ⓘ Brokeback Mountain

                                     

ⓘ Brokeback Mountain

Brokeback Mountain is ’n Amerikaanse romantiese dramarolprent van 2005 wat deur Ang Lee geregisseer is. Dit is geskoei op die 1997-kortverhaal met dieselfde naam deur Annie Proulx. Heath Ledger, Jake Gyllenhaal, Anne Hathaway en Michelle Williams is van die akteurs. Die verhaal gaan oor ’n ingewikkelde emosionele en seksuele verhouding tussen Ledger en Gyllenhaal se karakters in die Weste van 1963 tot 1983.

Brokeback Mountain het goeie resensies gekry en was ’n kommersiele sukses. Dit het verskeie pryse gewen, onder meer die Goue Leeu op die Venesiese Rolprentfees en ’n paar Golden Globes. Dit is vir agt Oscars benoem, die meeste op die 78ste Oscar-toekenningsaand, en het drie gewen.

                                     

1. Storielyn

In 1963 word Ennis Del Mar Heath Ledger en Jack Twist Jake Gyllenhaal deur Joe Aguirre Randy Quaid gehuur om sy skape in die somer in die Wyoming-berge op te pas. Nadat hulle ’n aand lank kwaai gedrink het, soek Jack seksuele toenadering by Ennis – dié is eers onwillig, maar reageer eindelik daarop. Hoewel hy Jack verseker dit was ’n eenmalige gebeurtenis, ontwikkel ’n emosionele en seksuele verhouding tussen hulle. Kort nadat hulle gehoor het hul somer saam is kortgeknip, baklei hulle en die bloed loop.

Nadat hul wee geskei het, trou Ennis met sy verloofde, Alma Beers Michelle Williams en het twee dogters by haar. Jack keer die volgende somer terug, maar Aguirre, wat Jack en Ennis op die berg gesien het, huur hom nie weer nie.

Jack trek na Texas, waar hy Lureen Newsome Anne Hathaway ontmoet. Hy trou met haar en het ’n seun by haar. Ná vier jaar besoek Jack vir Ennis. Toe hulle mekaar sien, soen hulle passievol en Alma sien dit per ongeluk. Jack roer die onderwerp aan van ’n lewe saam op ’n klein plaas, maar Ennis, by wie ’n beeld uit sy kinderdae spook van ’n man wat gemartel en vermoor is omdat vermoed is hy was homoseksueel, weier. Hy wil ook nie sy gesin verlaat nie. Ennis en Jack ontmoet mekaar daarna vir ongereelde hengeluitstappies.

Albei huwelike gaan agteruit. Lureen wil hê Jack moet saam met haar en haar pa werk, en Alma en Ennis skei in 1975. Toe Jack hoor Ennis is geskei, ry hy na Wyoming. Hy stel weer voor dat hulle saam bly, maar Ennis wil nie wegtrek van sy kinders nie. Jack vind troos by manlike prostitute in Mexiko. Ennis sien sy gesin gereeld, totdat Alma hom eindelik konfronteer oor sy ware verhouding met Jack. Dit loop uit op ’n gewelddadige argument en Ennis verbreek bande met haar. Hy ontmoet ’n kelnerin en het ’n kort verhouding met haar.

Jack en Lureen ontmoet ’n ander paartjie, Randall en Lashawn Malone, en raak met hulle bevriend. Daar word op gesinspeel dat Jack en Randall ’n affair agter hul vroue se rug begin.

Aan die einde van ’n hengeluitstappie met Jack, probeer Ennis hul volgende ontmoeting uitstel. Jack is gefrustreerd en woedend, en Ennis blameer hom vir sy eie botsende aksies.

’n Ruk later kry Ennis ’n poskaart wat hy vir Jack gestuur het, terug met ’n stempel "oorlede" daarop. Hy bel Lureen, wat sê Jack het in ’n ongeluk gesterf toe ’n band wat hy omgeruil het, ontplof het. Terwyl hy luister, verbeel Ennis hom dat Jack deur ’n bende aangeval word. Jack se lot word "met opset dubbelsinnig" gelos. Lureen vertel Ennis dat Jack sy as op Brokeback Mountain gestrooi wou hê, maar sy weet nie waar dit is nie.

Ennis gaan ontmoet Jack se ouers en bied aan om sy as na die berg te neem. Die pa wys die aanbod van die hand omdat hy wil hê dit moet eerder by die res van die familie begrawe word. Ennis word toegelaat om Jack se slaapkamer uit sy kinderdae te sien en kry die bloedbevlekte hemp wat hy gedink het hy op Brokeback Mountain verloor het. Hy besef Jack het dit ná hul geveg op die berg saam met sy eie bloedbevlekte hemp gehou. Ennis hou dit teen sy gesig en huil. Jack se ma laat hom toe om die hemde te hou.

                                     

2. Rolverdeling

  • Michelle Williams as Alma Beers Del Mar
  • Anna Faris as Lashawn Malone
  • Randy Quaid as Joe Aguirre
  • Roberta Maxwell as mev. Twist
  • Peter McRobbie as John Twist
  • Linda Cardellini as Cassie Cartwright
  • Anne Hathaway as Lureen Newsome Twist
  • Jake Gyllenhaal as Jack Twist
  • David Harbour as Randall Malone
  • Heath Ledger as Ennis Del Mar
                                     

3. Loketsukses

Brokeback Mountain het sowat $14 miljoen gekos om te vervaardig, uitsluitend sy beweerde advertensiebegroting van $5 miljoen. Die prent het op 9 Desember 2005 ’n beperkte uitreiking gehad in New York, Los Angeles en San Francisco, en het in sy eerste naweek $547 425 in vyf teaters verdien.

Oor die Kersnaweek het die prent die meeste geld per teater verdien en was dit ’n lokettreffer nie net in stedelike gebiede nie, maar ook in voorstedelike teaters naby Portland, Houston, Chicago, Dallas, Denver en Atlanta. Op 6 Januarie 2006 is dit in 483 Noord-Amerikaanse teaters uitgereik, op 13 Januarie in byna 700 teaters, op 20 Januarie in 1 194 teaters, op 27 Januarie in 1 652 teaters en op 3 Februarie in 2 089 teaters.

Brokeback Mountain is 133 dae lank vertoon en het $83 043 761 in Noord-Amerika en $95 018 998 in ander lande gemaak. Dit het die meeste geld van al Focus Features se prente gemaak, die vyfde meeste van alle westerns sedert 1979 en die agtste meeste van alle romantiese flieks sedert 1980.

Dit was in Londen drie weke lank die no. 1-fliek, volgens die tydskrif Time Out London. In die eerste drie maande van 2006 is dit ook in baie ander lande, onder meer Suid-Afrika, uitgereik.

                                     

4. Pryse

Brokeback Mountain het 71 pryse gewen en is vir nog 52 benoem. Dit het onder meer drie Oscars gewen vir beste regisseur, beste aangepaste draaiboek en beste musiek, asook vier Golden Globes en vier Baftas. Dit is op Thebacklot.com deur lesers aangewys as die topfliek oor homoseksuele verhoudings.

Van die pryse wat Brokeback Mountain gewen het, benewens dié in die kassie regs, is:

  • Australiese Rolprentinstituut: Best internasionale akteur Heath Ledger
  • 62ste Venesiese Rolprentfees: Goue Leeu vir beste prent Ang Lee
  • GLAAD-mediaprys: Uitmuntende rolprent - wyedoek
  • Independent Spirit Awards: Beste prent Diana Ossana, James Schamus, beste regisseur Ang Lee
  • Writers Guild of America Award: Beste aangepaste draaiboek Larry McMurtry, Diana Ossana
  • MTV-rolprentpryse: Beste spel Jake Gyllenhaal, beste soen Heath Ledger & Jake Gyllenhaal
  • Time: TIME 100: The People Who Shape Our World 2006 Ang Lee
  • National Gay Pride Association: Beste rolprent Diana Ossana, James Schamus
  • 11de Critics Choice Awards: Beste prent Diana Ossana, James Schamus, beste regisseur Ang Lee, beste vroulike byspeler Michelle Williams, beste oorspronklike liedjie
  • Directors Guild of America Award: Regisseur van die jaar – teaterrolprent Ang Lee
  • Europese Rolprentprys: Beste regisseur Ang Lee
                                     

5. Verdere leesstof

  • Cante, Richard C. Maart 2008. "Introduction"; "Chapter 3". Gay Men and the Forms of Contemporary US Culture. Londen: Ashgate Publishing. ISBN 0-7546-7230-1.
  • Packard, Chris 2006 Queer Cowboys: And Other Erotic Male Friendships in Nineteenth-Century American Literature. New York: Palgrave Macmillan. ISBN 1-4039-7597-3.
  • Proulx, Annie 1997, 1999, 2006. Close Range: Wyoming Stories.
  • Proulx, Annie; McMurtry, Larry; Ossana, Diana 2005, 2006. Brokeback Mountain: Story to Screenplay. Londen, New York, Toronto en Sydney: Harper Perennial. ISBN 978-0-00-723430-1.
                                     
  • I Hate About You, The Patriot, Monster s Ball, A Knight s Tale en Brokeback Mountain Hy het ook kort voor sy dood die rol van The Joker vertolk in die
  • rolprente van 2005. Jon Stewart was die aanbieder. Ang Lee se drama Brokeback Mountain het die meeste benoemings gekry 8 Crash, Good Night, and Good Luck
  • die rolprente Brokeback Mountain 2005 Lincoln 2012 The Visit 2015 en Bridge of Spies 2015 2004: Corn 2005: Brokeback Mountain 2009: Split Ends
  • rolle in die rolprente Legally Blonde 2001 Scooby - Doo 2002 Brokeback Mountain 2005 en Avengers: Age of Ultron 2015 2001: Legally Blonde 2002:
  • Tiger, Hidden Dragon Hulk en Brokeback Mountain Hy het twee keer die Oscar vir beste regisseur gewen: vir Brokeback Mountain 2005 en Life of Pi 2012
  • Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Brokeback Mountain 2005 Blue Valentine 2010 My Week with Marilyn 2011 en Manchester
  • National Lampoon s Christmas Vacation 1989 Kingpin 1996 en Brokeback Mountain 2005 1973: The Last Detail 1974: The Apprenticeship of Duddy Kravitz
  • was sy in dramatiese prente te sien soos die 2005 - flieks Havoc en Brokeback Mountain In 2006 het sy in The Devil Wears Prada gespeel en in 2007 in Becoming