ⓘ Brave New World

                                     

ⓘ Brave New World

n Brave New World is n roman deur Aldous Huxley wat in 1932 gepubliseer is. Dit beskryf n gevorderde samelewing in die toekoms waarin mense oenskynlik n maklike, gelukkige lewe lei, maar niemand werklik enige vryheid het nie. Die roman speel in "AF 632" in Londen af, wat ongeveer 2540 n.C is. Teen die tyd het ontwikkelings in reproduktiewe tegnologie, menslike kondisionering en slaapleer die samelewing onherroeplik verander.

Die titel van die boek is n frase wat vir die eerste keer in Shakespeare se toneelstuk The Tempest Die storm gebruik is:

O wonder! How many goodly creatures are there here! How beauteous mankind is! O brave new world, That has such people in it!

Hierdie woorde word in die roman deur John Savage aangehaal toe hy nog gedink het dat hy in n utopiese wêreld beland het.

Die algemene idee is dat n Wêreldregering mense manipuleer sodat hulle maklik regeer kan word. Mense word in vyf vlakke kaste verdeel, soos deur die staat bepaal om voorafbepaalde posisies in die samelewing te vul. Die onderste vlak is menslike klone, wat met chemikaliee behandel word om hulle geestelike en fisiese ontwikkeling in te perk. Kinders word met n proses behandel wat hulle slegs inligting gee wat vir hulle bepaalde vlak toepaslik is. So word hulle vir hul uiteindelike posisies in die lewe gevorm. Sielkundige behoeftes word deur die verpligte dosering van die dwelm soma bevredig, n hallusinogeen wat die gebruiker op n aangename reis neem. Die roman beskryf verskillende karakters in hierdie beplande samelewing, asook die probleme waarmee hulle worstel.

                                     
  • soos Brave New World en Fahrenheit 451, word die gesin uitgewis en weerhou om dit weer as n sosiale instelling te herstel. In Brave New World waar
  • ongeveer 50 boeke geskryf, waarvan Crome Yellow, Point Counter Point en Brave New World die bekendste was. Aldous Leonard Huxley kom uit n beroemde familie
  • Pretty Little Liars 2011: Wendy 2013: Ravenswood 2019: Roswell, New Mexico 2011: Brave New World 2014: Pretty Little Liars: We Love You to DeAth 2015: Pretty
  • Frankenstein 2018: Enter The Wild 2002: Young Lions 2009: Darwin s Brave New World 2010: Miracles 2013: Wentworth 2009: The Beautiful Vision Socratis
  • Mississippi 1994: The Second Greatest Story Ever Told 1995: Alchemy 1998: Brave New World Rya Kihlstedt in die Internet - rolprentdatabasis Rya Kihlstedt op Twitter
  • 2008: Minutemen 2008: Disney Channel s Totally New Year 2009: Princess Protection Program 2011: Brave New World 2016: My Time Your Time 2012: SPF with Nina
  • Sophisticated Gents 1982: Las aventuras de Frank Buck 1979: Freedom Road 1980: Brave New World 1985: North Beach and Rawhide 1985: Playing with Fire 1992: The Boys
  • Beauty and the Beast Goes to Broadway 2000: The Christmas Lamb 2011: Brave New World 1986: David and Goliath 1992: Invasion of Privacy 1992: Disney Sing - Along - Songs:
  • Dying 1992: Fear of the Dark 1995: The X Factor 1998: Virtual XI 2000: Brave New World 2003: Dance of Death 2006: A Matter of Life and Death 2010: The Final