ⓘ Brandenburger SC Suid 05

                                     

ⓘ Brandenburger SC Suid 05

Brandenburger SC Suid 05 is n sportklub uit Brandenburg an der Havel in die deelstaat Brandenburg in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Benewens sokker het die klub ook onder meer afdelings vir kegelbal, kanovaart, fietsry, swem en vlugbal.

Die klub het op 13 Oktober 1905 ontstaan as Brandenburger BC 05 uit die samesmelting van twee ouer klubs genaamd Tasmania en Fußballclub Germania. Fußballclub Germania is in 1902 gestig en Tasmania het ontstaan toe n groep sokkerspelers van Fußballclub Germania weggebreek het.

In Oktober 1933 is Duitse sport deur die Nazi’s geherstruktureer en verskeie sportklubs in Brandenburg is gedwing om met die klub saam te smelt onder die benaming Brandenburger SC 05. Dié besluit het die klub aansienlik versterk en in 1937 het die klub gepromoveer na die Gauliga Berlyn-Brandenburg op die hoogste vlak van die destydse Duitse sokkerstruktuur. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind. Die klub is in 1945 heropgerig as Sportgemeinde Brandenburg-West. In 1948 is die naam verander na BSG Traktorwerke Brandenburg. Die volgende jaar het die klub met BSG Ernst Thälmann Brandenburg en BSG Konsum Brandenburg vroeer SG Brandenburg-Nord saamgesmelt om ZSG Werner Seelenbinder Brandenburg te vorm. In 1951 is ZSG herdoop na BSG Motor Süd Brandenburg.

Die klub se beste prestasie voor die hereniging van Duitsland was om die kwarteindrondte van die FDGB Pokal Oos-Duitse uitklopbeker in 1959 te haal. Na die Duitse hereniging in 1990 het die klub die naam Branderburger SC Süd 05 aangeneem en in 1991 het Chemie Premnitz by die klub aangesluit.

                                     
  • Spandauer SV Tennis Borussia Berlyn Reinickendorfer Füchse Brandenburger SC Suid 05 Greifswalder SV 04 Ludwigsfelder FC TSG Neustrelitz Germania
  • bestaan tans as die Duitse vyfde vlak: Noordoos - Noord NOFV - Nord Noordoos - Suid NOFV - Süd Duitse ligatabel - en statistiekdatabank Wêreldwye ligatabel
  • Spandauer SV Tennis Borussia Berlyn Reinickendorfer Vosse Brandenburger SC Suid 05 Greifswalder SV 04 Ludwigsfelder FC TSG Neustrelitz Germania
  • Oberliga Noordoos - Noord 2009 10 - seisoen Berlin AK 07 BFC Dynamo Brandenburger SC Suid 05 Energie Cottbus II SV Falkensee - Finkenkrug Greifswalder SV