ⓘ Bristol

                                     

ⓘ Bristol

Bristol is n stad en internasionale hawe in die suidweste van Engeland. Dit is n nywerheidstad naby die Walliese grens met n bevolking wat in 2017 op 459 300 beraam is. Die stad se historiese handelsbetrekkinge met ander wêrelddele word onder meer weerspieel in die feit dat Bristol sy naam aan altesaam 29 plekke in die Verenigde State van Amerika, twee plekke in Kanada een elk in Jamaika, Peru en Costa Rica verleen het.

Bristol is in die 10de eeu as n nedersetting en klein seehawe in die uiterste weste van die Angel-Saksiese magsgebied gestig. Terwyl handelsbande aanvanklik veral met Ierland geknoop is, het Bristol se seehawe, wat in die gebied van die huidige Harbourside gelee was, in die volgende twee eeue steeds verder in belangrikheid toegeneem. In die Middeleeue was Bristol reeds die tweede grootste stad in Engeland ná Londen.

Handelsbande is tot in die 17de eeu na die Kanariese Eilande, Noord- en Suid-Amerika, Afrika en Wes-Indie uitgebrei. Bristol sy welvaart in dié tydperk aan die sogenaamde "driehoekshandel" te danke gehad waarby metaalware, glas en pêrels vanuit Engeland na Wes-Afrika verskeep, slawe uit Wes-Afrika na Wes-Indie geneem en suikerriet, rum, koffie, kakao en tabak vir die inheemse Engelse mark ingevoer is. Toe die slawehandel in die laat 18de eeu sy hoogtepunt bereik het, is jaarliks sowat 70 000 Wes-Afrikaanse slawe na Wes-Indiese plantasies vervoer.

In die 18de en 19de eeu is nuwe plaaslike nywerhede gevestig, waaronder tabakverwerking, yster-, koper-, porselein- en glasvervaardiging asook n florerende sjokoladebedryf. Om die nadelige uitwerkings van die getyeverskil die tweede grootste ter wêreld in Bristol se seehawe teen te werk, is tussen 1804 en 1809 n gesofistikeerde stelsel van sluise gebou om die waterpeil langs Bristol se kaaie stabiel te hou – n projek waarna as Floating Harbour verwys is.

In die tyd van die nywerheidsomwenteling het Engeland se ekonomiese swaartepunt noordwaarts begin verskuif en Bristol se langdurige agteruitgang begin. Ná die afskaffing van slawerny het skeepsbou en later vliegtuigvervaardiging tot die vernaamste ekonomiese bedrywe ontwikkel. Die relatief noue Avonrivier, wat afhanklik van die inkomende gety is, het weens die diepgang van groot stoomskepe gaandeweg sy belangrikheid vir die oorsese skeepvaart verloor. Die nuwe hawe, wat in die gebied van Avonmouth en Royal Portbury ontstaan het, word deur moderne skeepsdokke, olieraffinaderye en nywerheidsparke oorheers. In die 1980s het ook ondernemings uit die inligtingsbedryf, soos Hewlett-Packard en IBM, filiale in Bristol gevestig.

                                     

1. Geskiedenis

Daar was n Romeinse stad genoem Abona in die gebied van die huidige voorstad van Sea Mills. Later was daar n dorp aan die Avonrivier wat in Oud-Engels as Brycgstow bekend gestaan het letterlik Die plek by die brug.

Bristol was een van die gasheerstede tydens die Krieketwêreldbeker 1983, Krieketwêreldbeker 1999, Rugbywêreldbeker 1999 en Krieketwêreldbeker 2019.

                                     

2. Demografie

Bristol is die 6de grootste stad in die Verenigde Koninkryk. In 2006 was 88.8% van sy bevolking Blankes, 4.2% Indiers, 2.9% Swartes, 1.3% Han-Sjinese en 2.9% ander.

                                     

3. Susterstede

  • Bordeaux, Frankryk, sedert 1947
  • Porto, Portugal, sedert 1984
  • Guangzhou, Volksrepubliek China, sedert 2001
  • Beira, Mosambiek, sedert 1990
  • Hannover, Duitsland, sedert 1947
  • Puerto Morazan, Nicaragua, sedert 1989
  • Tbilisi, Georgie, sedert 1988
                                     

4. Eksterne skakels

Wiki-webtuistes
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bristol.
Amptelike webtuistes
  • en Amptelike webwerf
Toerisme
  • Visit Britain: Bristol
  • Visit Bristol
                                     
  • Florenceville - Bristol is n Kanadese munisipaliteit in die administratiewe distrik comté county Carleton in die weste van die provinsie Nieu - Brunswyk
  • Die Kanaal van Bristol Engels: Bristol Channel Wallies: Môr Hafren, letterlik Severnsee is n groot baai van die noordelike Atlantiese Oseaan wat
  • Die Bristol Beaufort was n torperdobomwerper wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is deur die Britse Lugmag. In April 1936 het Bristol Aeroplane
  • dieselfde naam word na hierdie rivier dikwels verwys as Lower Avon of Bristol Avon. Die riviernaam het sy etimologiese wortel in die Walliese woord vir
  • Die Bristol Beaufighter was n vliegtuig wat aanvanklik as n vegvliegtuig ontwerp is maar in n multirolvliegtuig ontwikkel het dit is as torpedobomwerper
  • Kate Bristol gebore 1 Mei 1990 is n Amerikaanse aktrise en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Strike Witches the Movie 2012
  • Die Bristol Blenheim is n tweemotorige bomwerper wat tydens die Tweede Wêreldoorlog hoofsaaklik deur die Britse Lugmag gebruik was. Die prototipe het
  • Die Bristol Scout was n enkelsitplek, dubbeldekker vegvliegtuig wat hoofsaaklik vir verkenningswerk gebruik was deur die Britse Lugmag tydens die eerste
  • Die Bristol F.2 Fighter is n dubbeldekker, tweesitplek Britse vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Die vliegtuig het n
  • Die Bristol Bulldog was n enkelsitplek, dubbeldekker vegvliegtuig wat deur die Britse Lugmag gebruik is tussen die twee Wêreldoorloë. Hierdie vliegtuig
  • histories ook Somersetshire, is n graafskap aan die suidelike oewer van die Bristol Kanaal. Die seremoniële graafskap met n oppervlakte van 4 172 km² sluit
  • Wildscreen, n VK - geregistreerde opvoedkundige liefdadigheidsorganisasie wat in Bristol gebaseer is. Hulle werk wêreldwyd om die publiek se begrip en waardering