ⓘ Boutros Boutros-Ghali

                                     

ⓘ Boutros Boutros-Ghali

Boutros Boutros-Ghali was n Egiptiese politikus en van 1992 tot 1996 die sekretaris-generaal van Verenigde Nasies. Hy is veral gekritiseer omdat die VN nie by nie burgeroorlog en volksmoord in Rwanda ingegryp het nie. Van 1997 tot 2002 was hy die sekretaris-generaal van La Francophone, ’n internasionale organisasie vir Franssprekende lande.

                                     

1. Lewensloop

Boutros-Ghali is op 14 November 1922 in Egipte uit n ryk Kopties-Christelik geslag gebore. Sy grootvader was eerste minister van Egipte in 1910. Hy het vir die regerings van Anwar Sadat en Hosni Mubarak gewerk en het in 1977 Sadat na Jerusalem vergesel. Hy speel n belangrike rol in die Camp David-akkoorde se totstandkoming. Onder Mubarak werk hy om Egipte opnuut n rol te gee in die Organisasie vir Afrika-eenheid, die Beweging van Onverbonde Lande en die Organisasie van Islamitiese Samewerking.

In 1996 word hy Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies. Die Koue Oorlog is verby en hierdie organisasie soek na sy nuwe rol in die wêreld. Hy is die eerste sekretaris-generaal van n land in Afrika en van die Arabiese wêreld. Hy probeer die groot probleme in Somalie aan te pak, veral die hongersnood die daar uitbreek, maar die resultate is nie bevredigend nie. Ook die situasies in Bosnie en Rwanda kan hy nie ontlont nie.

Hy poog ook die organisasie van die VN te hervorm. Hy ontslaan mense of verlaag hulle posisie op n manier wat hom die bynaam die farao verleen.

Die Verenigde State is skepties oor hom en weier meer as $1 miljard VS$ in agterstallige bydrae te betaal. In 1996 wil 10 lede van die Veiligheidsraad hom vir n tweede termyn voordra, maar Amerika spreek sy veto uit en hy word deur Kofi Annan vervang.

Hy sterf in die Al Salaam hospitaal in Kaïro op Dinsdag, 16 Februarie 2016. Hy was 93 jaar oud.

                                     
  • opvolger bereik is nie. In 1992 is hy eindelik deur die Egiptenaar Boutros Boutros - Ghali opgevolg. In sy eie land was Perez de Cuellar in 1995 n kandidaat
  • 1920 2015 Lesley Gore, Amerikaanse sangeres 1946 2016 Boutros Boutros - Ghali Egiptiese politikus en sesde sekretaris - generaal van die Verenigde
  • die oorspronklike op 2 Mei 2016. Besoek op 20 Februarie 2008. Boutros Boutros - Ghali in Engels Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike
  • Chung - hee, Suid - Koreaanse politikus en soldaat 1979 1922 Boutros Boutros - Ghali Egiptiese politikus en sesde sekretaris - generaal van die Verenigde
  • November Kurt Vonnegut, Amerikaanse skrywer 2007 14 November Boutros Boutros - Ghali Egiptiese politikus en sesde sekretaris - generaal van die Verenigde
  • 1996 in Mogadisjoe doodgemaak. Die gewese VN sekretaris - generaal, Boutros Boutros - Ghali en Ahmedou Ould Abdallah, spesiale VN - gesant in Somalië, het die
  • Ernst de Jong, Suid - Afrikaanse kunstenaar 1934 16 Februarie Boutros Boutros - Ghali Egiptiese politikus en sesde sekretaris - generaal van die Verenigde
  • Javier Pérez de Cuéllar Peru 1 Januarie 1982 31 Desember 1991 Boutros Boutros - Ghali Egipte 1 Januarie 1992 31 Desember 1996 Kofi Annan Ghana 1
  • 2006 Vise Louise Fréchette Mark Malloch Brown Voorafgegaan deur Boutros Boutros - Ghali Opgevolg deur Ban Ki - moon Verenigde Nasies en Arabiese Liga hul