ⓘ Bristol Bulldog

                                     

ⓘ Bristol Bulldog

Die Bristol Bulldog was n enkelsitplek, dubbeldekker vegvliegtuig wat deur die Britse Lugmag gebruik is tussen die twee Wêreldoorloe. Hierdie vliegtuig was ontwikkel na aanleiding van n spesifikasie van die Britse Lugministrie wat n enkelsitplek dag-en-nag vegter met twee Vickers-masjiengewere gespesifiseer het. Die Merk I was gebou vir ontwikkeling en Merk II het die Armstrong Whitworth Siskins en Gloster Gamecocks vervang. Die eerste Bulldogs was toegeken aan 3 Eskader in Junie 1929 te Upavon. Die hele raamwerk was van metaal wat met materiaal oorgetrek was. Die stertwiel het n skokbreker gehad, daar was suurstof vir die vlieenier asook n kortgolf tweerigting radio. Teen 1932 was 10 Eskaders toegerus met die Bulldog en was dit die standaard vegvliegtuig tot in 1936. Die 312 vliegtuie in gebruik was op daardie stadium sowat 70% van Brittanje se lugverdedigings vermoe. Die laaste Bulldog was in 1937 onttrek uit diens en vervang met die Gloster Gauntlet. Baie van die vliegtuie was uitgevoer na Australie, Denemarke, die destydse Siam, Swede, Estonie en Finland. n Tweesitplek opleidings vliegtuig is ook gebou.