ⓘ Antjie Somers

                                     

ⓘ Antjie Somers

Antjie Somers is n Suid-Afrikaanse legende van n man wat bedags teen die hange van Tafelberg woon, maar hom snags as n vrou vermom en in die woonbuurte ronddwaal. Volgens die legende vang hy kinders wat stout is of laat uitbly en dra hulle dan in n sak op sy rug weg. Sy naam kom in rympies voor wat aan kinders voorgehou word, soos Antjie Somers kom jou haal ".

Sover bekend het die eerste verwysing na Antjie Somers op 10 Augustus 1866 in The Friend in Bloemfontein verskyn. Die artikel vermeld dat Antjie Somers tydens die bewind van lord Charles Somerset n berugte Kaapse struikrower was wat vroueklere aangetrek en snags mense op pad huis toe voorgelê het. Die oorspronklike verhaal het mettertyd vervaag en nuwe stories is vertel om kinders skrik te maak.

n Ander weergawe is dat Andries Antjie n baie hardwerkende visserman was. Iemand dryf die spot met hom en hulle raak in n skermutselling betrokke. Die persoon val met sy kop op n klip en is opslag dood. Andries vermom hom toe in sy suster se rok en kappie. Hy verdwyn en die legende ontstaan van Antjie Somers met haar bree skouers wat eintlik n man is, en van alles denkbaar beskuldig word.

                                     
  • Antjie Krog aangetroude van Samuel 23 Oktober 1952, Kroonstad - is n prominente Suid - Afrikaanse digter, akademikus en skrywer. Sy publiseer meeste
  • Nasionale Kunstefees vir sy kabaret Ses Die Afrikaanse musiekspel Antjie Somers waarvan hy die mede - komponis is, wen in 2000 n Fleur de Cap - toekenning
  • en in 1988 voer TRUK Die oë van hulle wit en in 1989 Antjie Somers and I op. Antjie Somers and I het as karakters n aantal vroue in n Mayfair - kommune
  • Teygerbosch. n Mooi konsert Iesegrim, die geniepsige kabouter Antjie Somers en Die paaiboelie van Hangklip is almal stories gerig op die laerskoolleser
  • moontlik aanstoot kan gee aan sensitiewe luisteraars. Liedjies soos Antjie Somers en Hanoverstraat is van die eerste Afrikaanse politiese liedjies oor
  • vertolk die rol van Maan Monster regie: Marinda Engelbrecht 2001 Antjie Somers vertolk verskeie rolle regie: Hannes Muller 2000 Romeo and Juliet
  • verhoog is sy te sien in opvoerings van onder andere The parrot woman Antjie Somers Taraboemdery en Briewe aan n rooi dak Vir dertien jaar is sy