ⓘ Buikvlies

                                     

ⓘ Buikvlies

Die buikvlies is die weivlies wat die buikholte in Amniota en sommige ongewerweldes, soos ringwurms, uitvoer. Dit bedek die meeste van die organe in die abdomen en bestaan uit ’n laag mesoteel en ’n dun laag bindweefsel. Dit ondersteun baie van die organe en dien as toevoerkanaal vir hul bloedvate, limfvate en senuwees.

Die buikholte verskil van die intraperitoneale ruimte wat in die buikholte gelee is, maar deur die buikvlies omsluit word. Laasgenoemde sluit in die maag en ingewande. Die strukture in die buikholte wat agter die buikvlies lê, word retroperitoneaal genoem soos die niere en die strukture wat onder die intraperitoneale ruimte lê, word subperitoneaal of infraperitoneaal genoem soos die blaas.

Net soos die longe en die hart is die meeste buikorgane bedek met n sereuse vlies peritoneum. Dit bestaan uit twee lae met n bietjie vog daartussen, waardeur dit oor mekaar kan gly en volumeveranderinge en bewegings van die ingewande moontlik kan maak.

Daar word onderskei tussen n parietale peritoneum, wat teen die buikwand lê, en n visserale peritonium, wat teen die organe lê. Elke orgaan wat met peritoneum bedek is, is aan die buikwand spiere en huid vas deur middel van n "ophangband", wat uit twee lae buikvlies met bindweefsel tussenin bestaan. Via die "op hang band" kan bloed, limfvate en senuwees die ingewande bereik.

Die "ophangband" van die jejunum en ileum word n mesenterium genoem. Die duodenum net soos die niere is ʼn retroperitoneale orgaan agter die peritoneum gelee. Die "ophangband" van die maag en die transverse kolon is met mekaar vergroei tot n vierdubbele laag. Die omentum majus groot net is lank en hang soos n afskeiding tussen die derms en buikvlies.

Dit is gewoonlik met vetlobules bedek. Indien baie vog in die ruimte tussen die parietale en visserale pleura op hoop, dit wil sê in die peritoneale ruimte, word van hierdie toestand as n waterbuik of askites gepraat.

                                     

1. Eksterne skakels

  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409672, volume 26, bl. 138, 139
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Buikvlies.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
                                     
  • deur die werwelkolom en rugspiere. Die geheel is met die wandstandige buikvlies beklee. Die organe van die buikholte is: maag lewer met galblaas milt