ⓘ 1. FC Schwalmstadt

                                     

ⓘ 1. FC Schwalmstadt

1. FC Schwalmstadt is n sokkerklub uit Schwalmstadt in die deelstaat Hessen in Duitsland. Die huidige Schwalmstadt het in 1970 ontstaan met die amalgamasie van verskeie dorpies, onder meer Treysa en Ziegenhain.

Die huidige klub het in 2003 ontstaan met die samesmelting van die sokkerafdelings van die sportklubs SV Jahn 1871 Treysa en TuSpo 1886 Ziegenhain.

SV Jahn 1871 Treysa is in 1871 amptelik gestig as Turnverein Treysa. In 1921 is daar met Eisenbahnerverein Treysa saamgesmelt. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub op 17 Julie 1946 herstig met die huidige naam.

TuSpo 1886 Ziegenhain het in 1886 ontstaan as Turnverein Ziegenhain. In 1951 het die klub met Sportverein Rot-Weiß Ziegenhain saamgesmelt om Turn- und Sportverein Ziegenhain te vorm. Die klub het tussen 1979 en 1988 in die Oberliga Hessen meegeding. TuSpo het ook die eerste rondte van die DFB-Pokal in 1982 gehaal.

Die klub gebruik tans beide sy voorgangers se tuisvelde om sy tuiswedstryde op te speel.

                                     
  • 1 FC Eschborn is n sokkerklub uit Eschborn in die deelstaat Hessen in Duitsland. Die klub is op 10 September 1930 gestig, maar na die Tweede Wêreldoorlog
  • 1 FC Germania 08 Ober - Roden is n sportklub uit Rödermark in die deelstaat Hessen in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het
  • FC Beiere Alzenau is n sokkerklub uit Alzenau in die deelstaat Beiere in Duitsland. Alhoewel Alzenau in Beiere lê, is die klub ingedeel in die Oberliga
  • van die in 1901 gestigte FC Aschaffenburg en die 1902 gestigte FC Viktoria Aschaffenburg en het aanvanklik bekend gestaan as FC Viktoria 01. Twee jaar later
  • die deelstaat Hessen. Die klub is in 1904 gestig as FC Borussia 1904 Fulda en in 1923 herdoop na 1 SV Borussia Fulda. In 1933 is Duitse sokker geherorganiseer
  • klub met FG Phönix Bad Vilbel saamgesmelt onder impuls van die Derde Ryk om FC Phönix Bad Vilbel te word. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub met die
  • deurgebring. Die klub se toeskouerrekord van 27 000 is in daardie seisoen teen 1 FC Neurenberg opgestel. Die klub se grootste na - oorlogse prestasie was om die
  • in 1945 herstig is. In 1948 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as FC Waldgirmes, maar in 1952 is daar weer met SG Waldgirmes saamgesmelt om die
  • prestasie in 2005 behaal deur na die Oberliga Hessen te promoveer. Die klub staan sedert 1 Julie 2007 bekend as FSV 1926 Fernwald. Amptelike klubwerf
  • Frankfurt Hünfelder SV VfB Marburg 1 FC Schwalmstadt Kickers Offenbach II TSV Eintracht Stadtallendorf FC Viktoria 09 Urberach OSC Vellmar
  • Hessen in Duitsland. Würges is n stadsdeel van Bad Camberg. Die klub is op 1 Augustus 1920 gestig as Fußball Verein Teutonia Würges. Teen 1922 was die