ⓘ Brackenhill-waterval

                                     

ⓘ Brackenhill-waterval

Die Brackenhill-waterval is in n denneplantasie oos van Knysna in die rigting van Plettenbergbaai aan die Tuinroete.

Die waterval is in die riviertjie wat uitmond by Noetzie en lê tussen die Kruisfontein-bosboustasie en Harkerville, net suidwes van die Tuin van Eden en 3 km suid van die N2-nasionale pad. Dit bestaan uit n reeks stroomversnellings en laastens n behoorlike waterval.

                                     

1. Bibliografie

  • Burman, Jose: Coastal holiday – a guide to South African seaside resorts. Kaapstad: Human & Rousseau. 1978. ISBN 0-7981-0881-9