ⓘ Free online encyclopedia. Did you know? page 361

Tornedal

Die Tornedal is n vallei op die grens van Swede en Finland. Dit is vernoem na die Tornerivier wat deur die vallei vloei en in die Botniese Golf uitmond. Geografies is die dorpies en munisipaliteite waaruit die gebied bestaan Haparanda, Övertorneå ...

Uusimaa

Uusimaa is een van Finland se twintig administratiewe landskappe. Uusimaa maak tans deel uit van die provinsie Suid-Finland; die vroeere provinsie Uusimaa met die landskappe Uusimaa en Oos-Uusimaa en die westelike gedeelte van die landskap Kymenl ...

Écart

n Écart is die naam van n baie klein soort nedersetting in landelike dele van Frankryk en is sinoniem met gehug. Dit is kleiner as die hoofburg van die kommune waaraan dit behoort. Écarts word onderskei van lieux-dits in die sin dat dit altyd bew ...

Franse geweste

Frankryk was sedert 1956 tot 2015 in 27 geweste verdeel, waarvan 22 geweste in die Europese deel van Frankryk en 5 oorsese geweste was. Die geweste is die hoogste vlak van gebiedsverdeling in die Franse Republiek en word verder in departemente on ...

Provence

Provence is n historiese landskap langs die Mediterreense kus van Suidoos-Frankryk, gelee tussen die Rhônevallei in die weste en Italie in die ooste. In die noorde word dit deur die landskap Dauphiné begrens. Die huidige Franse naam is afgelei va ...

Kaap Lopez

Die kaap lê by 0° 38′ suid en 8° 42′ oos op n sanderige skiereiland by die mond van die Ogoouérivier en 10 km van Port-Gentil. Die delta bestaan uit n netwerk van natuurlike kanale, strandmere, eilande en ekwatoriale bosse. Die skiereiland is 55 ...

Pleknaamsveranderinge in Gaboen

Hier volg n lys van dorpe en stede in Gaboen waarvan die name verander is: Mandji → Maadiville 1883 → Lastoursville 1886 → Bonda of Mandji voorgestel Lewai → Bongoville Masuku → Franceville 1880 → Masuku

Palikir

Palikir is sedert 1990 die hoofstad van die eilandnasie Gefedereerde State van Mikronesie toe dit Kolonia vervang het. Die stad het n bevolking van 7 000 in 2009 gehad. Dit is in die noorde van die eiland Pohnpei in die gelyknamige deelstaat gelee.

Kaukasus

Die Kaukasus-bergreeks tussen die Swart- en Kaspiese See vorm een van die geografiese grense tussen Europa en Asie. Dit word verdeel in die Groter Kaukasus in die noorde en die Kleiner Kaukasus in die suide, wat deur die Koeravallei van mekaar ge ...

Pontiese gebergte

Die Pontiese gebergte of Pontiese Alpe is n bergreeks in die noordooste van Turkye en die suidweste van Georgie langs die Swartseekus. Kaçkar Dağı is met 3 931 meter bo seevlak die hoogste bergpiek van die Pontiese gebergte. Dit behoort tot die A ...

Akosombodam

Die Akosombodam is dam in die Voltarivier in die suid-ooste van Ghana. Agter die wal is die Voltameer; die wêreld se grootste mensgemaakte meer volgens oppervlakte: 8.502 km 2. Hidroelektrisiteit word by die dam opgewek en die vermoe tans is 1.02 ...

Asjanti (streek)

Die streek Asjanti is in die suide van Ghana gelee en is die derde grootste van 16 administratiewe streke. Dit het ’n oppervlakte van 24 389 km 2, of 10.2 persent van Ghana se totale oppervlakte. Dit is egter die streek met die grootste bevolking ...

Bosumtwimeer

Die kratermeer lê in die Asjanti-streek van die land, op n afstand van 27 km suidoos van Kumasi. Dit is by die koördinate 6° 30′ 8.7″ noord en 1° 24′ 53.6″ wes. Rondom die meer is daar n dertig nedersettings met n 70 000 inwoners.

Pleknaamsveranderinge in Ghana

Hier volg n lys van plekke in Ghana waarvan die name verander is: Christianborg → Osu Castle Fort William → Fort Charles Gross-Friedrichsburg Fort Friedrichsburg → Fort Hollandia 1725 → Pokesu Fort Amsterdam → Fort York 1645 → Fort Amsterdam 1665 ...

St. George’s, Grenada

St. George’is die hoofstad en grootste stad van Grenada, n eilandnasie in die Karibiese See. Die stad is aan die weskus van die eiland Grenada, dié land se grootste eiland, gelee. Die stad het in 2012 n bevolking van 33 734 gehad. St. George’is i ...

Areopagos

Die Areopagos, of Areopagus, afgelei van Areios Pagos is die "Rots van Ares", noordwes van die Akropolis, wat in klassieke tye gedien het as die hoe appèlhof vir kriminele en siviele sake in Athene. Ares sou hier, in n tipiese voorbeeld van n aet ...

Chalkidiki

Chalkidiki is ’n noordelike skiereiland en streeksdistrik van Griekeland. Dit is deel van die streek Sentraal-Masedonie. Dit word ook Halkidiki of Chalcidice gespel. Die outonome Berg Athos is deel van die skiereiland, maar nie van die streeksdis ...

Egeïese See

Die Egeïese See is die deel van die Middellandse See tussen Griekeland in die weste, Turkye in die ooste en Kreta in die suide. In die noorde word dit verbind met die See van Marmara, en uiteindelik die Swartsee, deur onderskeidelik die Dardanell ...

Maritsa

Die Maritsa is n groot suidoos-vloeiende rivier in Suidoos-Europa en vloei deur die gebied Thracie op die Balkanskiereiland. Die rivier, met n lengte van 480 km, vorm vir n kort stukkie die grens tussen Bulgarye en Griekeland en die grootste gede ...

Masedonië (Griekeland)

Vir ander gebruike van die naam "Masedonie" sien die Masedonie-dubbelsinnigheidsblad. Masedonie is ’n geografiese en historiese streek van Griekeland in Suidoos-Europa. Dit is die grootste en digs bevolkte deel van die land. Dié gebied en Thracie ...

Peloponnesos

Die Peloponnesos is n groot skiereiland wat die streek van die Griekse vasteland suid van die Golf van Korinthe omvat. Tydens die laat Middeleeue en die Ottomaanse era, het die skiereiland bekend gestaan as die Morea, volksmond Μωριάς), n naam wa ...

Guatemala-stad

Guatemala-stad is die hoofstad en grootste stad van Guatemala. Die stad het n bevolking van 2 110 100 in 2012 gehad en n oppervlakte van 692 km². Guatemala-stad is in 1776 deur Spanjaarde gestig en is die mees bevolkte stad in Sentraal-Amerika.

Quiriguá

Quiriguá is n antieke argeologiese Majaterrein in die department Izabal in die suidooste van Guatemala, net wes van die grens tot Honduras. Quiriguá is sowat 200 km noordoos van die hedendaagse hoofstad Guatemala-stad en 48 km noord van Copán gel ...

Essequibo

Die Essequibo is n groot noord-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met n lengte van 1 014 km, is die langste rivier in Guyana, asook tussen die Río Orinoco in die weste en die Amasonerivier in die suide. Die Essequibo vorm deel van n gr ...

Georgetown, Guyana

Georgetown is die hoofstad en grootste stad van Guyana en is in die noorde van dié land gelee. Die stad het in 2012 n bevolking van 118 363 en van 354 964 in die Metropolitaanse gebied gehad. Georgetown is aan die Demerara-rivier se uitmonding in ...

Port-au-Prince

Port-au-Prince is die hoofstad en grootste stad van Haïti, n land op die Karibiese eiland Hispaniola tussen die Atlantiese Oseaan in die noorde en die Karibiese See in die suide. Die stad het n bevolking van 987 310 in 2015 gehad en n oppervlakte ...

Copán

Copán is n argeologiese vondsplek van die Voor-Colombiaanse Majabeskawing wat in die Copán-department in die weste van Honduras net oos van die grens tot Guatemala gelee is. Dit was die hoofstad van n koninkryk tydens die Klassieke tydperk vanaf ...

Groot Hongaarse Laagvlakte

Die Groot Hongaarse Laagvlakte Alföld ; Slowaaks: Velká dunajská kotlina) is n plat landskap wat deel uitmaak van die Pannoniese Laagvlakte en oor Oos-Hongarye asook dele van Roemenie, Serwie, Kroasie, Slowakye en Oekraïne strek. Dit vorm die mee ...

Karpate

Die Karpatiese Gebergte is n hooggebergte in Sentraal-, Oos- en Suidoos-Europa. Die Karpate word verdeel in die Beskide, die Woudkarpate, die Oos-Karpate en die Suid-Karpate. Die gebergte is gelee in Hongarye, Oekraïne, Pole, Roemenie, Serwie, Sl ...

Neusiedlermeer

Die Neusiedlermeer is die mees westelike steppemeer in Europa, gelee in die Oostenrykse deelstaat Burgenland en Noordwes-Hongarye. Die meer, naas die Balaton in Hongarye een van min steppemere in Europa, het vermoedelik enkele miljoen jare gelede ...

Pannoniese Laagvlakte

Die Pannoniese Laagvlakte is n uitgestrekte laagvlakte in suidelike Oos-Sentraal-Europa waardeur die middelloop van die Donau en die Theißrivier se benedeloop loop. Die bekken is grotendeels in Hongarye gelee, maar strek tot in die gebied van vyf ...

Poesta

Die Poesta is n uitgestrekte graslandskap in Hongarye, Suidwes-Slowakye en die Oostenrykse deelstaat Burgenland. Dit bestaan hoofsaaklik uit boomarme steppe met n kontinentale klimaat. Die Poesta is die mees westelike uitloper van die Eurasiese S ...

Dún Laoghaire-Rathdown

Dún Laoghaire-Rathdown is n graafskap een van die plaaslike administratiewe gebiede in die Republiek Ierland. Die county town of administratiewe setel is Dún Laoghaire. In 1994 is die voormalige Dublin graafskapsraad. Die graafskap is die tuiste ...

Andamanse See

Die Andamanse See of Birmaanse See is n waterliggaam in die noordelike Indiese Oseaan, suidoos van die Baai van Bengale, suid van Mianmar, wes van Thailand en oos van die Andaman-eilande. Die see is ongeveer 1 200 kilometer lank en 645 kilometer ...

Dekan-trappe

Die Dekan-trappe is ’n groot eruptiewe provinsie op die Dekan-plato van Indie een van die grootste vulkaniese gebiede op Aarde. Hulle bestaan uit talle lae gestolde basaltlawa wat altesaam meer as 2 000 m dik is en ’n gebied van 500 000 km² beslaan.

Pleknaamsveranderinge in Indië

Wes-Bengale → Bangla voorgestel, nog nie deurgevoer nie Pondicherry → Puducherry 2006 Assam → Asom voorgestel, nog nie deurgevoer nie Laccadive, Minicoy en Amindivi-eilande → Lakshadweep 1973 Mysore → Karnataka 1973 Madras → Tamil Nadu 1969 Uttar ...

Punjab

Hierdie artikel handel oor die geografiese streek in Suid-Asie. Vir die etniese groep, sien Punjabis, en vir die taal, sien Pandjabi. Punjab, ook gespel en translitereer as Panjab, is n geopolitieke, kulturele en historiese streek in Suid-Asie, m ...

Straat van Malakka

Die Straat van Malakka is ’n smal seestraat van 930 km tussen die Maleise Skiereiland en die Indonesiese eiland Soematra. As die hoofkanaal tussen die Indiese en Stille Oseaan is dit een van die belangrikste skeepsroetes in die wêreld. Dit is gen ...

Arafurasee

Die Arafurasee is n see aan die suidweste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asie. Dit lê tussen die Maleise argipel in die weste, Nieu-Guinee in die noorde en die vasteland van Australie in die suide. Die Arafurasee grens aan die Timorsee in die s ...

Balisee

Die Balisee is n see aan die weste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asie. Dit lê tussen Bali en Soembawa in die suide, Madoera in die weste en die Kangean-eilande in die ooste net suid van die ewenaar. Die Balisee grens in die noordweste aan die ...

Bandasee

Die Bandasee is n see aan die weste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asie. Dit lê tussen Sulawesi in die weste, die Molukke in die noorde en die Klein Soenda-eilande in die suide net suid van die ewenaar. Die Bandasee grens aan die Floressee in d ...

Floressee

Die Floressee is n see aan die weste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asie. Dit lê tussen Sulawesi in die noorde en die Klein Soenda-eilande in die suide net suid van die ewenaar. Die Floressee grens aan die Indiese Oseaan in die suidweste, die J ...

Halmaherasee

Die Halmaherasee is n see aan die weste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asie. Dit lê tussen Halmahera in die weste en Nieu-Guinee in die ooste net suid van die ewenaar. Die Halmaherasee grens in die weste aan die Molukkesee, in die suide aan die ...

Javasee

Die Javasee is n see van die Stille Oseaan in Asie tussen Java in die suidweste, Sumatra in die weste, Borneo in die noorde, Sulawesi in die noordooste en die Klein Soenda-eilande in die suidooste net suid van die ewenaar. Die Javasee grens aan d ...

Krakatoa

Krakatoa is n aktiewe vulkaan in Indonesie tussen die eilande Java en Sumatra in die Straat van Soenda. Die vulkaan is veral bekend as gevolg van sy ongekende swaar uitbarsting in 1883. n Indonesiese sultan se geskrifte wat bewaar gebly het verte ...

Molukkesee

Die Molukkesee is n see aan die weste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asie. Dit lê tussen Sulawesi in die weste en die Molukke in die ooste langs die ewenaar. Die Molukkesee grens aan die Celebessee in die noordweste, die Filippynse See in die n ...

Poensjak Djaia

Poensjak Djaia of Carstenszpiramide is n berg in die Soedirmangebergte in die wes-sentrale hooglande van Papoea-provinsie, Indonesie. Ander name daarvoor sluit in Nemangkawhi in die Amoengkal-taal, Ngga Poeloe en Goenoeng Soekarno. Met n hoogte v ...

Savusee

Die Savusee is n see aan die weste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asie. Dit lê tussen Soemba in die weste, Flores in die noorde en Timor in die ooste net suid van die ewenaar. Die Savusee grens in die noorde aan die Floressee, in die noordooste ...

Seramsee

Die Seramsee is n see aan die weste van die Stille Oseaan in Suidoos-Asie. Dit lê tussen die Soela- en Obi-eilande in die noorde, Boeroe en Seram in die suide en Nieu-Guinee in die ooste net suid van die ewenaar. Die Seramsee grens in die noordwe ...

Straat van Makassar

Die Straat van Makassar is ’n seestraat tussen die eilande Borneo en Soelawesi in Indonesie. In die noorde sluit dit by die Celebessee aan en in die suide by die Javasee. Die Mahakam- en Karanganrivier van Borneo loop in die seestraat uit. Hawest ...