ⓘ Bottersuur

                                     

ⓘ Bottersuur

Bottersuur of butanoesuur is n karboksielsuur met die chemiese struktuurformule CH 3 CH 2 CH 2 -COOH, bevattende vier koolstofatome. Die afgeleide soute en esters heet butirate. Bottersuur is ontdek deur Adolf Lieben en Antonio Rossi in 1869. n Deel van melkvet bestaan uit n trigliseried van bottersuur. Bottersuur word egter ook in die derm gevorm veral uit dieetvesel. Daar is aanduidings dat bottersuur beskerming teen kanker bied, maar dit is nie duidelik of dit ongeag die bron die geval is nie. Die bottersuur uit melk of botter sal nooit die derm bereik nie. Dit word opgeneem en in die lewer gemetaboliseer.

                                     

1. Voorkoms

Bottersuur kom voor in melk, veral bok-, skaap- en Amerikaanse buffel-melk, botter, parmesaankaas, en as n produk van anaerobiese fermentasie insluitend in die kolon en as liggaamsreuk. Dit het n onaangename reuk en wrang smaak, met n soet nasmaak soortgelyk aan eter. Dit kan opgespoor word deur soogdiere met n goeie reukopsporingsvermoe soos honde teen 10 dele per miljard, terwyl mense dit kan opspoor in konsentrasies bo 10 dele per miljoen.

Bottersuur is teenwoordig in menslike braaksel, en gee dit die kenmerkende vrot reuk.

Daar is talle bakteriee wat monosakkariede kan omsit na bottersuur, soos Clostridium butyircum, C. kluyberi, C. pasteurianum, Fusobarierium nucleatum, Butyrivibrio fibrisolvens en Eubacterium limosum

                                     
  • vetsure wat dikwels 20 - 22 - 24 koolstofatome het. n Taamlik kort vetsuur is bottersuur wat net 4 koolstofatome het. Hierdie chemie - verwante artikel is n saadjie
  • aminogroep - NH2 Hierdie stowwe word aminosure genoem. mieresuur asynsuur bottersuur ester amied Nitroverbindings Hierdie chemie - verwante artikel is n saadjie
  • versnapering geëet word. Parmesaan bevat baie aroma - aktiewe verbindings. Bottersuur en 3 - metielbutaansuur word soms saam gebruik om die oorheersende aromas
  • kamertemperatuur. Die naam butaan is afkomstig van die Griekse woord vir botter en bottersuur Dit is in 1849 deur die chemikus Edward Frankland ontdek. In 1864 het