ⓘ Free online encyclopedia. Did you know? page 376

Margate, Florida

Margate is n stad in Broward County in die Amerikaanse staat van Florida met 53 284 inwoners. Die geografiese koördinate is: 26.25° N, 80.21° W. Die metropolitaanse gebied beslaan n oppervlak van 23.3 km².

Matāutu

Mata-Utu is die hoofstad en grootste stad van die eilandnasie Wallis en Futuna op die eiland Uvea, n oorsese gebied van Frankryk in die Stille Oseaan en Oseanie. Die stad het n bevolking van 1 124 in 2008 gehad en n oppervlakte van 75.64 km².

Melbourne

Melbourne is die hoofstad van die Australiese staat Victoria en die tweede grootste stad in Australie naas Sydney met n bevolking van vier miljoen volgens die 2009-sensus. Die nedersetting is in 1835 deur n groep koloniste uit Tasmanie op die oew ...

Miami

Miami is die tweede grootste stad van die deelstaat van Florida ná Jacksonville. Dit is n belangrike handel-, vervoer- en nywerheidssentrum. Miami lê in die suidoostelike deel van Florida, tussen die Florida Everglades en die Atlantiese Oseaan. D ...

Moermansk

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Moermansk-oblast. Moermansk is n stad op die Kola-skiereiland in die noordweste van Rusland met n bevolking van sowat 302 468. Die Moermansk-lughawe is daarnaby gelee.

Mogadisjoe

Mogadisjoe is die hoofstad en grootste stad van Somalie. Die stad het in 2005 n bevolking van sowat 2 000 gehad. Dit is die belangrikste hawestad van Somalie en is aan die Indiese Oseaan sowat 200 km noord van die ewenaar gelee.

Mombasa

Mombasa is n kusstad van Kenia aan die Indiese Oseaan. Die stad staan bekend as die wit-en-bloustad, weens sy geboue se kleurskema. Mombasa is die land se oudste en die tweede grootste stad naas die hoofstad Nairobi, met n bevolking van 1 208 333 ...

Montego Bay

Montego Bay is n stad in die noordweste van Jamaika met n bevolking van 96 488. Die stad is in 1980 deur n parlementêre wet gestig en is aan die kus van die Karibiese See gelee.

Montevideo

Montevideo is die hoofstad en grootste stedelike nedersetting van Uruguay en dien ook as die ekonomiese, finansiele en kulturele sentrum en belangrikste hawestad van dié Suid-Amerikaanse republiek. Die stad met n oppervlakte van 526 vierkante kil ...

Mosambiekeiland

Mosambiekeiland is n eiland en stad in Mosambiek met 54 315 inwoners, wat deel uitmaak van die provinsie Nampula. Mosambiekeiland, wat sy naam ook aan die voormalige Portugese kolonie en huidige onafhanklike republiek in die suid-ooste van Afrika ...

Moçâmedes

Moçâmedes is die hoofstad van die Namibe-provinsie in Angola. Die stad het n bevolking van 92 609 in 2010 gehad. Namibe het n koel, droe klimaat en woestynplantegroei as gevolg van sy nabyheid aan die Namibwoestyn.

Mumbai

Mumbai of Moembai is die hoofstad van die Indiese deelstaat Maharashtra en die Indiese subkontinent se belangrikste seehawe. Met n bevolking van 12.5 miljoen in die stadsgebied is Mumbai die grootste stedelike nedersetting in Indie een van die be ...

Nantong

Nantong is n stad in die Chinese provinsie Jiangsu met n bevolking van 7 282 835 in 2010. Die stad is gelee in die ooste van China aan die monding van die Yangtze in die Oos-Chinese See. Nantong is oos van Nanjing en noord van Sjanghai gelee. Dit ...

Natal, Brasilië

Natal is n stad in die noordooste van Brasilie en die hoofstad van die deelstaat Rio Grande do Norte. Die stad het n bevolking van 810 780 gehad in 2011 en beslaan n oppervlakte van 170.298 km².

Ningbo

Ningbo is n stad in die Chinese provinsie Zhejiang met n bevolking van 7 605 700 in 2010. Ningbo is gelee in die ooste van China aan die monding van die Yangtze in die Oos-Chinese See. Die stad is een van die oudste in China en het n lang en ryk ...

North Shore City

North Shore City, wat informeel gewoonlik net North Shore of The Shore genoem is, was n stad in die administratiewe gewes Auckland op Nieu-Seeland se Noordeiland wat in 2010 by Auckland Council ingesluit is en tans as North Shore deel uitmaak van ...

Nouadhibou

Nouadhibou is die tweede grootste stad ná die hoofstad Nouakchott‎ in die noordweste van Mauritanie. Die stad is gelee langs die Atlantiese Oseaan en vissery speel n belangrike rol in die ekonomie van die stad terwyl die uitvoer van ystererts die ...

Nouakchott

Nouakchott) is die hoofstad van Mauritanie en het n bevolking van 881 000 gehad in 2008 met n oppervlakte van 1 000 km². Dit is by verre die grootste stad en het ook die tweede grootste hawe in die land. Nouakchott was maar n klein vissersdorpie ...

Nouméa

Nouméa is die hoofstad en grootste stad van die eilandnasie Nieu-Kaledonie op die eiland Grande Terre, n oorsese gebied van Frankryk. Die stad het n bevolking van 97 579 in 2009 gehad en het n oppervlakte van 45 km².

Oos-Londen

Oos-Londen is n stad in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Dit het sowat 267 000 inwoners en vorm die belanglikste deel van die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit wat in totaal sowat 755 000 inwoners huisves, waarvan 642 750 swart wa ...

Oslo

Oslo is die hoofstad van die Koninkryk Noorwee met n oppervlakte van 454 vierkante kilometer en n bevolking van 681 071. Oslo is die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van Noorwee en sy grootste stad. Byna n derde van die Noorse bevolking ...

Panjin

Panjin is n stad in die Chinese provinsie Liaoning met n bevolking van 1 243 000 in 2010. Die stad is in die noordooste van China aan die kus van die Golf van Bohai, noordoos van Beijing en Tianjin gelee. Die stad grens in die noordooste en ooste ...

Papeete

Papeete is die hoofstad en grootste stad van die eilandnasie Frans-Polinesie op die eiland Tahiti, n oorsese gebied van Frankryk in die Stille Oseaan en Oseanie. Die stad het n bevolking van 25 769 in 2012 gehad en n oppervlakte van 17.4 km².

Peggys Cove

Peggys Cove is n klein dorp met 50 inwoners aan die oostelike oewer van St. Margaretsbaai. Peggys Cove maak in administratiewe opsig deel uit van die Halifax Regional Municipality.

Perth

Perth is die hoofstad van Wes-Australie, een van die federale deelstate in Australie. Die stad het n bevolking van meer as tweemiljoen mense wat Perth die grootste stad in die deelstaat Wes-Australie maak. Tot soveel as n driekwart van die deelst ...

Petropawlofsk-Kamtsjatski

Petropawlofsk-Kamtsjatski is die administratiewe, wetenskap- en kultuurhoofstad van Kamtsjatka-krai in Rusland. Belangrike instellings, wat in Petropawlofsk gesetel is, sluit wetenskaplike institute vir oseaannavorsing, kommersiele vissery en geo ...

Plymouth

Hierdie artikel handel oor die Britse stad. Vir die gelyknamige stede en dorpe, sien gerus Plymouth dubbelsinnig. Plymouth is n stad in die suidweste van Engeland, in die graafskap van Devon maar die stad grens ook aan Cornwall. Die stad het n be ...

Port Elizabeth

Port Elizabeth, wat in die volksmond in Afrikaans dikwels "Die Baai" of net "PE" genoem word, is n hawestad gelee aan Algoabaai, in die Oos-Kaapprovinsie, Suid-Afrika, 763 km oos van Kaapstad. Met n bevolking van 312 390 is Port Elizabeth die gro ...

Port Louis

Port Louis is die hoofstad, grootste stad en grootste hawe in die eilande-nasie van Mauritius. Dit is gelee in die Port Louis-distrik, en die westelike deel lê ook in die Rivière Noire-distrik. Dit is die hoofstad van Mauritius en word geadminist ...

Portland, Maine

Portland is die grootste stad in die deelstaat Maine. Dit is ook die administratiewe setel van die Cumberland County. Die stad is gelee op n skiereiland in die suidweste van die staat ongeveer 8km vanaf die Atlantiese Oseaan. George Cleeve en Ric ...

Porto

Porto is die tweede grootste stad in Portugal gelee langs die Dourorivier, sowat 5 km vanaf die Atlantiese Oseaan. Die stad is bekend vir die portwyn wat hiervandaan uitgevoer word. Die stad is ook bekend vir die Maria Pia-brug en die sokkerklub ...

Portsmouth

Portsmouth is die tweede grootste stad in die seremoniele graafskap Hampshire aan die suidkus van Engeland. Soos Southampton, is Portmouth om administratiewe doeleindes n unitêre gesag. Portsmouth is uniek weens die feit dat dit die Verenigde Kon ...

Punaauia

Punaauia of Punaauia is ’n munisipaliteit in die voorstede van Papeete in Frans-Polinesie, ’n oorsese gebied van Frankryk in die Stille Oseaan. Punaauia is op die eiland Tahiti gelee, wat op sy beurt deel van die Bowindse Eilande van die Geselska ...

Punta Arenas

Punta Arenas is n stad in die Chileense gebied van Patagonie en het n bevolking van 127 454 in 2012 gehad. Dié stad is aan die Straat van Magellaan teenoor Vuurland gelee en is die hoofstad van die Chileense streek Magallanes y de la Antártica Ch ...

Qingdao

Qingdao of Tsingtao is n stad in die Chinese provinsie Sjandong met n bevolking van 8 715 100 in 2010. Die stad was vanaf 1898 tot 1914 n kolonie van die Duitse Keiserryk en is tydens die Eerste Wêreldoorlog deur Japannese magte verower. In 1928 ...

Qinhuangdao

Qinhuangdao is n stad in die Chinese provinsie Hebei met n bevolking van 2 897 605 in 2010. Die stad is in die noordooste van China, noordoos van Beijing en Tianjin aan die kus van die Geelsee gelee. Qinhuangdaon grens in die suidweste aan Tangsh ...

Quanzhou

Quanzhou is n stad in die Chinese provinsie Foekien met n bevolking van 8 128 530 in 2010. Die stad is gelee aan die kus van die Suid-Chinese See in die suidooste van China. Quanzhou was tydens die Mongoolse Yuan-dinastie een van die belangrikste ...

Rabat

Rabat is die hoofstad en tweede grootste stad van Marokko naas Casablanca. Dit is gelee in die noordweste van die land aan die Atlantiese kus aan die monding van die rivier Bou Regreg. Die stad het n militêre sentrum in die 12de eeu geword. Die b ...

Ramsgate, KwaZulu-Natal

Vir ander plekke met die naam Ramsgate, sien Ramsgate dubbelsinnig Ramsgate is n kusdorp in die suide van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die naam Ramsgate is afkomstg van die plaas met dieselfde naam by die mond van die Bilanglolorivier. Dié naam is ...

Reykjavik

Reykjavik is die hoofstad van Ysland – en ook die wêreld se mees noordelik gelee hoofstad: Sy breedtegraad lê teen 64° 08 Noord net effens suid van die Noordpoolsirkel. Die stad met naastenby 120 000 inwoners lê aan die voet van die bergpiek Esja ...

Rio de Janeiro

Hierdie artikel handel oor die stad Rio de Janeiro. Vir die gelyknamige deelstaat, sien Rio de Janeiro deelstaat. Rio de Janeiro of kort Rio, die tweede grootste stad in Brasilie ná São Paulo en die hoofstad van die gelyknamige deelstaat, lê aan ...

Rizhao

Rizhao is n stad in die Chinese provinsie Sjandong met n bevolking van 2 801 100 in 2010. Hieruit woon n bietjie meer as 865 000 mense in die stedelike gebied van die Donggang-distrik. Die stad is in die noordooste van China suid van Beijing en T ...

Royan

Royan is n dorp en strandoord in die Suidwes-Franse département Charente-Maritime met n oppervlak van 19.30 vierkante kilometer en 18 541 inwoners. Die dorp in die historiese gewes Saintonge maak deel uit van die arrondissement Rochefort en vorm ...

Saint John, Nieu-Brunswyk

Saint John is die grootste stad en hawestad in die provinsie Nieu-Brunswyk in Kanada. Dit is gelee by die monding van die Saint Johnrivier in Fundybaai. Die eerste Engelse Setlaars het hulle reeds in 1762 hier gevestig. In 1783 het die United Emp ...

Saint-Denis (Réunion)

Saint-Denis is sedert 1738 die hoofstad en grootste stad van Réunion, n oorsese gebied van Frankryk in die Indiese Oseaan. Die stad het n bevolking van 145 238 in 2012 gehad en n oppervlakte van 142.79 km².

Saint-Jean-de-Luz

Saint-Jean-de-Luz is n dorp in die département Pyrénées-Atlantiques en die région Nieu-Akwitanie met n oppervlak van 19.05 vierkante kilometer en 14 332 inwoners. Sy inwoners word in Frans les Luziens genoem. Saint-Jean-de-Luz is die belangrikste ...

Saint-Malo

Saint-Malo is n stad in die Bretonse département Ille-et-Vilaine met 44 620 inwoners. Die stad staan bekend vir sy historiese middestad en sy versterkings en is tans een van die gewildste toeristebestemmings in Frankryk. Jacques Cartier, die ontd ...

Saint-Nazaire

Saint-Nazaire is n hawedorp aan die Franse kus by die monding van die Loirerivier, ongeveer 45 km wes van Nantes in die department Loire-Atlantique. Die dorp het ontwikkel uit Carbilo, n ou Galiese-Romeinse hawe. Gedurende die veertiende en vyfti ...

Salvador da Bahia

Salvador da Bahia is die derde grootste stad in Brasilie en die hoofstad van die deelstaat Bahia. Dit is aan die Allerheilige-baai in die ooste van die land gelee. Die voormalige Portugese naam São Salvador da Bahia de Todos os Santos, wat "Heili ...

San Diego

San Diego is n hawestad in die suide van die deelstaat Kalifornie, 119 myl suid van Los Angeles digby die grens met Meksiko gelee, met sowat 1.3 miljoen inwoners. Dit is die administratiewe hoofstad van San Diego County. San Diego is die tweede g ...