ⓘ Brandnetel

                                     

ⓘ Brandnetel

Die brandnetel se naam is toe te skryf aan die talle brandhare aan die plant, wat by aanraking taamlik pyn en n lastige gejeuk veroorsaak. Hoewel die brandnetel alombekend is in Suid-Afrika, is dit nie n inheemse plant nie, maar afkomstig uit Europa. Daar is hier egter ’n groot verskeidenheid plante wat tot dieselfde familie Urticeae behoort en onder die orde Urticales saamgegroepeer word. In Suid-Afrika is die bekendstes onder hulle die bergbrandnetel, Kamdeboostinkhout, dagga en vye- en moerbeibome. Kenmerkend vir hierdie plantorde is dat die plante dieselfde blom eienskappe het.

                                     

1. Groepering

Die orde Netelplante Urticales bestaan uit vier families met altesame sowat 2 000 spesies. Die families is Urticeae brandnetels. Ulmaceae wat onder meer die Europese iep en die Suid-Afrikaanse inheemse Kamdeboostinkhout insluit, die Cannabinaceae wat hop en dagga insluit, en Moraceae waaronder vye- en moerbeibometel.

Op die oog af lyk dit of hierdie families hemelsbreed van mekaar verskil. Die rede waarom hulle saamgegroepeer word, is dat hulle blomme almal dieselfde kenmerke het. Die blomme se kelke en krone lyk baie eenders en vorm saam die blomdek. Elke blom het vier tot ses blomdekblare en dieselfde aantal meeldrade. Die vrugbeginsel is bostandig, met net een saadknop wat of in n dopvrug of in n steenvrug ontwikkel.

                                     

2. Brandnetel

Twee soorte brandnetels is wêreldwyd verspreid, naamlik die klein brandnetel Urtica urens en die groot brandnetel Urtica dioica, en is in Suid-Afrika so volop dat dit dikwels as inheems aanvaar is. Dit is egter n Europese plant waarvan die saadjies saam met n saadbesending na Suid-Afrika gekom het en wat daarna vinnig versprei het. Tog kry n mens inheemse plantsoorte wat tot dieselfde familie behoort, byvoorbeeld die berg brandnetel Urera tenax, wat veral in die Transvaalse Laeveld aangetref word.

Brandnetels word gekenmerk deur die sogenaamde brandhare wat die blare en stingels bedek. Die blare is grof en die blommetjies is klein en onopvallend en word deur die wind bestuif. Die haartjies het baie skerp punte wat verhard is met silika. Die onderste deel van die haar is hol en gevul met n miersuurvog.

As die haartjies aangeraak word, dring die skerp punte deur die vel en breek af, en dan vloei die vog uit. Dit kan vir n kort rukkie ligte blasies veroorsaak wat pynlik is. Die pyn kan verlig word deur n bietjie ammoniak aan te smeer. Verskeie tropiese brandnetels kan egter ernstige siektes veroorsaak.

                                     
  • is n meerjarige plant, 10 cm tot 1 m in hoogte. Die stingels is met brandnetel - agtige stekels bedek yl op sommige plante, maar dig op mekaar op ander
  • preserveer, insluitend roet en sampioene. Meer algemeen is ander kruie soos brandnetel gebruik, wat verwant is aan hops. Die straf vir die maak van n onsuiwer
  • Enkele voorbeelde van plante wat as onkruid gesien kan word: boetebossie brandnetel dodder dubbeltjie kakiebos selonsroos stinkblaar swartwattelboom trompetblom
  • word vir stopsel. Die vesel van pulphoutbome, katoen, rys, hennep, en brandnetel word gebruik vir die maak van papier. Katoen, vlas, jute, hennep en selfs
  • tree 159 Angeliersuikerbos Protea punctata Water sugarbush 94.1 Angola brandnetel Obetia carruthersiana Angola nettle 69 Apiesdoring Acacia galpinii Monkey
  • Braamwortel Brakbos Atriplex vestitia Brandblare Brandkruid Acalypha indica Brandnetel Urtica dioica Brandneukel Brongras Bronkorsslaai Brood - en - botter Broodwortel