ⓘ Free online encyclopedia. Did you know? page 355

Boontjie

n Boontjie is die dikwels eetbare saad van enige spesie in die peulfamilie Fabaceae. Na bestuiwing ontwikkel die vrug in n peul wat van een tot etlike sade binne-in huisves en beskerm tot dit ryp geword het. Rankboontjies Phaseolus coccineusis pl ...

Boor-10

Hierdie isotoop is heeltemal ongeskik vir neutrondiffraksie omdat sy absorpsiedeursnee baie groot is: 3835 barn vir neutrone met 2200 m/s snelheid. Neutrondiffraksie aan boorverbindings vereis isitoopvervanging deur 11 5 B en dit is taamlik duur.

Boosoogblaasop

Die Boosoogblaasop is n giftige vis wat voorkom vanaf Valsbaai tot by Maputo. In Engels staan die vis bekend as die Evileye Puffer.

Boraginaceae

Boraginaceae is die heliotroop-familie wat tans nog nie geklassifiseer is met betrekking tot n orde nie. Hierdie groot familie bestaan hoofsaaklik uit kruidagtige plante en kom oor die hele wêreld voor. Van die bekende tuinplante van die familie ...

Boraks

Boraks is n mineraal met die chemiese samestelling Na 2 B 4 O 7.10 H 2 O. Dit is n hidraat van natriumdiboraat, of dinatriumtetraboraat. Die mineraal is n evaporiet wat eers in droe meerbeddings in Tibet aangetref is. Dit word ook sinteties uit b ...

Bordeaux

Bordeaux is n hawestad in die suidweste van Frankryk met n bevolking van 254 436. Bordeaux is die administratiewe hoofstad van die région Nieu-Akwitanie en die département Gironde en die sentrum van die metropolitaanse gebied Arcachon-Bordeaux-Li ...

Borduurwerk

Borduurwerk is die versiering van geweefde materiaal met n naald en garing. Die tegniek van borduur is eeue oud en is reeds in antieke Egipte beoefen.

Jacob Borghorst

Jacob Borghorst was die vierde kommandeur aan die Kaap die Goeie Hoop en het Cornelis van Quaelberg opgevolg nadat dié deur die VOC uit sy pos ontslaan is.

Borgias

Die Borgia-familie was n skatryk Spaans-Italiaanse familie in die 15de en 16de eeu. Die familie word onthou vir hulle wrede vasberadenheid om politieke mag te bekom en hul korrupte houvas op die pousdom tydens die Renaissance. Daar word selfs bew ...

Boris Nemtsof

Boris Jefimowitsj Nemtsof was ’n Russiese wetenskaplike, staatsman en liberale politikus. Hy was een van die belangrikste mense wat betrokke was by die instelling van kapitalisme in die Russiese ekonomie ná die verbrokkeling van die Sowjetunie. H ...

Aleksandr Borodin

Aleksandr Borodin, een van die belangrikste Russiese komponiste van die 19de eeu, is in Sint Petersburg gebore. Hy het as skoolseun klavier, fluit en tjello leer speel en ook gekomponeer. Van 1850 af het hy in die chemie gestudeer en sy doktorsgr ...

Borrelanemoon

Die borrelanemoon is n anemoon wat in die Indiese-Pasifiese gebied, Rooisee en aan die ooskus van Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal voorkom. In Engels staan dit bekend as die Bubble-tentacle anemone.

Borrelbaard-skreeubaber

Die Borrelbaard-skreeubaber is n varswater vis wat in die boonste gedeeltes van die Zambezirivier en die Okavangorivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Bubblebarb squeaker.

Borseltand-vlindervis

Die Borseltand-vlindervis is n vlindervis wat voorkom aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Belted butterflyfish.

Borsjt

Borsjt is ’n suur sop wat in verskeie Oos-Europese lande gewild is, veral in Oekraïne, Rusland, Pole, Belarus, Litaue en Roemenie. Die variasie wat in die Weste gewoonlik met die naam verbind word, is van Oekraïense oorsprong en bevat beet as een ...

Bosbok

Die bosbok is n klein wildsbok wat in Afrika suid van die Sahara aangetref word. Volwasse bosbokke het n gemiddelde massa van 70 kg en n hoogte van ongeveer 90 cm. Die ramme het horings wat tot 55 cm lank kan word. Bosbokke word nie maklik raakge ...

Bosboomvaring

Die bosboomvaring - voorheen bekend as Alsophila capensis - is n boomvaring in die genus Cyathea, een van slegs twee spesies in Suid-Afrika. Die boom word tot 3 hoog en die blare 2 tot 3 m lank. Die plant groei in immergroen woude en kom voor van ...

Bosdoringklipels

Die Bosdoringklipels of Bokdrol is n algemene, klein tot middelgroot boom wat voorkom vanaf Kaapstad tot in die Lebomboberge van Mpumalanga en Eswatini. Die boom groei in kusstruikbos en woude. In woude waar die noodsaak bestaan om opwaarts te gr ...

Wilfried Böse

Wilfried Böse was n Duitse terroris gedurende die vroee 1970s. Hy was aktief in links-radikale politieke kringe in Frankfurt, Duitsland en het saam met Johannes Weinrich die Rewolusionêre Selle, n links-radikale terreurorganisasie, gestig. Hy het ...

Boshofpoort

Die Boshofpoort is een van die mooiste en bes bewaarde Kaapse plaasingange uit die 18de eeu. Dit is gelee in Nuweland waar Boshoflaan teen Paradysweg doodloop.

Boskoorsboom

Die boskoorsboom is n immergroen boom wat in die Laeveld van Suid-Afrika voorkom. Die boom is hoog, skraal, hoog op vertak en word tot 30 m hoog. Dit groei in bergwoudrande, beskutte klowe en rivieroewers. Die bas is liggrys en glad. Die blare is ...

Boslelie

Die boslelie is ’n spesie blomplante in die genus Clivia en die familie Amaryllidaceae. Dit is inheems aan vogtige habitats in Suid-Afrika en Eswatini – waar dit binnens- en buitenshuis geplant word. Dit is blykbaar ook in Mexiko genaturaliseer.

Bosloerie

Die Bosloerie is standvoel wat voorkom aan die ooskus en onmiddellike binneland vanaf Mosselbaai verby Mosambiek. Die voel kom ook voor langs die Zambezirivier tot by die Kaprivistrook. In Engels staan die voel bekend as die Narina Trogon.

Bosluis

n Bosluis is n klein uitwendige parasiet wat tot die superfamilie Ixodoidea behoort. Hulle is verwant aan spinnekoppe en behoort saam met hulle tot die klas Arachnida. Bosluise lewe van die bloed van gewerwelde diere: hulle byt vas aan die vel va ...

Bosmusikant

Die bosmusikant is n algemene standvoel in woude en digte boomveld. Die voel is gebiedsgebonde, sluit dikwels by voelgroepe aan en pare bly heeljaar saam. In Engels staan die voel bekend as die Forest Weaver of Dark-backed Weaver.

Bosnagaap

Die bosnagaap is een van drie spesies en die grootse van die nagape. Die soogdier kom in die oostelike dele van Suid-Afrika, Zimbabwe en die hele Mosambiek voor.

Bosnië en Herzegowina

Bosnie en Herzegowina / Боснa и Херцеговина, Kroaties: Bosna i Hercegovina) is n land in die suidooste van Europa. In 2016 het die land n bevolking van 3 511 372 gehad, met 369 534 inwoners in die hoofstad, Sarajevo. Vandag handhaaf die land n ho ...

Bosoordeelboom

Die bosoordeelboom is n middelgroot tot groot boom. Dit word langs riviere en in tropiese woude in die Benede-Zambezivallei aangetref. Dit word van Senegal tot Soedan en Kenia en vandaar tot Zimbabwe en Mosambiek aangetref. Dit groei in vogtige h ...

Bosporus

Die Bosporus, ook bekend as die Istanboel-straat, is ’n seestraat wat deel vorm van die grens tussen Europa en Asie. Die ander belangrike Turkse seestraat is die Dardanelle. Die Bosporus is die nouste straat in die wêreld wat vir internasionale s ...

Bosrooiessenhout

Die Bosrooiessenhout is n middelmatige tot groot woudboom wat ook bekend staan as die Basteressenhout. Dit is inheems aan woude van die Oos-Kaap tot in tropiese Afrika.

Bostaaibos

Die Bostaaibos is n boom wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika. Hierdie boom word die hoogste van die genus en groei meestal in woude maar kan ook soms as n struik voorkom. Die vrugte is eers gelerig-pienk en word later rooi wanneer ...

Boston

Boston is n stad aan die Atlantiese kus in die Verenigde State van Amerika. Dit is die administratiewe sentrum en die grootste stad van sowel die deelstaat Commonwealth of Massachusetts asook die Nieu-Engeland-streek in die noordoostelike Verenig ...

Boston Teeparty

Die Boston Teeparty was n betoging op 16 Desember 1773 teen die Britte se destydse belasting op tee. Amerikaanse patriotte het vragte tee van Britse skepe in die Bostonhawe gestort. Dit is een van die aksies wat aanleiding gegee het tot die Ameri ...

Bostreep-ghieliemientjie

Die Bostreep-ghieliemientjie is n varswater vis wat voorkom in die boonste gedeeltes van die Kunenerivier. In Engels staan die vis bekend as die Topstripe barb.

Nick Bostrom

Hy is bekend vir sy werk oor die eksistensiele risiko, antropiese beginsel en die simulasiehipotese. Hy neem ernstig in ag dat die wêreld waarin ons leef, n illusie is en miskien, n baie gevorderde rekenaarsimulasie is. Hy is een van die grondleg ...

Bosvark

Die Bosvark is n dier wat aan die ooskus gebied van Suid-Afrika, die Limpoporivier en oor feitlik die hele Zimbabwe en Mosambiek voorkom. Die dier lyk meer soos n vlakvark as na n gewone vark.

Bosveld

Die Bosveld is n subtropiese bos- en struikveld ekostreek van Suider-Afrika. Dit sluit die meeste van die Limpopoprovinsie en n klein deel van die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika in, asook die Sentraal- en Noord-Oostelike distrikte van Botswana ...

Bosveld kleinskub-geelvis

Die Bosveld kleinskub-geelvis is n varswater vis wat natuurlik voorkom in die Limpopo-, die Imkomati- en die Pongolarivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as die Bushveld smallscale yellowfish.

Bosveldboekenhout

Die Bosveldboekenhout is n boom wat voorkom in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. In Limpopo groei dit teen rotsagtige hellings en langs rivieroewers in die ander twee provinsies. Die boom is klein tot middelgroot en lyk baie soos n bloekomboo ...

Bosveldfisant

Bosveldfisant is n voel in die familie van fisantagtiges. Die spesie kom in die middel-suide en die suidooste van Afrika voor. Volgens die IUCN Rooilys is die spesie se status veilig.

Bosveldharpuisboom

Die Bosveldharpuisboom is n immergroen boom wat aan die familie van Mango-agtiges behoort. Dit kom algemeen rondom Pretoria en Johannesburg voor, asook in die Noord-Wes en Limpopo. Die boom word gemiddeld 4 meter hoog. Die vrugte is ongeveer 7 x ...

Bosveldkwarteltjie

Die Bosveldkwarteltjie is n standvoel wat in Suider-Afrika voorkom, behalwe in die Wes- en Oos-Kaap, suid- en sentraal-Vrystaat en suid-KwaZulu-Natal. In Engels staan die voel bekend as die Common buttonquail. Die voel leef van insekte en saadjie ...

Bosveldse nagmuis

Die Bosveldse nagmuis is n knaagdier wat in die noordelike dele van Suid-Afrika voor, insluitende Botswana, Zimbabwe en Namibie voorkom.

Bosveldtjeriktik

Die Bosveldtjeriktik, word gereeld onder die genus Sylvia as Sylvia subcaeruleum gelys. Die bosveldtjeriktik broei in Suidelike Afrika in Angola, Botswana, Zimbabwe, Zambie, Namibie, Suid-Afrika, Lesotho, Mosambiek en eSwatini. Dis n algemene spe ...

Bosveldvisvanger

Die bosveldvisvanger is n lid van die genus Halcyon wat in Afrika voorkom. Bosveldvisvangers is uiters aggressiewe verdedigers van hul gebied en sal selfs mense aanval wat as n bedreiging voorkom.

Botanybaai

Botanybaai is n baai in Sydney, Nieu-Suid-Wallis in die suidooste van Australie n paar kilometer suid van Sydney se sentrale sakekern. Die Cooks-rivier en die Georges-rivier is twee groot vertakkinge wat die baai binnevloei. Twee aanloopbane van ...

Christiaan Botha

Christiaan Botha is n jonger broer van Louis Botha en was ook n generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is gebore te Greytown, KwaZulu-Natal. Sy ouers is Louis en Salomina Botha. Hulle was van die eerste inwoners van die Nuwe republiek van ...

Philip Botha

Philip Botha was n generaal in die Tweede Vryheidsoorlog en die oudste broer van Louis Botha. Hy is naby Greytown gebore. Sy ouers was Louis Botha en Salomina Adriana von Rooyen. Hy was getroud met Maria Magdalena Wessels en hulle het elf kinders ...

Bothaville

Dorpstigting was in 1891 op die plaas Gladdedrift en die dorp was aanvanklik as Botharnia bekend. Die plaas Johannesrus was ook oorweeg as n alternatief vir dorpsvestiging, maar daar is op Gladdedrift besluit na aanleiding van die beskikbaarheid ...

Bothidae

Die Linkeroog botvisse is n vis-familie wat hoort tot die orde Pleuronectiformes. Daar is twintig genera met 161 spesies wat hoort tot dié familie en vyftien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.