ⓘ Free online encyclopedia. Did you know? page 2

Anargisme

Anargisme is n politiese filosofie wat teoretiseer dat die staat, wat hierargie en verpligtende regering bevat, onnodig, skadelik en/of ongewens is, en dit is ten gunste van die afskaffing van die staat. Anargisme was ontwerp in die Internasional ...

Anchieta se Kobra

Anchieta se kobra is n slang wat voorkom in die noorde van Namibie, die suide van Angola, die noorde van Botswana, die weste van Zambie en Zimbabwe en die suide van die Demokratiese Republiek van die Kongo. In Engels staan die slang bekend as Anc ...

Hans Christian Andersen

Hans Christian Andersen was n Deense digter en skrywer van sprokies en feeverhale. Hy is veral bekend vir verhale soos Die sneeukoningin en Die lelike eendjie ". Andersen is in Odense op die eiland Fyn gebore. Sy ouers was arm, n skoenmaker en wa ...

Bruce Anderson

Bruce Anderson was n bekende bariton, operaregisseur en akteur wat in Engeland gebore is, maar later in Suid-Afrika gewoon en gewerk het. Anderson is op 4 September 1905 in Southport, Lancashire, Engeland gebore. Hy het onderrig ontvang by St. Pa ...

P.R. Anderson

P.R. Anderson is n Suid-Afrikaanse digter en akademikus wat aan die Engels-departement van die Universiteit van Kaapstad verbonde is. Sy werk, Foundlings Island, wat op die vernietiging van die natuur fokus, is in 2003 met die Sanlam Literêre Pry ...

Andes-gans

Die Andes-gans word in die hoe Andesgebergtes in Suid-Peru, Bolivia, Chili en die Catamarca-provinsie in Noordwes-Argentinie aangetref. Beide mannetjies en wyfies het n identiese veredos, hoofsaaklik wit, met swart gespikkelde vlerke en swart ste ...

Andorra

Andorra, amptelik die Prinsdom Andorra, ook genoem die Prinsdom die Valleie Andorra, is n landingeslote dwergstaat in Suidwestelike Europa, gelee in die oostelike Pirenee en omgrens deur Spanje en Frankryk. Dit is die sesde kleinste nasie in Euro ...

Andrew Carnegie

Andrew Carnegie was n Skots-Amerikaanse nyweraar wat n leidende rol by die grootskaalse uitbreiding van die Amerikaanse staalbedryf in die laat 19de eeu gespeel het. Hy het die meeste van sy geld weggegee as een van die belangrikste filantrope va ...

Andrew Geddes Bain

Andrew Geddes Bain was n Suid-Afrikaanse geoloog, ingenieur en pasbouer. Hy is veral bekend as bouer van paaie en talle bekende bergpasse, onder meer die Vanryneveldspas by Graaff-Reinet, die Michellspas by Ceres en die Bainskloofpas by Wellington.

Andromeda (sterrebeeld)

Andromeda is een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus genoem is en is steeds een van die 88 moderne konstellasies. Dit is noord van die hemelewenaar gelee en is genoem na die prinses in die Griekse mite van Perse ...

Aneb-Hetch

Aneb-Hetch was een van die 20 nomosse in Benede-Egipte, en sy distriknommer was 1. Die distrik was omtrent 2.75 ha groot en sowat 42 km lank. Die hoofstad was Memphis. Nog ’n stad was Saqqara.

Anemoonkluisenaarskrap

Die anemoonkluisenaarskrap is n kluisenaarskrap en kom wydverspreid in die Stille- en Indiese oseane voor. In die Indiese Oseaan kom dit aan die kus van Oos-Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap voor. Die krap word tot 50 mm groot en is een van d ...

Anenouspas

Die Anenouspas op die R382 verbind Steinkopf met die hawe van Port Nolloth aan die Atlantiese Oseaan. Die pas gaan 20 km wes van Steinkopf oor die Klipfonteinbergreeks. Aanvanklik is die pad gebou vir die vervoer van kopererts van die myne rondom ...

Angel-val

Die Angel-val of Angel Falls is die hoogste vryvallende waterval ter wêreld. Die waterval is 979 meter hoog en is in die suidooste van Venezuela gelee. Dit is na die "ontdekker" daarvan, Jimmie Angel, genoem. Die waterval is in n naamlose sytak v ...

Angelier

’n Angelier of Dianthus caryophyllus is ’n spesie van die genus Dianthus. Dit is waarskynlik inheems aan die Middellandse See-gebied, maar die blomme se presiese omvangsgebied is onbekend omdat dit die afgelope 2 000 jaar al wyd gekweek word.

Anglikaanse Gemeenskap

Die Anglikaanse Gemeenskap is n groep kerke, veral in Engelssprekende lande, wat uit die Kerk van Engeland ontstaan het en steeds nou daaraan verwant is. Dit kan gesien word as n internasionale vereniging van Anglikaanse kerke, bestaande uit die ...

Anglo-Zoeloeoorlog

Die Anglo-Zoeloeoorlog is in 1879 tussen die Britse Ryk en die Zoeloe-koninkryk gevoer. Met lord Carnarvon se suksesvolle instelling van n federasie in Kanada is die idee gehuldig dat soortgelyke politieke pogings, gekoppel aan militêre veldtogte ...

Angolapitta

Die Angolapitta is n voel wat aan die Pittidae-familie behoort. Dit is een van net twee Pitta-soorte op die Afrika-kontinent, en word van tropiese tot subtropiese gebiede gevind.

Angolaswael

Die Angolaswael is n swael en seldsame besoeker aan die grasveld en boomveld in die noorde van Namibie en Caprivistrook. In Engels staan die voel bekend as die Angola swallow.

Angoni vleirot

Die knaagdier se kleur wissel van bleekbruin tot donkerbruin met n grys onderkant. Die dier word tot 30cm lank en weeg 100 - 250g. Die rot se stert is kort en die bokant is donkerder as die onderkant. Die ore is groot.

Anguillidae

Anguillidae, is n vis-familie van die orde Anguilliformes. Die familie bestaan slegs uit een genus met sestien spesies waarvan vier in Suider-Afrika voorkom. Die familie is lank met die tipiese palinglyf. Daar is geen buikvin nie en die skubbe is ...

Mordechai Anielewicz

Mordechai Anielewicz was die bevelvoerder van die Żydowska Organizacja Bojowa, ook bekend as die ŻOB, tydens die Warskou Ghetto Opstand. Hy is as deel van n arm gesin gebore in Wyszków naby Warskou en het die leier van die Sionistiese jeugbewegin ...

Animal Farm

Animal Farm is n satiriese roman deur die Britse skrywer George Orwell. Die verhaal kan as n fabel of allegorie gesien word en handel oor die Russiese Rewolusie en die kommunistiese samelewing. Die boek is tydens die Tweede Wêreldoorlog geskryf e ...

Anisium

Die Anisium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Trias. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het. Die tydperk was van sowat 247.2 tot ...

Anna Cloete

Anna Cloete was n Suid-Afrikaanse pionier-aktrise. Sy was ses dekades lank deel van die Afrikaanse toneel-, rolprent- en televisiebedryf. Cloete het van die 1930s vir jare lank saam met haar man as deel van die James Norval-toergeselskap opgetree ...

Anna Karenina

Anna Karenina is n boek deur die Russiese skrywer Leo Tolstoi wat in 1878 uitgegee is. Dit word allerwee as een van die beste romans nóg beskou. Die boek vertel die verhaal van n getroude vrou, Anna Karenina, wat op n jong weermagoffisier verlief ...

Anna van Groot-Brittanje

Anna het op 8 Maart 1702 koningin van Engeland, Ierland en Skotland geword. Sy het haar swaer, Willem III van Engeland en II van Skotland opgevolg. Haar Katolieke pa, Jakobus II en VII, het geabdikeer en haar swaer en suster het toe mede-monarge ...

Annapurna

Annapurna is n berg in die Himalaja wat net suid van die grens tussen Nepal en Tibet gelee is. Met n hoogte van 8 091 meter is dit die tiende hoogste berg van Asie en in die wêreld ná Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu, Cho Oyu, Dhau ...

Annie Basson

Annie Basson is n Suid-Afrikaanse aktrise en regisseur. Basson het haar opleiding aan die Akademie vir Dramakuns ontvang en was van 1971 tot 1973 ’n lid van die destydse Sukovs-werkteater. Sy is bekend vir haar spel as Zerbinetta in Molière se Di ...

Anoebis

Anoebis was die Griekse naam van ’n god in die Egiptiese mitologie met die kop van ’n jakkals wat verbind is met balseming en die hiernamaals. Nes ander Egiptiese gode het hy in verskillende kontekste verskillende rolle gehad. Hy is reeds in die ...

Anomura

Anomura is n infraorde wat behoort tot die orde Decapoda. Oppervlakig lyk hulle nes krappe omrede hulle ook tien pote het maar verskil deurdat van hulle pote kleiner is. Pote wat verloor word in gevegte of ander redes groei terug oor tyd.

Anorganiese chemie

Anorganiese chemie is die vertakking van chemie wat gemoeid is met die eienskappe en reaksies van anorganiese verbindings. Dit sluit al die chemiese stowwe in buiten dié wat op koolstofkettings of -ringe gegrond is en wat organiese verbindings ge ...

Antarktika

Antarktika is n kontinent by die Suidpool van die Aarde, omring deur die Suidelike Oseaan en in twee verdeel deur die Transantarktiese Berge. Antarktika is die koudste plek op aarde en die kontinent is byna volledig met ys bedek. Dit is ook die k ...

Antennariidae

Die Hengelaars is n vis-familie wat hoort tot die orde Lophiiformes. Daar is veertien genera met vier en veertig spesies wat hoort tot dié familie en nege van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Antennarius

Antennarius is n genus van straalvinnige visse in die familie van hengelaars. Hierdie visse spandeer die grootste deel van hul lewens op die bodem in relatief vlak water tussen 20 en 100 m diep. Hulle word wêreldwyd in tropiese en subtropiese wat ...

Antenne

n Lugdraad is n elektroniese komponent vir die stuur en ontvang van radiogolwe en ander elektromagnetiese golwe. Wanneer n elektriese stroom in n geleier vloei ontstaan daar n magnetiese veld om die geleier en wanneer daar n spanningsverskil tuss ...

Anthiinae

Anthiinae is n sub-familie van visse wat hoort tot die familie Serranidae. Hierdie visse is klein en helderkleurig. Hulle leef in groot skole saam bokant riwwe waar hulle soöplankton soek. Die mannetjies is meer kleurvol as die wyfies en die ster ...

Anthony Quinn

Anthony Quinn was ’n Amerikaanse akteur, skrywer en skilder wat in Mexiko gebore is. Hy het in verskeie suksesvolle prente gespeel, onder meer La Strada, The Guns of Navarone, Zorba the Greek en Lawrence of Arabia.

Antibiotikum

n Antibiotikum is n geneesmiddel wat bakteriee doodmaak of die groei daarvan vertraag. Antibiotika is n klas van antimikrobes wat n groter groep is wat antivirus-, antiswam- en antiparasitiese geneesmiddels insluit. Hulle is relatief skadeloos vi ...

Antichris

Die Antichris is volgens die Christelike leer die uiteindelike manifestasie van kwaad in n menslike wese. Die Antichris is die vyand van Christus wat die bose magte verteenwoordig en kort voor die einde van die wêreld sy opwagting sal maak. Die w ...

Antieke Egipte

Antieke Egipte was die beskawing aan die Nylrivier, waar die hedendaagse Egipte lê, tussen omstreeks 3100 v.C. en die verowering van Egipte deur Alexander die Grote in 332 v.C. Dit was een van die wêreld se ses beskawings wat in die 31ste eeu v.C ...

Antigua en Barbuda

Antigua en Barbuda ə. bɑːrˈbuːdə", ; Spaans vir: "antiek" en "bebaard") is n eilandstaat in Noord-Amerika met n oppervlakte van 440 km² en n bevolking van 100 963 in 2016. Die land bestaan uit drie eilande: Antigua, Barbuda en die onbewoonde Redo ...

Antioksidant

’n Antioksidant is ’n molekule wat die oksidasie van ander molekules stuit. Oksidasie is ’n chemiese reaksie wat vrye radikale kan voortbring en dit kan lei tot kettingreaksies wat selle kan beskadig. Antioksidante soos tiols of askorbiensuur bee ...

Antlia-sterrestelselswerm

Die Antlia-sterrestelselswerm is ’n sterrestelselswerm in die Hydra-Centaurus-superswerm. Dit is die derde naaste swerm aan ons Lokale Groep naas die Virgo- en die Fornax-swerm. Die swerm is sowat 132.7 miljoen ligjare 40.7 miljoen parsek van ons ...

Anton Ackermann

Anton Ackermann was n Afrikaanse akteur en die leier en regisseur van n reisende Suid-Afrikaanse toneelgeselskap. Ackermann sluit hom in die vroee jare dertig by die toneelgeselskap van Wena Naudé en Willem van Zyl aan. Hy het later saam met Pikk ...

Anton Anreith

Anton Anreith was n Duitsgebore beeldhouer een van die eerste belangrike beeldhouers wat in Suid-Afrika werksaam was. Hy het in verskeie media gewerk en is veral bekend vir sy houtgekerfde preekstoele. Sy houtsnee- en beeldhouwerke word vandag on ...

Anton Tsjechof

Anton Pawlowitsj Tsjechof was ’n Russiese geneesheer, dramaturg en skrywer wat beskou word as een van die grootste skeppers van kortverhale in die geskiedenis. Tsjechof het die grootste deel van sy lewe as skrywer as dokter gepraktiseer: "Die gen ...

Antrasiet

Antrasiet is n fossielbandstof soos steenkool, petrol en gas. Dit is n vorm van steenkool wat deur hoe druk en hitte verder gemetamorfiseer het.

Antropologie

Antropologie is die studie van die mens, menslike gedrag en gemeenskappe van die verlede en hede. Sosiale antropologie is ’n studie van gedragspatrone en kultuurantropologie van kulturele betekenis, insluitende norme en waardes. Linguistiese antr ...

Apartheidsmuseum

Die Apartheidsmuseum is n museumkompleks in Johannesburg wat aan die uitbeelding van apartheid en die 20ste-eeuse geskiedenis van Suid-Afrika gewy is. Dit is opgerig as deel van Akani eGoli se bod om die Gold Reef City-casino te bou en is deur di ...