesit. Daarna is hy na Engeland en het in 1849 in Inner Temple n advokaat geword.

Jan het in 1851 met Johanna Sibella Zastron getrou. Sy was die dogter van die Akteregistrateur in Kaapstad. Die egpaar het 8 seuns en 3 dogters gehad.

Na sy terugkeer na Suid-Afrika het Brand hom in Kaapstad gevestig waar hy as advokaat in die Hooggeregshof van die Kaap die Goeie Hoop gepraktiseer het tot in 1863.

In 1858 is Brand by die Suid-Afrikaanse Kollege aangestel as professor in die regte. Vanwee sy simpatie met die republikeinse ideale van die burgers van die Oranje-Vrystaat, het hy daarheen geemigreer. In 1863 is hy tot staatspresident van die Oranje-Vrystaat verkies en daarna weer vir opeenvolgende vyf-jaartermyne in 1869, 1874, 1879 en 1884. In 1864 het hy druk deur die Basoetos op die grens onderdruk en na mislukte pogings om Moshoeshoe, die Basoeto-hoofman, te oorreed om sy mense binne sy grense te hou, het Brand die wapens teen Moshoeshoe in 1865 opgeneem. Die eerste oorlog is beeindig met die Verdrag van Thaba Bosigo wat op 3 April 1866 onderteken is; n tweede oorlog, wat beeindig is met die Verdrag van Aliwal-Noord, het op 12 Februarie 1869 geeindig. In 1871 het Brand Britse anneksasie van die dorp Kimberley onsuksesvol teengestaan.

In 1871 is Brand deur n groot groep mense gevra om die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek Transvaal te word en sodoende die twee Boererepublieke te verenig. Aangesien die projek vyandig teenoor Groot-Brittanje was, het hy besluit om dit nie te doen nie en het hy op dié manier sy beleid van neutraliteit teenoor Engeland gehandhaaf. In 1882 is hy vir sy moeite in hierdie opsig beloon en die Orde van Sint-Michael en Sint-George GCMG is aan hom toegeken.

Jan Brand was n diep gelowige mens en was in sy openbare en private lewe onberispelik. Hy was besonder gewild onder die burgers van die Oranje-Vrystaat. Brand se uitdrukking "alles zal recht komen als elkeen zijn plicht doet" is in Afrikaans opgeneem as n idioom. Ná sy dood is n standbeeld in Bloemfontein opgerig met geld wat van die publiek gekom het. Hy was ook bekend as die Vader des Volks". Die hoofstraat in Bloemfontein se middestad is tot sy eer "President Brandstraat" genoem.

                                     

2. Bronnelys

  • Hierdie artikel maak gebruik van feite en teks uit die Encyclopædia Britannica van 1911. Die bron is in die publieke domein.
  • KENNIS, vol 6, 1980, bl. 1080, ISBN 0 7981 0828 2
                                     
  • kon verwerf. Brand is in Springbok in die Noord - Kaap gebore en is aan die Hoërskool Maitland in Kaapstad geskool. Sy was met Jan Brand getroud. Haar
  • die skuilnaam van S.H. Skaife. Sir Jan Brand vierde Staatpresident van die Oranje - Vrystaat. Sir Quintin Brand n Suid - Afrikaanse offisier wat in die
  • 2018: Desember 2018: Sterre Brand 2019: Dans Bea Lingenfelder en Corné Greeff 27 November 2018 rrKitskuier met Jan Bloukaas Rooi Rose. Geargiveer
  • te laat by n brand aankom. Hoe gouer die alarm gegee word, des te beter. Voor die koms van kommunikasiemiddele soos telefone was dit Jan Burger se sterk
  • Jan Asselijn omstreeks 1610 - 1 Oktober 1652 was n Nederlandse skilder van die Goue Eeu. De bedreigde zwaan, een van die belangrikste werke in die
  • al. Celliers het in 1874 met n ossewa na Pretoria getrek, waar sy vader, Jan F. Celliers oprigter en eerste redakteur van De Volksstem geword het. Hy
  • Veldmaarskalk Jan Christian Smuts Riebeek - Wes, 24 Mei 1870 Doornkloof naby Irene, distrik Pretoria, 11 September 1950 was n vooraanstaande Suid - Afrikaanse
  • Gerhard Hamilton Brand 8 Oktober 1906 4 Februarie 1996 was n Springbok rugbyspeler wat Suid - Afrika 16 keer tussen 1928 en 1938 in toetse verteenwoordig
  • Duitsland 1831 14 Julie Jan Brand Vrystaatse staatsman, President van die Oranje - Vrystaat 1823 14 November Jan van Beers, Vlaamse digter
  • verneem word die predikant se vrou gebel en gesê die kerk brand Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Die kerk is herbou, waarna ds. P.A. Nel n
  • Maar drie jaar later, in die vroeë oggendure van 13 November 1957, het n brand dié kerk in puin gelê. Eers drie jaar later, op 3 September 1960, kon die
  • Gideon Brand van Zyl 3 Junie 1873 1 November 1956 was van 1946 tot 1951 die Goewerneur - generaal van die Unie van Suid - Afrika. Hy was die eerste Suid - Afrikaans