ⓘ British Airways

                                     

ⓘ British Airways

British Airways PLC is die grootste lugredery in die Verenigde Koninkryk wat in April 1974 met die samesmelting van British Overseas Airways Corporation, British European Airways en hul dogtermaatskappye gevorm is. BA is oorspronklik as staatsonderneming bedryf en in 1987 geprivatiseer.

BA se belangrikste dogtermaatskappye sluit British Airways Associated Companies wat plaaslike en streekslugrederye asook hotelle bestuur en British Airways World Cargo, n verskaffer van verskeie pos-, koerier- en vragdienste, in. Die lugredery se hoofkwartier is naby Heathrow-lughawe in Harmondsworth in die Londense borough Hillingdon gesetel.