ⓘ Ferruccio Busoni

                                     

ⓘ Ferruccio Busoni

Ferruccio Busoni was n Italiaanse komponis, pianis, dirigent, skrywer en pedagoog. Hy staan veral bekend vir sy verwerkings van J.S. Bach se musiek. Sy internasionale loopbaan en reputasie het daartoe gelei dat hy nou saamgewerk het met baie van die voorste musikante, kunstenaars en literêre figure van sy tyd. Hy was n gesogte instrukteur in klavier en komposisie.

Busoni was van jongs af n uitstekende, tog soms kontroversiele pianis. Hy het aan die Universiteit van Musiek en Uitvoerende Kunste, Wene Weense konservatorium en daarna onder Wilhelm Mayer en Carl Reinecke gestudeer. Na kort tydperke waartydens hy in Helsinki, Boston en Moskou onderrig gegee het, het hy hom gewy aan komposisie en onderrig en getoer as virtuus pianis in Europa en die Verenigde State. Sy geskrifte oor musiek was invloedryk en het nie net estetika behandel nie, maar ook mikrotone en ander innoverende onderwerpe. Hy was vanaf 1894 in Berlyn gebaseer, maar het n groot deel van die Eerste Wêreldoorlog in Switserland deurgebring.

Hy het in sy vroee jare in n laat romantiese styl begin komponeer, maar na 1907, toe hy sy Skets van n Nuwe Estetika van Musiek gepubliseer het, het hy n meer individuele styl ontwikkel, dikwels met elemente van atonaliteit. Sy besoeke aan Amerika het gelei tot belangstelling in Noord-Amerikaanse inheemse melodiee, welke in sommige van sy werke weerspieel word. Sy komposisies sluit in klavierwerke, waaronder n monumentale Klavierconcerto, en verwerkings van andere se werke, veral J.S. Bach uitgegee as die Bach-Busoni Uitgawes. Hy het ook kamermusiek, sang- en orkeswerke en operas geskryf - waarvan een, Doktor Faust, onvoltooid gelaat is toe hy in Berlyn op 58-jarige ouderdom oorlede is.

                                     

1.1. Biografie Vroee loopbaan

Ferruccio Dante Michelangiolo Benvenuto is op 1 April 1866 in die Toskaanse dorp van Empoli gebore as die enigste kind van twee professionele musikante, Ferdinando, n klarinettis, en Anna gebore Weiss, n pianis. Kort daarna verhuis die gesin na Trieste. Ferruccio was n wonderkind, wat grootliks deur sy vader geleer is, en het op sewejarige ouderdom begin opvoerings gee en komponeer. In n outobiografiese opmerking lewer hy kommentaar: "My vader het min van die klavier geweet en was wisselvallig wat sy ritme betref, en derhalwe het hy vir sy tekortkominge vergoed met n onbeskryflike kombinasie van energie en erns." Busoni het op 24 November 1873 sy debuut as pianis in n konsert saam met sy ouers by die Schiller-Verein in Triest gemaak met die eerste beweging van Mozart se Klaviersonate No. 16 in C Majeur asook met stukke van Schumann en Muzio Clementi. Sy werk is op kommersiele vlak bevorder deur sy ouers met n reeks verdere konserte. Busoni het later van hierdie tydperk gesê: "Ek het nooit n jeug gehad nie." In 1875 het hy sy konsertdebuut gemaak met die speel van Mozart se Klavierconcerto No. 24.

Busoni het vanaf die ouderdom van nege tot elf jaar met behulp van n beskermheer aan die Universiteit van Musiek en Uitvoerende Kunste, Wene Weense konservatorium studeer. Sy eerste opvoerings in Wene is goed ontvang deur die kritikus Eduard Hanslick. In 1877 het Busoni vir Liszt hoor speel en is hy voorgestel aan die komponis, wat sy vaardigheid bewonder het. In die volgende jaar het Busoni n Concerto vir klavier en Strykkwartet gekomponeer wat uit vier dele bestaan. Nadat hy Wene verlaat het, het hy n kort rukkie in Graz onder die komponis Wilhelm Mayer studeer en n opvoering van sy eie komposisie, die Stabat Mater Op. 55 in die komponis se eie nommervolgorde BV 119, nou verlore in 1879 gedirigeer. Ander vroee stukke is ook in die tyd gepubliseer, insluitend toonsettings van die Ave Maria Opp. 1 en 2; BV 67" en enkele klavierstukke.

Hy is in 1881 verkies tot die Accademia Filharmonica van Bologna, wat hom die jongste persoon sedert Mozart gemaak het aan wie die eer te beurt geval het. In die middel 1880s was Busoni in Wene gevestig, waar hy vir Karl Goldmark ontmoet het en gehelp het om die stempartituur voor te berei vir Goldmark se opera getiteld Merlin uit 1886. Hy het ook vir Johannes Brahms ontmoet, aan wie hy twee stelle klavier études opgedra het. Brahms het vir Busoni aanbeveel om studies in Leipzig saam met Carl Reinecke te onderneem. In hierdie tydperk het Busoni homself onderhou deur opvoerings te gee, asook deur die finansiele steun van n beskermheer, die Baronin von Tedesco. Hy het ook voortgegaan om te komponeer en het sy eerste poging aangewend vir n opera getiteld, Sigune, waaraan hy van 1886 tot 1889 gewerk het voordat hy dit laat vaar het. Hy het beskryf hoe hy, geldloos in Leipzig, n beroep op die uitgewer Schwalm gedoen het om sy komposisies te neem. Schwalm het nie die aanbod aanvaar nie, maar gesê dat hy n fantasie wat gebaseer is op Peter Cornelius se opera Die Barbier van Baghdad vir vyftig Duitse mark sou aanvra, met n verdere honderd mark na voltooiing daarvan. Die volgende oggend het Busoni by Schwalm se kantoor opgedaag, en terwyl hy die voltooide werk oorhandig, vir 150 mark gevra en gesê: "Ek het van negeuur in die nag tot halfvier sonder n klavier gewerk, en sonder voorafgaande kennis oor die opera."

                                     

1.2. Biografie Helsingfors, Moskou en Amerika 1888–1893

In 1888 het die musikoloog Hugo Riemann vir Busoni aanbeveel by Martin Wegelius, die direkteur van die Sibelius Akademie Instituut vir Musiek in Helsingfors, vir die vakante pos as gevorderde klavierinstrukteur. Dit sou Busoni se eerste permanente pos wees. Onder sy kollegas en medewerkers was daar die dirigent en komponis Armas Järnefelt, die skrywer Adolf Paul en die komponis Jean Sibelius, met wie hy n voortgesette vriendskap sou smee. Paul beskryf Busoni in hierdie tyd as n klein, skraal Italianer met n baard, grys oe, jonk en vrolik, met. n klein ronde keps wat trots sit op sy dik krulhare".

Busoni het tussen 1888 en 1890 ongeveer dertig klavieropvoerings en kamerkonserte in Helsingfors gegee; Onder sy komposisies in hierdie tydperk was n stel Finse volksliedjies vir klavierduet Op. 27. In 1889, terwyl op besoek was aan Leipzig, het hy n opvoering voor die orrel gehoor van Bach se Toccata en Fuga in D mineur, BWV 565, en is hy deur sy leerling Kathi Petri - die moeder van sy toekomstige leerling Egon Petri, toe nog net vyf jaar oud, oorgehaal om dit te transkribeer vir klavier. Busoni se biograaf Edward Joseph Dent skryf soos volg: "Dit was nie slegs die begin van skepping was." In Maart van dieselfde jaar het Busoni teruggekeer na Helsingfors en sy toekomstige vrou, Gerda Sjöstrand, die dogter van die Sweedse beeldhouer Carl Eneas Sjöstrand, ontmoet en binne n week aan haar verloof geraak. Hy het sy werk Kultaselle Afrikaans: "Aan die geliefde" vir tjello en klavier vir haar gekomponeer BV 237; in 1891 gepubliseer sonder n opusnommer.

In 1890 publiseer Busoni sy eerste uitgawe van Bach-werke. In dieselfde jaar het hy die prys vir komposisie gewen met sy Konzertstück vir klavier en orkes Op. 31a BV 236, tydens die eerste Anton Rubinstein-kompetisie wat deur Anton Rubinstein self geïnisieer is by die St. Petersburg Konservatorium. As gevolg hiervan is hy genooi om n besoek aan die Moskouse Konservatorium te bring. Gerda het by hom aangesluit en hulle is dadelik getroud. Sy eerste konsert in Moskou, waartydens hy Beethoven se Klavierconcerto nr. 5 Keiser opgevoer het, is hartlik ontvang. Maar Moskou het die Busonis egter nie welgeval nie, beide om finansiele sowel as professionele redes; Busoni het uitgesluit gevoel vanwee sy nasionalistiese Russiese kollegas. Toe Busoni dus n uitnodiging van William Steinway ontvang het om les te gee aan die New England Conservatory of Music in Boston, was hy bly om van die geleentheid gebruik te maak, veral omdat die dirigent van die Boston Simfonieorkes op daardie stadium Arthur Nikisch was, wat hy reeds sedert 1876 geken het toe hulle saam opgetree het tydens n konsert in Wene.

Busoni se eerste seun, Benvenuto bekend as Benni, is in 1892 in Boston gebore, maar die ervaring van Busoni aan die New England Conservatory was onbevredigend. Hy het na n jaar bedank en n reeks opvoerings regoor die Oostelike VSA van stapel gestuur.

                                     
  • musiekkompetisies. Dit sluit die Cortot - Rubinstein - Internasionale Ferruccio Busoni - 1984: 3de prys en die ARD Musiekkompetisie in 1987: 2de prys
  • filosoof, historikus, literatuurkritikus en politikus 1952 1 April Ferruccio Busoni Italiaanse pianis, komponis, dirigent, skrywer, verwerker van musiek
  • chemikus 1766 1908 Paul Homeyer, Duitse orrelis 1853 1924 Ferruccio Busoni Italiaanse pianis, komponis, dirigent, skrywer, verwerker van musiek
  • se maniërismes aangeleer, waarvan baie deur die pianis en komponis Ferruccio Busoni opgemerk is nadat hy hom in 1883 hoor speel het. Friedheim het ook
  • die grootste fiksieskrywers van die 20ste eeu 1883 27 Julie Ferruccio Busoni Italiaanse pianis, komponis, dirigent, skrywer, verwerker van musiek
  • 1859 G.R. von Wielligh, Suid - Afrikaanse skrywer 1932 1866 Ferruccio Busoni Italiaanse pianis, komponis, dirigent, skrywer, verwerker van musiek
  • Kamerorkes van Europa gedirigeer deur Nikolaus Harnoncourt, Teldec Ferruccio Busoni Turandot, Okt. 1993, Berliner Rundfunk - Sinfonie - Orchester gedirigeer
  • Kun Woo Paik is n wenner van die Walter W. Naumburg Stigting en die Ferruccio Busoni Internasionale Klavierkompetisie. 2012 Brahms Intermezzi - DG 2010
  • Konservatoria betree. Daar het hy klavier by Paolo Denza, n leerling van Ferruccio Busoni en harmonie en kontrapunt by Achille Longo, studeer. Hy het op 16 - jarige
  • van sestien beide die Genève Internasionale Musiekkompetisie en die Ferruccio Busoni Internasionale Kompetisie binne drie weke van mekaar gewen. Dit was
  • verwaardeloos geraak, en was dit ondersteun deur slegs n paar musikante soos Ferruccio Busoni Egon Petri en Kaikhosru Shapurji Sorabji. Vanaf die laat 1960 s was