ⓘ Brakvleigras

                                     

ⓘ Brakvleigras

Die brakvleigras is n grasspesie wat inheems is aan Suid-Afrika en Botswana. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.

Die plant is meerjarig en het n kruipende wortelstok. Die halme is regop en kan 15 -30 cm lank word. Dié spesie is kenmerkend vir droe gematigde graslande met hoe sout- en alkaligehaltes.

Dit kom byvoorbeeld op die SA Lombard-wildreservaat naby Bloemhof voor. Die oostelike deel daarvan bestaan uit grond wat "brakturf" genoem word en diamante kan bevat. Dit is in n bree en ondiepe depressie gelee wat gereeld oorstroom. Dit is met brakvleigras en die naverwante S. iocladus bedek. Dit is gunstelingkos van die bokke wat in hierdie gebied voorkom.