ⓘ Brisbane

                                     

ⓘ Brisbane

Brisbane is die hoofstad en grootste stad van die deelstaat Queensland in die ooste van Australie. Die metropool van Brisbane het n bevolking van ongeveer 2 miljoen mense. Die sakekern van die stad staan vandag waar die oorspronklike nedersetting in n kronkel van die Brisbanerivier, sowat 23 kilometer vanaf die monding te Moretonbaai, gevestig was. Die metropoolse gebied strek in alle rigtings langs die vloedvlakte van die Brisbane-riviervallei tussen die baai en die Groot Skeidingsgebergte. Die stad word deur verskeie munisipaliteite bestuur maar is hoofsaaklik gesetel rondom die Brisbane Stadsraad wat jurisdiksie het oor die grootste gebied en bevolking in Brisbane en is ook Australie se grootste plaaslike regeringsowerheid ten opsigte van bevolking.

Brisbane is vernoem na die rivier waarlangs dit gebou is, wat op sy beurt vernoem is na Sir Thomas Brisbane, die Goewerneur van Nieu-Suid-Wallis tussen 1821 tot 1825. Die eerste Europese nedersetting in Queensland is in 1824 gestig en was n strafkolonie te Redcliffe, sowat 28 km noord van die Brisbane se huidige sakekern. Daardie nedersetting is kort daarna verlaat en geskuif na Brisbane se North Quay Noordelike kaai in 1825. Vrye setlaars is vanaf 1842 toegelaat om hulle daar te vestig. Brisbane is gekies as die hoofstad van Queensland toe dit in 1859 as n aparte Britse kolonie van Nieu-Suid-Wallis verklaar is.

Die stad het n kernrol gespeel tydens die Geallieerde magte se veldtog in die Tweede Wêreldoorlog en het gedien as die Suid-Westelike hoofkwartiere van Generaal Douglas MacArthur vir die Stille Oseaan-gebied. Brisbane was ook die gasheer vir verskeie groot kulturele en sportgeleenthede. Die stad is ook gelys as die 16 de mees leefbare stad in die wêreld deur The Economist in 2009.

                                     

1. Geskiedenis

Voor Europese nedersetting was die gebied rondom Brisbane bewoon deur die Turrbal- en Jagera-stamme, wat afstammelinge was van mense wat na die streek gemigreer het oor die Straat van Torres.

Die Moretonbaai-gebied was aanvanklik deur Matthew Flinders verken. Op 17 Julie 1799 het Flinder aan wal gegaan by die hedendaagse Woody Point, wat hy toe "Red Cliff Point" gedoop het as gevolg van die rooikleurige kranse wat vanaf die baai sigbaar is. In 1823 het Thomas Brisbane, die destydse goewerneur van Nieu-Suid-Wallis, opdrag gegee dat n nuwe noordelike strafkolonie ontwikkel word en is n verkenningsgeselskap onder leiding van John Oxley gestuur om die Moreton Bay-gebied verder te verken.

Oxley het die Brisbane-rivier sy naam gegee en die rivier tot sover as Goodna verken, wat sowat 20 km stroomop vanaf die huidige sakekern gelee is. Oxley het Red Cliff Point aanbeveel vir die nuwe kolonie, aangesien skepe met enige gety sou kon vasmeer en maklik naby die oewer sou kon kom. Op 13 September 1824 het n geselskap onder bevel van luitenant Henry Miller saam met 14 soldate - sommige met vroue en kinders - en 29 gevangenes hulself in Redcliffe gevestig. Die nedersetting is egter n jaar later ontruim en geskuif na n plek langs die Brisbane-rivier wat tans as North Quay bekend staan, sowat 28 km ter suide daarvan omdat n meer betroubare waterbron daar beskikbaar was. Die nuwe nedersetting het eers as Edenglassie bekend gestaan voor dit herdoop is tot Brisbane.

Brisbane was een van die Australiese gasheerstede tydens die Rugbywêreldbeker 1987, Krieketwêreldbeker 1992, Rugbywêreldbeker 2003 en Krieketwêreldbeker 2015.

                                     
  • Brisbane kan na een van die volgende verwys: Brisbane Queensland, die hoofstad en grootste stad van die deelstaat Queensland in Australië. Brisbane Skotland
  • Die Brisbane Botaniese Tuine voorheen die Mount Coot - tha Botaniese Tuine is 7 kilometer 4.3 myl van die Brisbane Sentrale Sakegebied SSG in Toowong
  • in Brisbane Australië, wat vir rugby, rugby league en sokker aangewend word. Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2003. Sokkerwedstryd tussen Brisbane Roar
  • Die Brisbane - krieketveld, algemeen bekend as The Gabba, is n groot sportstadion in Brisbane die hoofstad van Queensland, Australië. Die bynaam Gabba
  • wedstryd gespeel is Geen dagligbesparing in Brisbane Geen dagligbesparing in Brisbane Geen dagligbesparing in Brisbane Paasnaweek Sondag 31 Maart eindig dagligbesparing
  • Mount Coot - tha, wat 287 m bo seespieël is, het die hoogste piek in Brisbane Queensland, Australië. Mount Coot - tha vorm die oostelike gedeelte van die
  • steeds jaarliks herdenk word as Queenslanddag. Die gebied wat tans as Brisbane bekend staan was voorheen die Moreton Bay - strafkolonie gewees wat bedoel
  • dagligbesparing in Perth & Brisbane Geen dagligbesparing in Brisbane Geen dagligbesparing in Perth & Brisbane Geen dagligbesparing in Brisbane Geen dagligbesparing
  • Die Ballymorestadion is n stadion in Herston, n voorstad van Brisbane in Queensland, Australië, wat vir sport en kulturele aangeleenthede aangewend word
  • Geen somertyd in Brisbane Geen somertyd in Perth. Geen somertyd in Brisbane Geen somertyd in Brisbane en Perth. Geen somertyd in Brisbane Paasnaweek Geen