ⓘ Brandfort

                                     

ⓘ Brandfort

Brandfort is n klein dorp, sentraal gelee in die Vrystaat, Suid-Afrika, naby Bloemfontein, Winburg, Theunissen en Bultfontein. Die R30-provinsiale pad en die R703-streekroete kruis in die dorp.

                                     

1. Geskiedenis

Die dorp is gestig op die plaas Keerom wat vir die eerste keer in 1838 deur Jacobus van Zijl, n Voortrekker van Prins Albert beset is. In 1866 het hy die NG Kerk genader om n dorp op sy plaas uit te lê. Die eerste woonerwe is op 30 Oktober 1866 verkoop. Die dorp is eers in 1874 geproklameer en het munisipale status in 1884 gekry.

                                     

2. Distrik

Die distrik is 3 660 km 2 groot. Gemengde boerdery word beoefen en daar is verskeie stoeterye vir merinos, Afrikanerbeeste, Bonsmaras en varke in die omgewing. n Paar kilometer buite die dorp is daar n groot hoenderplaas; Môreson. In die Weste is daar ook n aantal panne. Brandfort spog ook met n uitstekende skool gestig in 1906. Vroeer jare was dit n volkskool, maar het gegroei tot skool wat baie kinders lok uit omliggende distrikte soos Bultfontein, Winburg, Theunissen en selfs die naby gelee hoofstad van die Vrystaat; Bloemfontein.

Om die dorp is daar ook verskeie wildsplase naamlik Amanzi wildreservaat, Stone Safaris reservaat asook Grasslands Estate na die Weste van die dorp. Grasslands is naby die Esbach-koppe gelee en hulle gebruik die koppe as natuurlike landmerk in die logo van hul Estate. Na die Suidooste groet Keeromberg jou, dis die grootste berg in die area. Aan die voet van Keerom lê die plaas van oudpresident CR Swart wat as staatspresident gedien het van 1961 tot 1967. Dié plaas se naam is De Aap. Hy was n groot figuur in die gemeenskap en die plaaslike skool is na hom vernoem.

                                     

3. Tweede Vryheidsoorlog

Die Slag van Brandfort het op 25 Maart 1900 hier plaasgevind. Daar was ook n konsentrasiekamp by Brandfort genaamd Dwyersdorp so genoem omrede n Ier, kaptein Dwyer baie simpatie met die vroue en kinders gehad het. Van hulle het 1 550 egter gesterf.

                                     
  • Die Gereformeerde kerk Brandfort is n buitengewoon klein gemeente van die GKSA op die dorp Brandfort noordnoordoos van Bloemfontein, maar dit sluit ook
  • Die NG gemeente Brandfort is die moedergemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die Vrystaatse dorp Brandfort Die gemeente is in 1875 gestig
  • Rustenburg verbind via Brandfort Welkom, Bothaville, Klerksdorp en Ventersdorp. Die suidelike deel van die roete is n tolpad, met die Brandfort - tolplaza wat naby
  • Vrystaat, Suid - Afrika. Nedersettings in die munisipaliteit: Boipatong Brandfort Fora Joel Mine Lucerna Majwemasweu Masilo Mountain View Sandrivier Somerset
  • gaan. Dit gaan verby Soutpan en kruis die R700 - streeksroete, gaan deur Brandfort waar die R30 gekruis word en kruis dan die N1 - nasionale pad. Hierna gaan
  • sentraal - Vrystaat, Suid - Afrika. Tydens die apartheidera was Majemasweu waar die dorp Brandfort se Swart mense gewoon het. Volgens die 2011 - sensus het die nedersetting
  • Sebastian Basie Vivier 1 Maart 1927, Pietersburg 18 Oktober 2009, Brandfort was n Springbokrugbyspeler en Suid - Afrika se vier - en - twintigste Springbokkaptein
  • 1971 1998 aanvaar sy emeritaat van 1972 1973 in kombinasie met Brandfort Potgieter, Theunis Johannes, 1998 2008 Botha, Willem Jacobus, 2008
  • Ds. Jan Daniël Stulting Brandfort 16 Junie 1906 Ladismith, Kaap, 18 Januarie 1971 was n leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Jan Stulting