ⓘ Brasiliaanse glorie-ertjie

                                     

ⓘ Brasiliaanse glorie-ertjie

Die Brasiliaanse glorie-ertjie is n indringerplant en klein boompie of struik wat inheems is aan die suide van Brasilie, Uruguay en die noordooste van Argentinie.

                                     

1. Voorkoms

Die boom is klein en word nie groter as 4 m nie. Dit groei in rivieroewers. Die boom het donkergroen, neerhangende, saamgestelde blare. Die blomme is ertjievormig en is helderrooi of helderoranje. Dit word deur heuningbye en suikerbekkies bestuif. Die peule is langwerpig met vier vlerkies en word versprei deur waterstrome.