ⓘ Bryce Courtenay

                                     

ⓘ Bryce Courtenay

Bryce Courtenay was n Suid-Afrikaansgebore skrywer. Hy is veral bekend vir sy wêreldwye topverkoper, The Power of One. Courtenay het die grootste deel van sy volwasse lewe in Australie deurgebring en word as een van dié land se topverkoper outeurs beskou. Sy ander boeke sluit in The Night Country, Solomon’s Song, The Persimmon Tree, Sylvia en Jack of Diamonds.

                                     

1. Lewensloop

Arthur Bryce Courtenay is op 14 Augustus 1933 in Johannesburg in die Unie van Suid-Afrika gebore. Hy woon die grootste deel van jy kinderjare in n klein dorpie in die Lebomboberge en woon later die King Edward VII Skool in Johannesburg by.

Courtenay ontmoet sy toekomstige vrou in 1955 terwyl hy joernalistiek in Londen studeer. Hulle emigreer in 1958 na Sydney en trou in 1959. Hulle het drie seuns gehad, Brett, Adam en Damon.

In 1989 is sy eerste romans, The Power of One uitgegee. Die roman is ook verfilm en in 1992 met die roman Tandia opgevolg.

Op 1 April 1991 is sy seun Damon wat met hemofilie gebore is op 24-jarige ouderdom aan Vigs-verwante komplikasies oorlede, wat hy met n bloedoortapping opgedoen het.

In September 2012 kondig Courtenay aan dat hy aan terminale maagkanker ly en dat Jack of Diamonds sy laaste boek sal wees. Courtenay is op 22 November 2012 in Canberra, Australie oorlede. Hy was 72 jaar oud.

                                     

2. Bibliografie

Die Afrika-romans

  • The Power of One: Young Readers Edition 1999
  • Whitethorn 2005
  • The Power of One 1989
  • The Night Country 1998
  • Tandia 1992

Die Australiese Trilogie

  • The Potato Factory 1995
  • Tommo & Hawk 1997
  • Solomons Song 1999

Ander fiksie

  • Fortune Cookie 2010
  • Jack of Diamonds 2012
  • Sylvia 2006
  • Brother Fish 2004
  • Four Fires 2001
  • Matthew Flinders Cat 2002
  • Jessica 1998
  • Smoky Joes Cafe 2001
  • The Family Frying Pan 1997
  • A Recipe for Dreaming 1994
  • The Story of Danny Dunn 2009
                                     
  • Taylor Coleridge Michael G. Coney William Congreve James Fenimore Cooper Jilly Cooper Douglas Coupland Bryce Courtenay Michael Crichton E.E. Cummings
  • 1940 - ontvang die 2003 Nobelprys vir Letterkunde Jeremy Cronin Bryce Courtenay ook verbind met Australië Patrick Cullinan Achmat Dangor Ingrid de