ⓘ Bruinerige beeskloutjie

                                     

ⓘ Bruinerige beeskloutjie

Die bruinerige beeskloutjie N.E.Br) is n dwergplantjie uit die vygiefamilie. Dit is een van die "lewende steentjies" van die geslag Lithops.

Die SANBI-rooilys bevat twee ondersoorte:

  • Lithops lesliei N.E.Br. N.E.Br. subsp. lesliei, wat voorkom in die Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Noord-Kaap en in suidoos-Botswana.
  • Lithops lesliei N.E.Br. N.E.Br. subsp. burchellii D.T.Cole, wat endemies is aan die Noord-Kaap naby Kimberley.

Altwee word as NT amper bedreig gelys, omrede hulle veral deur sangomas tradisionele helers versamel word, en hul habitat deur behuisingsontwikkeling verdwyn.

Die plant kan baie hoe temperature verdra. Eller en Nipkow meld dat plantjies wat dae lank aan 56 ⁰C blootgestel is, dit sonder skade oorleef het.