ⓘ Buite-Mongolië

                                     

ⓘ Buite-Mongolië

Buite-Mongolie was n politieke onderafdeling van die Qing-ryk. Dit het bestaan uit die volgende vier provinsies, van oos na wes:

  • Chechen Khan Chechen Khan, Setsen Khan
  • Jasaghtu Khan Jasaghtu Khan, Zasagt Khan
  • Sayin Noyan Khan Sayin Noyan Khan, Sain Noyon Khan
  • Töshiyetü Khan Töshiyetü Khan, Tüsheet Khan

Die term word vandag soms steeds gebruik om na die land Mongolie te verwys omdat die grondgebied grootliks daarmee ooreenstem. Die historiese definisie het ook Tannu Uriankhai ingesluit, waarvan die grootste deel die huidige Republiek Tiwa in die Russiese Federasie beslaan. Dit het egter nie die moderne Mongoolse provinsies Khovd en Bayan-Ölgii ingesluit nie.

Die naam Buite-Mongolie staan teenoor Binne-Mongolie 内蒙古; Nèi Měnggǔ, vandag n Mongoolse outonome gebied van die Volksrepubliek China. Die terme Buite- en Binne-Mongolie is administratiewe terme wat deur die Qing-disnastie 1644–1911 geskep is. Mongole self gebruik terminologie wat na die liggaam verwys, naamlik Övor "boesem" vir Binne-Mongolie en Ar "rug" vir Buite-Mongolie.

Die Republiek China Taiwan het nie grondwetlik die land se aanspraak op Buite-Mongolie laat vaar nie. Artikel 3 van die" Toespassingsreels vir die Wet wat die verhoudings tussen die mense van die Taiwan gebied en die vasteland gebied bepaal”, wat op 30 Januarie 2002 van krag geword het, is aangepas om Buite-Mongolie van die vastelandgedeelte uit te sluit.