ⓘ Sydney Brenner

                                     

ⓘ Sydney Brenner

Sydney Brenner was n Suid-Afrikaanse molekulêre bioloog en Nobelpryswenner. In 2002 wen hy die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde saam met H. Robert Horvitz en John Sulston vir hul ontdekkings oor die genetiese regulering van orgaan-ontwikkeling en geprogrammeerde seldood.

                                     

1. Lewensloop

Brenner is op 13 Januarie 1927 as die seun van Joodse immigrante in Germiston gebore. Sy pa Morris Brenner kom in 1910 uit Litaue, en sy ma Lena Blacher in 1922 uit Letland in Suid-Afrika aan. Brenner is aan die Germiston Hoerskool en die Universiteit van die Witwatersrand opgelei. Vervolgens voltooi hy sy PhD aan die Exeter College in Oxford. In 1953 was hy saam met Dorothy Hodgkin, Leslie Orgel, Jack Dunitz en Beryl Oughton van die eerste mense om n model van die struktuur van DNS te sien, wat deur Francis Crick en James Watson geskep is. Op daai oomblik was hy by die fakulteit skeikunde van die Universiteit van Oxford werksaam. Brenner werk later met Crick in die Cavendish-laboratorium, asook by die Laboratorium van Molekulêre Biologie in Cambridge.

                                     

2. Werk

Brenner maak in die 1960s fundamentele ontdekkings op die gebied van molekulêre biologie, wat toe opgang beleef. So was hy by die identifikasie van boodskapper-RNS mRNA, messenger RNA betrokke, en ontdek hy en Crick frameshift "-mutasies in 1961. Die navorsing gee al deels insig in die genetiese kode. Brenner fokus vervolgens op die gebruik van rondewurms Caenorhabditis elegans as n modelorganisme om die ontwikkeling van diere te ondersoek. Brenner kies hierdie 1 millimeter lang, deursigtige wurmpies omdat dit vir genetiese analise geskik is, en vinnig in groot hoeveelhede geteel kan word. Die titel van sy Nobeltoespraak, Natures Gift to Science ", is n verwysing na hierdie wurms.

In 1996 stig hy Berkeley se Instituut vir Molekulêre Wetenskappe en word in 2000 n Distinguished Research Professor aan die Salk-instituut vir Biologiese Studies. Hy verbind hom aan die Institute of Molecular and Cell Biology in Singapoer, die Okinawa Institute of Science and Technology, die Janelia Farm Research Campus en die Howard Hughes Medical Institute. Hy is ook lid van die Raad van Wetenskaplike Bestuur aan die The Scripps Research Institute. Brenner het vir jare lank artikels vir die tydskrif Current Biology geskryf.

Op 11 Oktober 2006 wen Brenner A*STAR Agency for Science, Technology and Research se Nasionale Wetenskap en Tegnologie-medalje in Singapoer. Hy is op 5 April 2019 in Singapoer, op die ouderdom van 92, oorlede.

                                     

3. Publikasies

  • en Loose End: Collection of Loose Ends/False Starts columns by Uncle Syd. from January 1994 to December 2000 Current Biology, 1997 ISBN 1-85922-325-7.
  • en Friedberg, Errol 2010. Sydney Brenner: a biography. CSHL Press. ISBN 0-87969-947-7
  • en My Life in Science, with Lewis Wolpert, edited by Errol C. Friedberg and Eleanor Lawrence, BioMed Central 2001, 199pp ISBN 0-9540278-0-9
                                     
  • Clayton 2011: Margaret 2016: Amazing Grace The Needs of Kim Stanley 1959: Brenner 1997: Directors on Directors 2001: Fling 2006: Amazon Fishbowl with Bill
  • watersport beoefen. Bekende mense wat van Germiston af kom, sluit in: Dr Sydney Brenner wenner van die 2002 Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde Neville
  • Carl von Hirschberg, n Suid - Afrikaanse diplomaat. 2017 1927 Sydney Brenner Suid - Afrikaanse molekulêre bioloog 2019 1950 Peter Louw, Afrikaanse
  • 23 Februarie Dorothy Masuka, Zimbabwiese jazz - sangeres 5 April Sydney Brenner Suid - Afrikaanse molekulêre bioloog 1927 12 April Carol Thomas
  • moderne Italiaanse koffiemaatskappy, Lavazza, word gestig. 13 Januarie Sydney Brenner Suid - Afrikaanse molekulêre bioloog 2019 17 Januarie Eartha Kitt
  • universiteit bygewoon het, maar nie aan die universiteit gegradueer het nie Sydney Brenner 2002 Nobelprys vir Fisiologie van Geneeskunde Lys van universiteite
  • 1967 2008 Charlton Heston, Amerikaanse akteur 1923 2019 Sydney Brenner Suid - Afrikaanse molekulêre bioloog 1927 2020 Honor Blackman
  • Schonland Goud Peter Beighton Brons Hamilton Naki Brons 2004 Sydney Brenner Goud Tshilidzi Marwala Brons Batmanathan Dayanand Reddy Brons
  • Burghart Klaußner as die regter by Hanna se verhoor Linda Bassett as mev. Brenner amptenaar by die tronk Hannah Herzsprung as Julia, Michael Berg se dogter
  • Rafi Eitan, Israelse geheime agent en politikus 1926 5 April Sydney Brenner Suid - Afrikaanse molekulêre bioloog 1927 12 April Carol Thomas