ⓘ Buick

                                     

ⓘ Buick

Buick is n Amerikaanse motorvoertuig wat deur General Motors vervaardig word. Die naam word uitgespreek as "Bjoewik". Hierdie voertuie is van 1903 deur die Buick-motormaatskappy gebou, wat later tot die stigting van GM sou lei. Dit is n luukse motor met uitstekende werkverrigting en waarde. Ná die beeindiging van die Saturnus-handelsmerk het GM aangekondig dat die Buick se stilering op die Duitse Opel gebaseer sal wees.

                                     

1. Geskiedenis

David Dunbar Buick is op 17 September 1854 in Skotland gebore. Toe hy twee jaar oud was emigreer hy met sy ouers na Detroit in die Verenigde State. In 1869 begin hy te werk by n besigheid wat loodgietersprodukte maak. Die maatskappy het in 1882 probleme ondervind, waarna hy en n medewerker dit oorneem. Buick was ook die uitvinder van onder meer die tuinsproeier en n goedkoper metode om gietyster met glasuur te bedek. Met hierdie innoverings het die besigheid onder hul bestuur gedy.

In die 1890s raak Buick geïnteresseerd in die binnebrandenjin. In 1899 verkoop hy sy aandeel in die besigheid vir $100 000 en begin hy die Buick Auto-Vim and Power Company. Hier het hy hom veral op stilstaande enjins toegespits. Later begin hy ook met motorkarre, maar sy geld raak op, en slegs een kar is gebou.

In 1902 stig hy die Buick Manufacturing Company met die bedoeling om enjins en motors te bou en te verkoop. Teen die einde van die jaar was sy geld egter weer op. Hierdie keer kon hy darem twee karre lewer. Tog het hy die kopklepmotor uitgevind, wat beter werkverrigting as die syklepmotor gelewer het. In 1903 leen Buick $5000 van n vriend, waarmee hy op 19 Mei 1903 die Buick Motor Company in Flint, Michigan, oprig.

Buick verkoop later die besigheid aan James Whiting, wat William Durant kry om die maatskappy te lei. Dit was die einde van Buicks se betrokkenheid by die maatskappy. Onder Durant se leierskap het dit egter tot die grootste motorvervaardiger van die Verenigde State uitgebrei. In 1908 word die winste gebruik om General Motors te stig met Buick-motors as n dogtermaatskappy.

                                     
  • vervaardig word. Dit dra die embleem Opel Astra in die Verenigde Koninkryk en Buick Excelle XT in China. Die Holden Astra is gestaak in Australië en Nieu - Seeland
  • staan bekend as die Vauxhall Insignia in die Verenigde Koninkryk en as die Buick Regal in China en Noord - Amerika. Daar is beplan om die Insignia in Australië
  • van Zyl is Paul se pa. Voor sy dood was hy n taxi - bestuurder in sy 1948 Buick Special. Hy sterf nadat n aar in sy kop gebars het. Anna van Zyl née Meyer
  • produseer voertuie in 37 lande onder dertien handelsmerke: Alpheon, Chevrolet, Buick GMC, Cadillac, Holden, HSV, Opel, Vauxhall, Wuling, Baojun, Jie Fang, en
  • 1956: The Opposite Sex 1957: Designing Woman 1950: Lucky Dip 1952: The Buick Circus Hour 1963: Doctor Who Dolores Gray in die Internet - rolprentdatabasis
  • Myself and I 1948: Texaco Star Theatre 1949: Ruthie on the Telephone 1995: The Buick Berle Show, 1954 Ruth Gilbert in die Internet - rolprentdatabasis
  • The Nutty Professor 1966: The Swinger 1966: Batman: The Movie 1952: The Buick Circus Hour 1953: The Larry Storch Show 1965: Who Has Seen the Wind? Milton
  • Scandalize My Name: Stories from the Blacklist 1955: Playwrights 56 1959: Buick - Electra Playhouse 1961: Car 54, Where Are You? Frederick O Neal in die
  • Fortune Cookie 1968: The Love Bug 1981: Street Music 1952: Rebound 1959: Buick - Electra Playhouse 1962: Fair Exchange 1963: Glynis 1963: Vacation Playhouse
  • 1984: Night Court 1965: The Aqua Varities 1965: World s Fair Spectacular 1995: The Buick Berle Show, 1954 Selma Diamond in die Internet - rolprentdatabasis
  • California 1958: The Man Who Died Twice 1955: TV Reader s Digest 1959: Buick - Electra Playhouse 1958: Hide and Seek Louis Jean Heydt in die Internet - rolprentdatabasis
  • Business 1950: Pulitzer Prize Playhouse 1951: Frontiers of Faith 1952: The Buick Circus Hour 1952: The Jane Froman Show 1956: The Dinah Shore Chevy Show