ⓘ Brakrivier (Karoo)

                                     

ⓘ Brakrivier (Karoo)

In die Bo-Karoo verwys die naam Brakrivier na etlike strome in twee verskillende maar aanliggende opvangsgebiede. Die dorp Loxton is op die waterskeiding tussen die twee opvangsgebiede gelee, met die boloop van een Brakrivier wes van die dorp, en die boloop van die ander, oos daarvan. Vir die doeleinde van hierdie artikel word hulle onderskei as die Brakrivier, sonder noemenswaardige bolope, en die Brakrivier, met die Klein-Brakrivier, Brakrivier, Brakrivier en Brakpoortrivier as enkele bolope.

                                     

1. Brakrivier wes

Die Brakrivier wes ontspring naby Loxton en is n boloop van die Sakrivier. Dit loop van Loxton af suidweswaarts tot by die samevloeiing. Die Sakrivier syfer eindelik noord van Brandvlei uit in die Grootvloer, n groot pan in Boesmanland. Voorgenoemde twee riviere is die tuiste van die oewerkonyn.

                                     

2. Brakrivier oos

Die Brakrivier oos het verskillende bolope wat ook as Brakrivier bekend staan, en waarvan een die Klein-Brakrivier naby Loxton ontspring. Ver stroomaf vorm die Brakrivier oos, stroomop van Prieska, n sytak van die Oranjerivier.

Oos van Loxton ontspring die Klein-Brakrivier in die Kwaggashoogte 1 603 m, en loop dan deur die Paleydam en Aspelingdam in die omgewing van die vakansieplaas Melton Wold. Die Klein-Brakrivier word stroomaf die Brakrivier Loxton, wat eindelik in die Ongersrivier loop, n linkersytak van die Brakrivier oos.

n Ander boloop, ook Brakrivier Victoria-Wes genoem, ontspring in o.m. die Wolweberg 1 641 m wes van Victoria-Wes, en vloei dan deur voorgenoemde dorp. In die nag van 27 Februarie 1871 was daar n wolkbreuk in die berge 18 km suidwes van die dorp. Die rivier het in n vloedgolf sy oewers oorstroom, totale chaos in die pikdonker nag in die dorp veroorsaak. Mense en vee is meegesleur, en goedere en geboue is verniel. Minstens 60 mense het omgekom. In 1908 het die rivier weer die dorp oorstroom en aansienlike skade aangerig.

Die Brakrivier Victoria-Wes en die Brakpoortrivier vloei saam om die Visgatrivier te vorm, wat op sy beurt n sytak van die Ongersrivier vorm, wat dan in die Smartt-sindikaatdam vloei. Onder hierdie dam vloei die Ongers verder noordwaarts en sluit dan naby Biega se Berg 1 102 m aan by die Brakrivier oos, wat in n gebied suidwes van De Aar ontspring. Die Brakrivier oos vloei 15 km noordoos van Prieska in die Oranjerivier.

                                     

3. Bibliografie

  • Lötter, Daniel: Die grootpad is n grondpad - n koffiekuier by Karoomense. Pretoria: Protea Boekhuis, 2020. ISBN 978-1-4853-1116-4
  • Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 2. Kaapstad: Nasou, 1970.
  • Walton, Christopher red.; OHagan, Tim medered. 1984. Readers Digest Atlas of Southern Africa. Kaapstad: Readers Digest Association South Africa. pp. 102, 119. ISBN 0-947-008-02-0
  • Green, Lawrence G.: Karoo. The story of the Karoos of South Africa – the Great Karoo, the Little Karoo and the far corners of the North West Cape and Namaqualand. Kaapstad: Howard Timmins, 1955.
                                     
  • n boloop van die Brakrivier Bo - Karoo sytak van die Oranje. Brakrivier Bo - Karoo n sytak van die Oranje. Brakrivier Bo - Karoo n sytak van die Sakrivier
  • Die Brakrivier vloei van wes na oos om net wes van Plathuis by Ladismith in die Klein - Karoo by die Touwsrivier aan te sluit. Dit is nagenoeg by 33 37
  • tot 8 164 in 2007 afgeneem, maar weer tot 11 202 in 2008 toegeneem. Brakrivier Karoo NG gemeente Victoria - Wes Lys van dorpe in Suid - Afrika Chronological
  • dubbelsinnigheidsblad by Olifantsrivier. Die Olifantsrivier loop in die Klein Karoo en sy water vloei via die Gouritsrivier na die Indiese Oseaan. Die Olifantsrivier
  • die A.J. van der Vyverbrug. Agtereenvolgens sluit stroomafwaarts die Brakrivier Bosvlakterivier, Doringrivier en die Brandrivier aan. Net na die aansluiting
  • Kammanassiedam en sluit 2 km oos van Oudtshoorn by die Olifantsrivier, Klein Karoo aan. Brakrivier Kammanassie Dieprivier Langkloof en Potjiesrivier by die Potjiesberg
  • Die Ongersrivier is n rivier van die Bo - Karoo en n sytak van die Brakrivier wat naby Prieska in die Oranjerivier loop. Die Ongersrivier word soms standhoudend
  • Gouritsrivier. Die Grootrivier dreineer die westelike deel van daardie deel van die Karoo wat in die Wes - Kaapprovinsie val. Die Grootrivier ontstaan deur die samevloeiing
  • gesertifiseerde strande, by name Santosstrand, De Bakke, Hartenbosstrand, Klein - Brakrivier en Glentanastrand. Die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias sit hier op
  • suidelike Karoo Hier is die enigste grond geskik vir hul gate. Teenswoordig kom die diere nog slegs voor op die oewers van die Brakrivier tussen Beaufort - Wes
  • Duiwenhoksrivier Heidelberg en Mosselbaai. In die omgewing van Groot - Brakrivier word hy getref deur die duisende flaminke by die riviermond. By Pampoenkraal